"Die globale en plaaslike ekonomiese afname het 'n beduidende dempende uitwerking op inflasieverwagtinge gehad," het die sentrale bank gesê.
Maar bedreigings vir inflasie is steeds aangewakker deur elekrisiteitsprysstygings en hoë loonverhogings.
"Die elektrisiteitsprysstygings wat hoër as die verwagtings is en hul newe-effekte veroorsaak 'n stygingsrisiko in ons vooruitskatting, sowel as die hoër-as-verwagte salaris- en loonverhogings," het die SARB gesê.
Die gemiddelde kwartaallikse VPI-inflasiekoers sal na verwagting na 6,2 persent in die derde kwartaal van 2009 daal, het die SARB bygevoeg.
Daarna sal inflasie na verwagting marginaal tot 6,4 persent toeneem in die eerste kwartaal van 2010, voordat dit weereens afwaarts sal neig om 5,4 persent teen die einde van die beraamde periode in die vierde kwartaal van 2010 sal bereik.
In Maart vanjaar het verbruikersinflasie teen 8,5 persent op 'n jaar-tot-jaargrondslag geregistreer.
Die SARB waarsku egter dat die verhoogde onsekerheid en die tempo van verandering wat die globale ekonomie betref inflasievoorspellings meer as gewoonlik bemoeilik.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.