Die geweld het regoor Suid-Afrika versprei en selfs Kaapstad het deurgeloop.Suid-Afrikaners het in baie gevalle die huise en besittings van buitelanders eenvoudig oorgeneem. Die slagoffers was hoofsaaklik van buurlande afkomstig soos Zimbabwe, Mosambiek en Malawi.
Kenners meen egter die grondoorsake wat tot geweld gelei het is nog nie aangespreek nie en dat buitelanders steeds in gevaar verkeer. Die Konsortium vir Vlugtelinge en Trekarbeiders in Suid-Afrika, 'n burgerlike organisasie wat met vlugtelinge gemoeid is, het Maandag gesê "buitelanders word voortdurend bedreig deur xenofobiese geweld".
"Die owerhede het weinig gedoen om die grondoorsake van geweld aan te spreek," sê die groep en het voorts opgemerk dat eiemagtiging om teen buitelanders op te tree onder die dekmantel van "misdaadbestryding" algemeen voorkom.
In Januarie is 'n gebou in Durban vol buitelanders aangeval. Twee buitelanders het by die gebou uitgespring na hul dood om van die woedende skare te ontsnap en 'n derde is erg beseer in die proses. Die mans was van Zimbabwe, Tanzanië en Mosambiek.
Die Konsortium het 'n beroep op nuutverkose president Zuma gedoen om die kwessie voor op te stel en om oplossingsmeganismes vir die konflik daar te stel.
