Die ANC advertensie is duidelik en dit spel uit dat hierdie ‘n swart party is vir swart mense. Nerens word daar enigsins genoem dat enige anderskleurige moet betrokke raak, al baat gevind het of sal baat vind by die ANC as party nie. Die klankbaan is in ‘n swart taal, wat soos Xhosa klink, met subtitels in Engels. Die enigste logiese afleiding vir laasgenoemde is bloot om nie-gemagtigdes van die taal ook te betrek, so dis defnitief nie vir ons anderskleuriges nie.
Daar word op die gekose kiesers se emosie gespeel deur hulle net te herinner aan die koms van die Afrika-Messias en die elektrisiteit, huise, onderwys, water en so meer wat hy vir die swart kieser gebring het. Ja, vergete is die dae toe ook hulle dit gehad het, in staatshospitale op wit lakens gelê het en gevoed is. Toe skole gebou is en hulle opgevoed is in hulle moedertaal om hulle op te hef. Dié is summier afgebrand ten koste van die jeug waarvan ook Malema een was. Toe morge grond aan hulle gegee is en deur die BBK-bestuur is om hulle te bemagtig in gebiede waar hulle oorwegend gevestig was, en dit verwerp is.
Vars in die geheue is egter die goed wat gebring was en nou maar baie tweedehands lyk. Die gesondheidsdienste, krag en watervoorsiening, onderwys en andere blyk maar sleg daaraan toe te wees. Die rede daarvoor is duidelik, ons word verswelg deur hulle broers wat met behulp van hul regering wild en wakker oor ons grense stroom en ons infrastruktuur uitput. Ons, die nie-ANC-kiesers, staan ook maar aan die ontvangkant want as iets soos die kragtoevoer onderbreek word, trek ons ook maar aan die kortste end. Dit word die voorgenome kieser nie van vertel in die ANC advertensie nie. So appels word nie met appels vergelyk nie en die kieser kan nie 'n vergelyking tref en ‘n intelligente keuse maak nie. Dit is mos maar waaroor demokrasie gaan, dan nie? Breinspoeling van die massas.
Kyk mens weereens na COPE se verkiesingshandves blyk dit darem asof daar vir almal in ons sogenaamde reënboognasie ‘n plekkie in die son is. Die DA se advertensie wat die komende week geloods word, is duidelike gemik op alle rassegroepe en skep ‘n realistiese verwagting by die voorgenome kieser. Hoe COPE s'n gaan lyk, sal ons maar moet sien. Die ANC het al gepraat van hulle doelwit om ‘n nie-rassige samelewing te skep maar dit blyk net weereens lippediens wees. Hulle sê iets, maar gewoonlik bedoel hulle iets anders.
Ek dink enige anderskleurige in die land behoort baie bekommerd te wees oor die ANC se duidelike rassistiese benaderingwat hulle beoefen in die aanloop tot die verkiesing en te besin oor wie hulle by die stembus gaan ondersteun. Dit gaan nie help om vir enige party wat minder as ‘n 5-persent-stemtal kan kry, te stem nie. As ons werklike verandering wil teweegbring deur ons demokratiese stemreg uit te oefen, moet ons ‘n sterk opposisie daarstel. Dit laat duidelik min keuse oor vir watter opposisieparty ons behoort te stem.
Alwyn Mouton

Die kleinhandelprys op alle grade van petrol sal aanstaande Woensdag met 45 sent per liter styg, het die minister van minerale en energie Vrydag gesê. 