Metropolisie kan nie vloedslagoffers bereik

Metropolisie-amptenare was nie in staat om al die slagoffers van Donderdag se vloed in Soweto te bereik nie, het die Johannesburgse metropolisie gesê.

Inspekteur Edna Mamonyane het gesê een patrolliemotor is in die vloedwater vasgevang en ander beamptes kon nie mense bereik nie weens verkeer wat stilstaan op paaie as gevolg van die vloedwater.

“Ons het ernstige probleme,” het sy gesê.

Vroeër is 40 mense beseer ná ‘n bus, minibustaxi en vier motors vasgekeer is op die brug wat oorstroom is in Dube.

'n Woordvoerder vir die Johannesburgse nooddienste, Percy Morokane, het gesê mense in die bus het begin paniekerig raak en probeer om uit die bus te spring, wat geringe en ernstige beserings tot gevolg gehad het.

Al die beseerdes is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem.

Almal is gered uit die ses voertuie, behalwe vir ‘n 9-jarige seun wat vermis is.

Die Mofolo-, Dobsonville-, Dube-, Orlando- en Meadowlands-gebiede in Soweto is oorstroom ná swaar reën Donderdagmiddag.

диагностика авто черезлобановский александр дочь