Premier ontvang afskeidsgeskenk

Die minister van vervoer, S'bu Ndebele, het 'n geskenk van R1,1 miljoen aanvaar van 'n groep kontrakteurs wat kontrakte ter waarde van R400 miljoen met sy departement het, het die Star Sondag berig.

Vukuzakhe kontrakteurs het Saterdag 'n afskeidspartytjie vir Ndebele by die Woodburn Stadion in Pietermaritzburg gehou om die vorige premier van KwaZulu Natal te bedank omdat hy klein kontrakteurs gehelp het om uit te styg.

Onder die geskenke wat Ndebele ontvang het was ook 'n trop beeste. Die ontvangs van die motor is egter deur die DA begroet met oproepe dat hy die voertuig dadelik teruggee omdat die geskenk 'n botsing van belange verteenwoordig.

Maar Ndebele het die gebaar van die kontrakteurs verdedig en gesê dit was lank reeds beplan, nog voordat hy of die kontrakteurs bewus geraak het daarvan dat hy in die portefeulje van vervoer aangestel sou word.

Die department van vervoer het klaarblyklik tussen 1998 en 2008 ongeveer R10 miljard in Vukuzakhe, wat 29 140 geregistreerde kontrakteus in KwaZulu Natal het, se programme belê.
палатка купитьДанильченко Юрий Брониславович Харьков