Die ANK beoog om die onderwysstelsel ten volle te transformeer binne die volgende 5 jaar, het ANK-president Jacob Zuma Donderdag gesê.
“’n Dringende taak lê voor in die dat ons die onderwyssisteem ten volle moet transformeer,” het Zuma gesê.
Die ANK-president het studente van die universiteit van die Vrystaat en die Sentrale universiteit van Tegnologie toegespreek by die Boet Troskie-saal van die SUT.
Zuma was in Bloemfontein as deel van ‘n deur-tot-deur verkiesingsveldtog in die stad.
Hy het aan studente gesê die ANK het groot planne vir onderwys, wat deel is van die 2009-verkiesingsmanifes wat gefokus is op “belegging in onderwys.”
Zuma het gesê ‘n nuwe metode moet gevind word om die “kommerwekkende verskynsel” aan te spreek, waarvolgens studente hoër onderwys instellings verlaat met groot bedrae skuld en nie werk kan kry nie.
“Dit is onbillik,” het hy gesê onder luide toejuiging van die studenteskare.
“’n Ander metode moet gevind word om die probleem aan te spreek.”
