Die einde van die VF+ s? DA

DA-woordvoerder, Manie van Dyk, sê Pieter Mulder se aanvaarding van die adjunkministerspos in die ANC-kabinet van Jacob Zuma, is miskien vir talle 'n verrassing, maar nie vir die DA nie.

"Dr Mulder plaas duidelik sy pensioen voor sy beginsels," het van Dyk gesê. Volgens van Dyk het die VF+ "nog nooit opposisiepolitiek behoorlik verstaan nie".

"Hulle sal eerder skraal konsessies van die regering ontvang in ruil vir hulle samewerking, as om deel te wees van 'n beginselvaste opposisie teen die ANC," het van Dyk gesê.

Die bekendmaking dat Mulder nie eers met die leierskap van sy party beraadslaag het voordat hy die pos aanvaar het nie, is 'n aanduiding van die minagting wat hy vir sy kollegas en ondersteuners voel, meen van Dyk.

"Hy stel blykbaar meer belang in die voordele en voorregte wat 'n kabinetspos meebring," het die DA-woordvoerder gesê. Hy dink ook dat Zuma se uitlating voor die verkiesing dat Afrikaners die enigste ware wit Suid-Afrikaners is, Mulder oorreed het om die pos te aanvaar.

"Mulder se aanvaarding van die kabinetspos gaan die finale spyker in die kis van die VF Plus wees. Ons het reeds gesien hoe die Nasionale Party deur die ANC ingesluk is nadat Marthinus van Schalkwyk in die kabinet opgeneem is. Die ANC gaan die VF Plus insluk nes hulle die Nasionale Party ingesluk het."

игры двчкtopcargo кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae