Herverspreiding van grond moet weer bedink word, s? Zuma

Die huidige stelsel van gewillige koper/verkoper werk nie, sê pres. Jacob Zuma, en 'n “meer pragmatiese formule” vir die herverspreiding van grond is nodig. Zuma het Maandag op Giyani in Limpopo, die regering se omvattende landelike ontwikkelingsplan bekend gestel.

Hy meen ook dit is belangrik dat die nuwe formule nasionale versoening in ag neem. Die president het voorts gesê die landelike ontwikkelingsplan moet armoede, hongersnood, werkloosheid en die gebrek aan ontwikkeling aanspreek.

Maar die belangrikste doelwit is om landbouproduksie te stimuleer om voedselsekerheid te verseker. Dus moet opkomende boere toegang hê tot lenings en ondersteuningsdienste van gehalte.

Die fokus sal wees om gemeenskappe aan te moedig om hul eie kos aan te plant. Maatreëls sal ook in plek gestel word om arm huishoudings toegang te gee tot basiese kossoorte teen bekostigbare pryse.

“Deur al die belanghebbende groepe in die landbousektor te betrek, sal die regering ondersoek moet instel na goedkoper wyses waarop grond bekom kan word,” het hy gesê.

Die regering het oor die mediumtermyn reeds R2,6 miljard aan provinsiale regerings beloof. Dit sal vir die verbetering van die landbou-infrastruktuur, opleidings- en adviesdienste, bemarking en die opgradering van landboukolleges gaan.

10 pound freeАлександр Фильчаков прокурор

ANC gaan onderwysstelsel transformeer, s? Zuma

Die ANK beoog om die onderwysstelsel ten volle te transformeer binne die volgende 5 jaar, het ANK-president Jacob Zuma Donderdag gesê.

“’n Dringende taak lê voor in die dat ons die onderwyssisteem ten volle moet transformeer,” het Zuma gesê.

Die ANK-president het studente van die universiteit van die Vrystaat en die Sentrale universiteit van Tegnologie toegespreek by die Boet Troskie-saal van die SUT.

Zuma was in Bloemfontein as deel van ‘n deur-tot-deur verkiesingsveldtog in die stad.

Hy het aan studente gesê die ANK het groot planne vir onderwys, wat deel is van die 2009-verkiesingsmanifes wat gefokus is op “belegging in onderwys.”

Zuma het gesê ‘n nuwe metode moet gevind word om die “kommerwekkende verskynsel” aan te spreek, waarvolgens studente hoër onderwys instellings verlaat met groot bedrae skuld en nie werk kan kry nie.

“Dit is onbillik,” het hy gesê onder luide toejuiging van die  studenteskare.

“’n Ander metode moet gevind word om die probleem aan te spreek.”

камин на кухнеОлександр Васильович Фільчаков

Ons het baie stemme nodig, s? Zuma

ANC president, Jacob Zuma, het ‘n vierdaaagse besoek aan die Wes-Kaap afgesluit met ‘n byeenkoms by Langa Stadion.

Zuma, wat in Engels en Zoeloe gepraat het, het die skare van sowat 2000 mense wat na hom gaan luister het aangemoedig om volgende jaar in groot getalle op te daag vir die verkiesing.

“Dit is belangriker as enige ander tyd, gegewe die uitdagings wat almal in die gesig staar” het Zuma gesê.

Zuma het gesê dat die ANC besluite geneem het wat 'n groter getalleoorheersing sal nodig hê om te implementeer.

Met ‘n klaarblyklike verwysing na die ANC-wegbreekparty het hy herhaal dat die party politieke uitdagings in die gesig staar.

Die ANC-leier het op Donderdag in die Wes-Kaap aangekom en die laaste vier dae gespandeer aan sogenaamde “openbare gesprek”, wat hom onder andere na Mitchells Plein  en die Paarl geneem het.

медицинскую справкулобановский александр дочь

Tenderbesluite moet uit hande van politici, s? Zuma

ImageDie finale besluite omtrent toekenning van tenders moet uit die hande van politici geneem word, het ANC-president Jacob Zuma op Vrydag gesê.

“Ons moet die toekenning van tenders wegneem van die mense wat in politieke diens staan. Ons moet dit skei” het hy gesê.

In reaksie op ‘n vraag tydens ‘n Kaapstadse persklubontbyt, het hy ‘n meganisme soos ‘n tenderraad voorgestel om sulke sake te hanteer.

“Dit sal baie help om korrupsie op teen te werk, veral op regeringsvlakke.”

Zuma het gesê dat korrupsie oral teenwoordig was, en dat dit ongelukkigheid in Suid-Afrika veroorsaak.

play casinos onlineФильчаков прокурор харькова