Omkoopgeld toe net ‘n ‘bewys van dank’

Die klag teen 'n Durbanse sakeman is laat vaar nadat hy daarvan beskuldig is dat hy amptenare by Zuma se inhuldiging wou omkoop vir 'n beter sitplek.

Volgens die Star-koerant het die perdewedrenmagnaat en veiligheidsmaatskappyeienaar Roy Moodley slegs geld oorhandig as "'n bewys van sy dankbaarheid vanweë die goeie diens gelewer".

Tlali Tlali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het bevestig dat die klag teen Moodley Vrydag teruggetrek is, nadat dit aan die lig gekom het "dat daar miskien 'n misverstand" was.

Moodley is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy na bewering 'n vrou probeer omkoop het met 'n honderd rand by die akkreditasietent om 'n "beter uitsig" van Zuma te hê.

Die Nasionale Intelligensieagentskap is ontbied nadat die omkoopgeld betaal is.

Moodley het onlangs 'n uitspattige verjaarsdagpartytjie vir Zuma gehou en 'n oorwinningsviering vir die ANC in Umhlanga, Durban.

велосипед купить харьковданильченко юрій броніславович

Maak 'n opvolg-bydrae