praag.co.za

Madagaskar se uitgesette leier wil terug

Written by

in

Madagaskar, meer bekend vir sy uitsonderlike natuurlewe danksy 'n Disneyfliek as politiek, bly in die nuus. Die uitgesette president Marc Ravalomanana, plaas sy hoop op SAOG-lande om hom in sy posisie as president te herstel.

Hy het Donderdag op 'n nuuskonferensie in Johannesburg gesê Afrika beleef te veel magsomverwerpings en dat demokrasie gerespekteer behoort te word. Ravalomanana bevind homself sedert Maart in Suid-Afrika nadat 'n voormalige platejoggie, Andry Rajoelina, hom met geweld ontsetel het.

Ravalomanana erken dat sy versuim om die weermag gelukkig te hou, hom sy posisie gekos het. Die coup is moontlik gemaak deur die deelname junior weermagoffisiere.

SAOG en die AU het Madagaskar se lidmaatskap opgehef en die VSA het alle nie-humanitêre hulp afgesny.

Alhoewel Frankryk namens Rajoelina verklaar het dat hy nie self in mag belangstel nie, wil die voormalige platejoggie nie hê Ravalomanana moet deelneem aan 'n nuwe verkiesing nie.

Madagaskar se grondwet bepaal ook dat 'n kandidaat ten minste 40 jaar oud moet wees om te staan vir president, terwyl Rajoelina maar 34 is.

прожектор 50wлобановский класс

Comments

Leave a Reply