“Ons moet die toekenning van tenders wegneem van die mense wat in politieke diens staan. Ons moet dit skei” het hy gesê.
In reaksie op ‘n vraag tydens ‘n Kaapstadse persklubontbyt, het hy ‘n meganisme soos ‘n tenderraad voorgestel om sulke sake te hanteer.
“Dit sal baie help om korrupsie op teen te werk, veral op regeringsvlakke.”
Zuma het gesê dat korrupsie oral teenwoordig was, en dat dit ongelukkigheid in Suid-Afrika veroorsaak.

Die finale besluite omtrent toekenning van tenders moet uit die hande van politici geneem word, het ANC-president Jacob Zuma op Vrydag gesê.