Onderhandel n?? met ANC oor eie onderwysowerheid

Ons het die afgelope jare konsekwent geargumenteer dat kulturele aangeleenthede, soos onderwys, liefs deur eie gemeenskappe bestuur moet word, veral waar sulke gemeenskappe in staat is om dit te doen. Die gedagte van 'n eie Afrikaneronderwysowerheid wat met befondsing van die staat die oorblywende Afrikaanse skole behoort oor te neem, begin al hoe meer veld wen.

Daarom moet 'n Afrikanerafvaardiging so gou moontlik uit die geledere van Afrikanerorganisasies en politieke partye aangewys word. So 'n afvaardiging moet dan onverwyld 'n afspraak met die twee ministers van onderwys, Angie Motshekga en Blade Nzimande, bekom om oor die oorhandiging van die Afrikaanse skole, asook een of meer universiteite, te begin onderhandel.

Terwyl mnr. Zuma die afgelope tyd beklemtoon het dat hy Afrikaners tegemoet wil kom, was die tyd nog nooit so ryp soos nou om met hierdie belangrike onderhandeliings te begin nie.

Slegs spoedige optrede gaan die oorblywende Afrikaanse skole en universiteite van gewisse ondergang deur verengelsing red. Verdere konflik en hofsake rondom die kwessie gaan ook 'n nadelige uitwerking op goeie buurmanskap en vreedsame naasbestaan in die land hê.

Soos die verlore taalstryd op Stellenbosch aantoon, kan daar nie langer getalm word nie. Solank as wat andertaliges Afrikaanse onderwysinstellings beheer – en dit sluit tweetalige bruinmense in wat nie dieselfde waarde aan Afrikaans as Afrikaners heg nie – sal Afrikaanse onderwys daaronder ly.

компрессор винтовой ценаФильчаков прокурор отзывы

“Suid-Afrika” parasiteer op Afrikanersportprestasie

Die skouspel van die Blou Bulle wat oor die naweek die Chiefs van Nieu-Seeland 'n 61-17-loesing toegedien het, het ons weereens onder die indruk gebring van hoe die "reënboognasie", wat 'n verloornasie is, op Afrikanersportprestasie teer.

Die Afrikaner word in die skoolgeskiedenisboeke sleggemaak, gedurig van rassisme en ander euwels beskuldig en sy taal en kultuur misken, maar as 'n klompie Afrikaners in blou rugbytruie wen, dan word hul prestasie skielik die hele land s'n.

Volgens die TV is ons 'n Engelse land en die verrigtinge met Joel Stransky het Saterdag weereens uitsluitlik in Engels plaasgevind met die voortaan Britse maatskappy Vodacom wat as hoofborg medaljes oorhandig het. Maar tydens die wedstryd het die toeskouers van Pretoria voortdurend baniere in Afrikaans vertoon en in sy bedanking aan die skare het Victor Matfield insgelyks Afrikaans gepraat.

Selfs die kaptein van die Chiefs het – watter belediging vir die Engelse reënboognasie – in Afrikaans "baie dankie" gesê. Ook die pleknaam "Pretoria" is Saterdag dikwels gehoor.

Dit alles kon beswaarlik die goedkeuring van die Tshwane-burgemeester, dr. Gwen Ramakgopa, weggedra het wat self op die podium verskyn het om skynheilig die rugbyspelers se hande te skud.

Deur hul onbeskaamde gebruik van Afrikaans, het die Pretoriase toeskouers Saterdag getoon dat hulle nie langer met die Engelse neokolonialisme van die swart elite en die sakesektor gediend is nie.

Net soos die Bloubulrugbyspan Saterdag op die rugbyveld gewys het wie en wat hulle is, is dit hoog tyd dat die Afrikaner aan die lamsakkige, misdadige en korrupte reënboognasie begin toon wie en wat ons is.

Hoe gouer Pretorianers en Afrikaners in die algemeen op groter outonomie en selfbeskikking begin aandring, hoe gouer sal die ellende van reënboogparasitisme op Afrikanervoortreflikheid endkry.

Binnekort speel die Blou Bulle dalk nie meer vir "Suid-Afrika" – daardie anachronistiese en geusurpeerde oorblyfsel uit ons gehate apartheidsverlede – nie, maar vir 'n Afrikanerstadstaat wat die naam Pretoria waardig is.

LampДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Politieke model antwoord op onderwyskrisis

“Afrikaanse skole kwyn”, berig Beeld (2009-05-29) op die voorblad. ‘n “Reddingspoging” is “nodig om afname te stuit”, lees die subhoof.

Die geleentheid is ‘n gesprek van die FAK met belanghebbendes oor die onderwys, waar die volgende gesê is:

  * Dr. Pieter Mulder moedig Afrikaners aan om vir skoolbeheerliggame te gaan stem.
  * Mnr Chris Klopper wys op die tekort aan onderwysers.
  * Klopper sê Afrikaanse ouers stuur hulle kinders na Engelse skole.

Dit blyk nie uit die berig asof die werklike probleem aangespreek is nie.

Die werklike probleem is dat daar by Afrikaners ‘n totale uitsigloosheid is oor hulle toekoms in hierdie Suiderland. Om hierdie rede plaas baie Afrikaners hulle kinders in skole met Engels as voertaal. Kinders word voorberei vir die “onafwendbare” dag dat hulle landuit vertrek. Vanuit hierdie perspektief gesien is dit verstaanbaar dat ouers so optree.

Wat dus gedoen moet word is om ‘n werkbare politieke model op die tafel te sit wat Afrikaners sal motiveer om betrokke te raak, nie te vertrek nie en ‘n roepingsbewussyn by hulle te skep. In hierdie verband het dr. Mulder se toetrede tot die amp van adjunk-minister ‘n nuwe dimensie na vore gebring. Soos reeds elders geskryf is, sou dit beter gewees het as die VF+ ‘n geskrewe ooreenkoms met die ANC aangegaan het, eerder as om gewoon gekoöpteer te word. Dit is egter nog nie te laat om as vierde komponent tot die ANC alliansie toe te tree nie, maar dan op die grondslag van spesifieke sake, waaronder kulturele selfbeskikking vir Afrikaners.

Belangrik is die aspek van Ouer-beheerliggame. Dr. Mulder weet waarskynlik nie dat alhoewel ouerbeheerliggame wel die magte het om die etos, kulturele inslag, religieuse rigting en taal van onderrig van ‘n skool te bepaal, genoemde liggame se magte reeds so deur wetgewing aan bande gelê word, dat Ouer-beheerliggame eintlik substrukture van die Onderwys-organe van die regering geword het.

In hierdie verband is die Ermelo-skool-saak van kardinale belang. Die Ouer-beheerliggaam het wel in die Appelhof sy saak gewen oor die magte van daardie Beheerliggaam, maar die Staat verwys die uitspraak na die Grondwetlike Hof. Dit gebeur in die bewindsfase van president Jacob Zuma. In ‘n gesprek van Afrikaners soos doktore Johann Wingard, Dan Roodt, Chris Landman en Danie Goosen met mnr. Zuma die belangrike stelling gemaak dat politieke kwessies liefs nie in die howe besleg moet word nie. Politieke kwessies moet deur politici in onderhandeling opgelos word.

Gesien die feit dat dr. Mulder se kritici van oordeel is dat hy Dingaan se stat sonder wapens binne gegaan het, is dit sy eerste toets om die President te vra dat die Appel na die Grondwetlike Hof gestaak word en dat die ANC as beleidstandpunt die beslissing van die Appelhof aanvaar. Sou dr. Mulder daarin slaag om die belangrike aangeleentheid van die magte van Beheerliggame in onderhandeling gunstig met die ANC te besleg, het hy die eerste toets van betrokkenheid by die ANC geslaag. Doen Mulder dit nie of slaag hy nie daarin nie, het hy ‘n belangrike toets sodanig gedop dat verdere betrokkenheid by ‘n ANC-regering futiel vir die VF+ sal wees.

Inmiddels is die tyd nou ook ryp dat die FAK ‘n groot kongres van meningsvormers byeen sal roep oor die vraag watter politieke model deur Afrikaners nagejaag sal word. Gerugte wil dit hê dat dr. Danie Goosen reeds etlike gesprekke met leidinggewende akademici gehad het oor die federale regstaat as antwoord.

пуско зарядногоtopcargo отзывы

Zimbabwe – ons tiende provinsie

Graag wens ek my intense misnoeë met ons regering se onlangse oopgooi van ons landsgrense, spesifiek aan Zimbabwe, uit te spreek. Dit is ‘n blatante daad van verraad teenoor elke burger van ons land deur ‘n roekelose en onbekwame regering. Roekeloos in die sin dat dit swak deurdink is met min, indien enige, oorweging ten opsigte van die langtermyneffek op ons noodsaaklike natuurlike hulpbronne soos water en voedsel. Onbekwaam as mens in ag neem dat hierdie oorgawe aan ‘n wesenlike probleem na die beste plan lyk waarmee hulle vorendag kan kom. Pateties vanaf mense wat daargestel is deur die kiesers teen bogemiddelde salarispakkette waarvan verwag word om bogemiddeld te dink en prakties uit te voer. Hierdie “plan” laat veel te wense oor en getuig van 'n gebrek aan verbeelding.

Volgens betroubare bronne stroom daar tans meer as 4000 Zimbabwiërs per dag deur ons grenspos by Beitbrug, nie in ag genome die duisende ander vlugtelinge uit die res van die kontinent nie.

Nodeloos om te sê, geen land kan hierdie tipe van onbeheerde migrasie van mense akkomodeer nie. Ons word gepaai deur politici dat hierdie insypelaars slegs 90 dae mag vertoef maar ons weet by nou al van beter. Hulle het gekom om te bly – en vir ‘n lang tyd. Meeste van hulle sal verdwyn in ons samelewing en binne die volgende paar maande lustig met die massas saam toitoi vir beter dienste, geriewe en spesifiek huise. Terselfdertyd sal ons misdaadsyfer net nog verder die hoogtes inskiet want werk vir hierdie mense om selfversorgend te raak, is ‘n droom.

Die regering maak al vir bykans vyftien jaar geluide van werksskepping maar het tot dusver min ter bewys daarvan gelewer. Deur plaaslike industrieë genadeloos oor te laat aan ekspansionistiese Oosterse lande het ons nou amptelik ‘n invoerland gemaak. Die grootste verdiener van inkomste is natuurlik die staat met die belastingverdienste uit invoertariewe wat eintlik maar die verkoop van ons erfdeel vir die Bybelse pot lensiesop is. Blykbaar is ons glad nie sterk as dit by onderhandelinge om internasionale market kom nie en word ons maklik afgeransel deur internasionale konkurrente.

Verlede jaar het die landbousektor gewys dat ons nie net geboelie gaan word nie en by ‘n internasionale landbouberaad uitgestap. Watter opvolgaksie dit tot gevolg gehad het, is nie bekend nie, maar ek glo ons het intussen maar seker bakhand vir aalmoese teruggekeer.

Dit is derhalwe duidelik dat werkskepping dagdromery was en min gekom het van beloftes wat deur mense soos Irwin gemaak is. Sy opvolger sal moontlik getrou in sy voetspore kan volg want hy kan beswaarlik minder vermag. Ons het tans ‘n negatiewe ekonomiese groeikoers as gevolg van wêreldtendense wat min goeds vir ons inhou. Het ons die plaaslike produksiemark gedurende Manuel se “vet jare” in stand gehou, sou ons voedsel en ander noodsaaklikhede nou teen baie minder aan ons eie mense kon voorsien en nie teen ‘n bankrot dollar hoef te kompeteer nie. Die ou gesegde lui mos, “charity starts at home”, dus sorg mens eers vir jouself en dan vir ander. Dit het geen betekenis vir ons regering nie en buiten die verryking van ‘n handjievol stuur die middelklas, waarvan min oor is, op ‘n ramp af. Die laer stand is nou nog armer as ooit, nie net aan besteebare inkomste nie maar ook aan dienste en werk.

Met nog bykans 300 000 geraamde werksgeleenthede wat hierdie jaar gaan sneuwel, lyk die prentjie taamlik bleek. Gemeet teenoor die duisende wat die land binnestroom begin die belastingbetalerskorps al hoe minder raak en sal persoonlike belasting aangepas moet word om al die honger monde te voed. Net Eskom alleen soek al weer ‘n verdere 35% om hond haar af te maak. Stadsrade en munisipaliteite sal binnekort meer geld soek om dienste aan die gang te hou aangesien minder geld vanaf die staatskas gaan deurvloei. So tuimel die kaartehuis inmekaar tot op opvoedingsvlak waar sogenaamde staatskole nie eens meer genoeg geld vanaf die ouers kry om kop bo water te hou nie en van staatskant al hoe minder fondse beskikbaar is. Hierdie nuut verkose regering is nog ‘n duurder een, so dit is duidelik dat baie ander staatsinstansies se begrotings daaronder sal lei om vir hierdie honger masjien plek te maak.

Intussen speel ons vroedvrou vir lande soos Zimbabwe en eien hulle mislukkings en tragedies toe. Waarheen is ons op pad met hierdie beleid? mag jy wonder. Die situasie is hartseer maar ek dink sonder die geringste twyfel, beslis die afgrond oor. Wat is volgende? Want, glo my, hier kom ‘n ding. Hoe meer van ons mense nie werk kry nie, hoe meer gaan hulle na hierdie vreemdelinge kyk en hul begin verag. Baie van hierdie insypelaars maak ‘n groot bydrae tot ons misdaadsyfer alhoewel sekeres dit ten sterkste ontken. Dus as die pot van etniese vrees en haat begin oorkook moet ons nie dié keer wonder van waar dit kom nie. Ook nie wie daarvoor verantwoordelik is nie.

дитячий коврикАлександр Фильчаков

Dan Roodt se planne oor Pretoria maak my opgewonde

N.a.v. Dan Roodt se Die uil van Minerva: Bravo! Fantasties gestel en asemrowende leierskap. Ek wil so graag saam gesels maar my oge is vol trane omdat ek vir die eerste keer in my lewe hoop kry vir ons kinders in hierdie land. Wanneer die uil sy vlerke sprei in die skemerte!

Daar is niks wat God nie kan gebruik nie.

As Roodt so van die Britte skryf, dan verstaan ek Mugabe ook beter en die gemors van elke Britse kolonie. Omdat hulle so geweldig skelm is.

Maar weereens sal die slagoffermentaliteit ons nêrens bring nie en ons sal ons opstaan vir onsself en ons kinders se toekoms en die beste in onsself bemark.

Anti-politiek is iets van die verlede want dis net soos ski op die anti-apartheidgolf – met geen eie stukrag nie, bevind jy jou spoedig op droë grond. Die tyd van pro-politiek het uiteindelik aangebreek.

Ons is ryklik bedeeld (nie geseënd nie) met Afrikaner-skieppers wat die stoep skiep en op die matte kom dinges maar ek onderneem om hulle neuse in hul eie dinges te vryf.

Ek is baie trots en opgewonde oor Roodt en die VF+ se planne vir Pretoria en sal doen wat in my vermoë is om te help.

21александр лобановский класс

Josef se graanskure in Egipte

Rapport het met die uitgawe van Sondag 17 Mei 2009, 'n laagtepunt in politieke kommentaar bereik. Op die voorblad verskyn “ANC en VF+ koukus glo lank reeds oor pos in kabinet vir Mulder”. Dié stelling is deur Mulder ontken maar tog gaan Jan-Jan Joubert voort om sy ongegronde bewering te publiseer.

Op bladsy vier sit joernalis Lizel Steenkamp die vendetta teen Mulder voort deur 'n berig “Ons betaal vir Zuma en sy ministers se huishulpe” met dr Pieter Mulder se foto waar hy ingesweer word as adjunkminister van landbou. Die aksie om Mulder te stigmatiseer deur negatiewe assosiasie word in dieselfde Rapport nog verder voortgesit waar Jan-Jan Joubert politieke kommentaar lewer onder die opskrif “Eers Kortbroek en nou Mulder”.

Die kwaadwillige wyse waarop Rapport (Joubert en Steenkamp) die aanstelling van Pieter Mulder as adjunk-minister van landbou hanteer, is verstommend en onverskoonbaar.

Graag wil ek die lesers van Rapport herinner aan die verhale van Josef en Daniël in die Bybel. Josef is deur die koning van Egipte aangestel in 'n gesagsposisie, net onder dié van die koning, om deur die land te reis en die boere aan te moedig om op grootskaal graan te verbou.

As Rapport in daardie jare in Egipte verskyn het, sou die Egiptenare en Josef se familie inkluis, almal doodgegaan het tydens die hongersnood. Gelukkig was daar nie 'n Rapport met kortbroek-joernaliste nie!

Mag die verhale van Josef en Daniël in die Bybel met Pieter Mulder as adjunkminister van landbou in ons tyd herhaal word.

дизайн бани с комнатой фотоАлександр Фильчаков

Afrikaners se psigotiese haat jeens Zille nie geregverdig

Indien Zille nie die wetenskaplik gefundeerde feite aangaande verkille in IK tussen rasse erken nie, is sy inderdaad 'n pienk liberaal.

Dit regverdig egter nie sekere Afrikaners se psigotiese haat teenoor haar bloot omdat sy Engelssprekend is nie.

Aangesien sy 'n witvrou is en die ANC in die Wes-Kaap verslaan het, regverdig dit ook nie die Bantoe se rassehaat en kriminele laster teenoor haar nie.

Dit is baie duidelik dat die ANC die DA regering in die Wes-Kaap gaan saboteer. 

jewellery forлобановский александр игоревич

Zille is vir ons ‘n groter bedreiging as Zuma

Marcel Rademeyer wil, soos baie Afrikaners, wil Zille en Zuma as opponente sien in Waarom is Boere so haatlik teen Helen Zille? Ongelukkig is hy hiermee heeltemal verkeerd. Sy eie mening en ek haal aan "…basies 'n herhaling van die Joodsgeleide Rivonia-komplot om soveel moontlike blanke vroue en kinders deur die veragtelike ANC-terroriste te laat uitwis" verteenwoordig die grootste weerspreking van sy hele argument.

Marcel, miskien is dit tyd dat jy die heilige Zille se geskiedenis gaan navors en dan sal jy dalk verstaan hoekom ons "Boere" haar en haar blink en stink Afrikaners nie kan verdra nie. Mense soos Zille het kliphard gewerk om ons te kry waar ons vandag is. Sy en haar Black Sash en liberale Rand Daily Mail was en is die "nuttige idiote" wat die Bolsjewiste ingespan het om die beskaafde samelewing op sy knieë te dwing.

Zille en die DA is diegene wat naas die media die meeste histerie beleef het tydens die studentevideodebakel op die Kovsiekampus. Zille swyg soos die graf as daar oor die naamsverandering van Pretoria gedebatteer word. Sy swyg ook soos die graf oor die feit dat die DA saam met die ANC gewerk het om Pretoria in te lyf by die omliggende swart gebiede en sodoende wit Boere-Afrikaners aan die onbevoegdheid van ANC-raadslede uit te lewer.

Anders as die klein VF+ het die DA ook nog nooit n sent uitgehaal om vir Afrikaanse skole se taalregte te veg nie, die nare rede is natuurlik dat Zille ook graag – soos die Bolsjewiste – etniese identiteite sou wou uitwis. Moenie jou laat mislei deur haar gebruik van Afrikaans tydens verkiesings nie; dis goedkoop politieke strategie, niks meer nie.

Die DA is inderdaad die "lite" weergawe van die ANC. So, hoekom sal ek as Boer so dom wees om diegene wat my in werklikheid aan die vyand help uitlewer het, te ondersteun? Zuma mag die vyand wees, maar ten minste is hy nie die verraaier nie. Ek onderhandel veel eerder met my vyand as met diegene wat verraad teen my gepleeg het. 

Strategies sal dit baie dom van ons Boere wees om ons by n handjie vol keffende wit liberaliste te skaar as ons eerder met integriteit met die vyand kan onderhandel. Daar is heelwat bewyse in die geskiedenis oor Piet Retief se moord dat 'n Engelsman(die DA-tipes) Dingaan so opgesteek het dat hy besluit het om Retief en sy manne te vermoor. Jy kan dit gerus gaan navors; jy kan ook gerus navorsing doen oor die latere goeie verhouding tussen Dinizulu, die koning van die Zoeloes in die laat 1800s, en die Boere. Die Boere het die koning gehelp met veediefstalle en moontlike rebellies van ander stamme, in so 'm mate dat die Boere 800 plase in Noord-Natal ontvang het as blyk van waardering, maar gaan lees gerus self. 

Strategies sal dit ook baie dom van ons wees om Zille te ondersteun as sy kwetsende, onsmaaklike aanmerkings maak teenoor die staatshoof en held van miljoene. Haar beledigings sou goed in Brittanje gewerk het. In 'n land waar miljoene mense met n I.K van 70 woon, soos jy self skryf, moet mens mooi dink voordat jy hierdie tipe beledigings rondgooi. Mense met 'n I.K van 70 word maklik opgestook, gaan maklik tot geweld oor en gaan moeilik onderskei tussen n pienk liberalis en 'n wit Boer. 

Mev Zille se praatjies stel my en baie ander witmense in gevaar; dis tyd dat sy om haar kyk en begin dink voordat sy haar mond oopmaak. Haar politiek sal nooit in Afrika werk nie. Ons Boere het lank genoeg hier oorleef om te weet wanneer om te veg en wanneer om ander oplossings te soek. Nou is nie die tyd vir gevegte nie, allermins bekgevegte van 'n histeriese, wit meisie, soos Malema haar tereg noem.

Zille sal sekerlik dood neerslaan as jy met haar gesels oor die gebrek aan I.K by baie Afrikane. Hoe dom of slim Zuma is, weet ek nie. Wat ek wel weet, is dat hy bereid is om na mense te luister en om inligting van kenners in te win. 'n Slim man, soos wat Mbeki glo is, wat nie wil luister nie is minder werd as 'n ongeskoolde mens wat weet waar om na kennis te soek. Mugabe het stringe grade agter sy naam maar sy dwaasheid ken geen perke nie. 

методы протезирования зубовФильчаков прокуратура харьков

Waarom is Boere so haatlik teen Helen Zille?

Ek kan nie verstaan dat die sg "Boere" van veral Pretoria en omstreke so haatlik teen Helen Zille is en die swartes omhels nie. Het hul dan nou nog nie die boodskap van hul twee groot Dopperhelde geleer nie?

Is hul inderdaad so minderwaardig en sulke gerieflike sikofante van die swart rassistiese regime van die "Groot Man" Zuma om hul eie ras en beskawing aan die non-entiteit en beroemde bokwagterbarbaar uit te vekoop?

Die massamedia verkondig soos van ouds uit een valse mond dat Helen Zille seksisties is aangesien hul te breinloos is om haar feitelike repliek aan die 100% Zulu Boy enigsins te begryp. In haar kommentaar het Zille hom bloot herinner aan die risiko van MIV en Vigs wat sy harem loop indien hy met 'n MIV-positiewe vrou verkeer.

Elke sot probeer net vir die lafaard Zuma se wickets te keer.

Ek kan glad nie verstaan dat Zille nie die ANCYL en MK vir miljarde gedagvaar het agv hul sieklike, veragtelike en totaal ongesubstansieerde barbaarse kriminele laster nie!

Maar, alle intelligente en ingeligte mense in hierdie land weet dat ons in 'n totale kriminele en korrupte piesangrepubliek leef en dat geen hooggeplaaste swart barbaar ooit suksesvol vervolg sal word nie, want die howe en geregtelike gesag is sedert die ANC ae Pietersburgkonferensie totaal ondermyn.

Toe reeds is die ondermynende meesterplan van die Afrofascistiese, bolsjewistiese gespuis reeds uitgestippel.

Basies 'n herhaling van die Joodsgeleide Rivonia-komplot om soveel moontlike blanke vroue en kinders deur die veragtelike ANC-terroriste te laat uitwis.

Hierdie grootbek-MK-terroriste, wat Zille onlangs met oehoeroe gedreig het, het egter nooit gedurf om die ou SAW trompop te loop nie. Daarvoor was hul te lafhartig.

Sou enige witman 'n beroep op 'n gewapende stryd doen teen die swarte, sal hy onmiddellik vir jare in die tronk gegooi word. MK en alle swart kriminele kom blykbaar skotvry daarvan af.

Die meeste blankes het nou al vrede gemaak met hierdie swart regime se onetiese en immorele psige en stel nie eens belang om beswaar te maak nie, want hul weet dis soos water van 'n eend se rug af.

SA is lank reeds nie meer 'n regstaat nie, maar 'n magstaat wat bedryf word deur 'n diktatuur van die gepeupel.

Ek merk nou al lankal dat JZ nie die skerpste mes in die laai is nie en basies nooit iets van enige substansie kwytraak nie.

Net soos grootbek-Julius wat nie eens die intellek gehad het om skool klaar te maak nie.

Ek sou baie graag wou hê dat 'n vooraanstaande akademiese instansie met integriteit en selfstandigheid, bv in die VSA, waar daar nog die nodige kundigheid is, Zuma en Malema se IK moet meet en dit in SA publiseer.

Dan sal mens die ANC se "meriete"-aanstellings kan evalueer en self besluit of Malema sy groot nuwe Mercedes verdien en of die blanke belastingbetaler se bydrae van omtrent 70% aan die staatskas hoegenaamd sin maak.

Van die hoogsaanstaande Amerikaanse en Britse akademici in die veld van genetika en sielkunde het dosyne kere deur middel van gekontroleerde psigometriese toetse, wat absoluut niks met ras te doen het, bewys dat die gemiddelde IK van die Bantoe in Suider-Afrika 70 is en die Boesman s'n nog minder. Die gemiddelde IK van 'n blanke is 100 en dié van 'n noord-Asiaat selfs hoër.

Toe ek in my jong jare twee grade in sielkunde by Tukkies gedoen het, lank voor die pienk-Frikkie-katastrofe, was dit algemeen aanvaar dat iemand met 'n IK van 70 volgens ons destydse kriteria, as verstandelik vertraag geklassifiseer is.

Maak gerus jul eie afleidings en lees in diepte die geweldig insiggewende boeke wat steeds in die VSA gepubliseer word, maar om verstaanbare redes nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie.

Hopelik sal die waardheid aan die einde seëvier en die pienk liberale en Afro-fasciste die onomwonde feite aanvaar.

Geen intelligente mens by sy volle verstand kan hierdie verdoemende feite ooit ontken nie.

Die geniale emiritusprofessor Richard Lynn van Ierland het ook interessant genoeg daarop gewys dat die skedelholte van die vrou heelwat kleiner as dié van die man is.

Dit verklaar moontlik Zille se manlike kabinet.

Naskrif deur die redakteur: Marcel, maar is Helen Zille nie ook maar een van jou "pienk liberale" nie? Dink jy Zille sal in die openbaar erken dat daar IK-verskille tussen rasse bestaan?

брюки для девочкилобановский александр отзывы

Het Gert Opperman maniere?

In 'n verklaring wat Gert Opperman van die Voortrekkermonument per e-pos versprei, gee Gert Opperman te kenne dat sekere items na 'n ondersoek uit die geskenkwinkel verwyder is.

Alhoewel ek verheug is oor die gebaar, skep dit 'n paar nuwe vrae. Hoekom het Gert Opperman nie die items verwyder toe die Verkennersjeug Pretoria hom per brief daarvan in kennis gestel het nie?

Hoekom moes dit nodig wees vir die Verkennersjeug Pretoria om eers die winkel te beset voor hy aandag gegee het aan die saak en ook op getree het?

Ongelukkig lees ek nie in die verklaring dat Gert Opperman die jongmanne bedank het dat hulle die saak onder sy aandag gebring het nie. Mens kan maar net hoop dat hy die goeie maniere het om hulle persoonlik in 'n skrywe te bedank.

 

туры в хорватию из краснодаралобановский политик

Kan die VF+ Midvaal by DA afvat?

Johann Wingard skryf in Die verhaal van twee partye, deel II: "Dus, as die DA Kaapstad kan vat, kan die VF+ Pretoria vat. "

Midvaal-munisapaliteit is, soos ek verstaan, die enigste munisipaliteit in Gauteng wat deur die DA beheer word. Hier word strate geteer en puik munisipale dienste gelewer.

Midvaal lê tussen Alberton en Vereeniging. Lank gelede was dit Dr Verwoerd se setel. Dit was ook 'n KP vesting in die tagtigerjare.

Die demografie is omtrent 50/50. Indien Drieriviere (Vereeniging) daarin slaag om by Midvaal ingelyf te word, sal dit die DA aansienlik versterk.

Nou wonder ek of die nasionale VF+ bewus is van Midvaal en of hulle dit by die DA sal kan afvat? Die plaaslike VF+ het beter dinge om te doen as om verkiesings te wen…

печи дляФильчаков прокурор харьков

Kerkstraatbom: van terreurdaad tot terreurstaat

Vandag gedenk ons weereens een van die verskriklikste dae in ons geskiedenis. Op 20 Mei 1983 het die Kerkstraatbom wat deur die ANC se gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe, gestel is in die middestad van Pretoria tydens die middagspitstyd ontplof. Negentien mense is gedood en 200 beseer. Sommige oorlewendes is permanent geskend en het ledemate of hul sig verloor.

Terwyl Eugene de Kock, Janus Walusz, Clive Derby-Lewis en ander tot vandag toe in die tronk sit, is een van die persone wat met die bom gemoeid was, Aboobaker Ismail, deur die WVK kwytgeskeld. Die topbestuur van die ANC, waaronder Mandela, wat die bevel gegee het om burgerlikes op dié manier aan te val, het nooit verantwoording vir hul misdaad gedoen nie en ook geen amnestie ontvang nie.

Die Suid-Afrikaanse Weermag is vandag bykans totaal deur die voormalige terroristeleër van Umkhonto we Sizwe oorgeneem, met alle hoë militêre poste wat deur oud-MK-bevelvoerders beset word.

By die baie flaters wat die Nasionale Partyregering begaan het, was dit destdys 'n groot fout om nie onmiddellik militêr teen die ANC op te tree en die gruweldaad met byvoorbeeld 'n lugaanval op die MK-basis naby Lusaka te vergeld nie. 

Weens die swakheid en onnoselheid van die ou regering het terreur in Suid-Afrika geslaag. Sedertdien word ons politiek deur vrees bepaal en besluite word dikwels ná intimidasie geneem wat niks minder as kapitulasies verteenwoordig nie.

Die terreurdaad van 1983 het tot 'n terreurstaat gely waar alle burgers gedurig met die vrees van gewelddadige aanvalle, rooftogte, moorde en verkragtings moet saamleef. Volgens die Stockholm-sindroom kry die slagoffers dikwels hul folteraars lief; vandaar die ophemeling van die ANC en die lafhartige moordenaars van Umkhonto we Sizwe deur 'n groot deel van die Suid-Afrikaanse media wat vandag swyg oor die gruweldaad van 26 jaar gelede.

Die onregte wat daar tans teen die Afrikaner in Suid-Afrika gepleeg word, is legio. Terwyl die juk van die vars onregte en geweld op ons druk, mag ons nooit 20 Mei 1983 vergeet nie.

Die skanddaad van daardie dag staan gebrandmerk in ons geskiedenis soos 11 September 2001 in die Amerikaanse.

интернет магазин детских товаровДанильченко

Hoe irrelevant Beeld en Rapport geword het

Die ou Naspers of dan vandag se Media24 kan dit nie verdra dat hy nie meer so maklik Afrikaners se menings kan vorm nie. Gister se Rapport spandeer bladsye om die VF+ af te maak as ’n óf ’n Judas óf ’n Piet Retief, tog dink 81% van die stemmers in Rapport se meningspeiling dat Mulder die regte ding gedoen het.

Praat mens met boere op grondvlak is die meeste baie positief oor Mulder se aanstelling en sê openlik hul sou hom verkwalik het indien hy nie die pos aanvaar het nie. 

Vir dekades lank het Naspers die waarheid gemanipuleer om die destydse NP-regering aan bewind te hou en toe die skrif aan die muur is, het die einste Naspers saam met De Klerk en kie. gat-om-geswaai om skielik die ANC en mnr. Mandela aan ons te bemark en ons die beloofde land in te lei. Keer op keer is die openbare mening deur effektiewe propaganda gevorm en Afrikaners ’n rat voor die oë gedraai.

Toe verskyn mnr. Zuma op die toneel en skielik word bladsye en kolomme gebruik om blankes met vrees te vervul en Zuma as ’n tweede Mugabe af te maak. Eers toe die publiek se eie woede oor Thabo Mbeki behoorlik vlamgevat het, het Tim en kie. saggies en baie huiwerig kritiek teen hom begin uitspreek.

Tydens mnr. Zuma se eerste hofsaak toe derduisende swartmense straatblokke vol gepak het om Zuma te ondersteun, het Tim en die vervelige ou Harold Pakendorf week na week aan die hele land vertel hoe yl Zuma se steun nou eintlik is. Die Zunami het net groter geword en ná die ANC se Pietersburgkonferensie moes hul hul woorde sluk.

Toe saal hulle die DA en Cope-perdjie op. Cope gaan 20% steun kry, Cope is oppad om die regering te word. Opskrifte soos “Die ANC gaan steier” was elke week te sien. Ná die verkiesing, toe die ANC skaars gesteier het, toe word die VF+ tot niet verklaar. Die VF+ gaan begrawe word, die VF+ is irrelevant ens, ens. Groot gewag word van die 0,8% steun gemaak, niks word gesê dat die VF+ in der waarheid getallegewys meer stemme gekry het as in die vorige verkiesing nie. 

 

Die feit dat die ANC skaars 4 % steun afgestaan het word verswyg. So ook die feit dat mnr. Zuma deur meer mense in die parlement tot president verkies is as wat deur die ANC verteenwoordig word, word gerieflikheidshalwe geignoreer. Die gevreesde twee-derde meerderheid waarmee blankes afgedreig is om vir die DA te stem, is duidelik nog daar as mens kyk wie sit in die opposisie-banke. 

 

Rapport slaan nou die VF+-kitaar vir die derde week in ’n ry, maar Afrikaners in die algemeen klink of hul die VF+ en Zuma in ’n positiewer lig sien as voor verkiesingsdag. Lees mens kommentare op Rapport se blad is Afrikaners toenemend verbitterd teenoor Rapport se afskuwelike polities korrektheid. Die term Afrikaanses word gebruik wanneer dit die koerant pas en dan word daar weer omgedraai en praat die koerant namens ons, die wit Afrikaners.

 

Mens kan jouself ook die vraag af vra hoeveel skade het hierdie publikasies hulself aangedoen met die ponie-agtige beriggewing oor Steve Hofmeyr en Joost van der Westhuizen. Steve se nuutste cd het reeds die 20 000 kerf verbygesteek voor dit beskikbaar gestel is. Die meeste Afrikaners is volwasse genoeg om te besef hierdie mense se na-uurse bedrywighede het min met hul talente te doen en beskou die soort beriggewing net soos Zille se aanmerkings oor Zuma se drie vrouens bloot as onsmaaklik.

 

Media24 het tred met die werklikheid verloor. Sy magtige propaganda masjien kan glad nie meer openbare mening in die land as geheel swaai nie omdat bitter min swartmense toegang tot koerante het en miljoene mense steeds ook ongeletterd is. Onder gegoede blankes is daar ’n toenemende negatiwiteit teenoor die hoofstroommedia en het toegang tot internet het baie gehelp om menings elders te vorm. Rapport se kwynende sirkulasiesyfers spreek vanself.

принцессы диснейtopcargo отзывы сотрудников

Stil katelkruipers!

Moet tog nie julle laat mislei deur die vreespolitiek en valse propaganda van Naspers nie want dis nog steeds gemik teen die belange van die Afrikaner soos voorheen. Gogga-maak-vir-baba-bang massahisterie.

Ons weet mos hoe werk die Afrikaanse media met ons koppe. 'Anti-politiek' is nie ‘n beginsel nie. Dis hoogstens bedoel om druk uit te oefen maar sal nooit die ANC uit die kussings lig nie. Dis politieke hardlywigheid.

Anti-politiek is nou suksesvol gebruik om al die banggatte op loop te jaag insluitende die AWB, HNP, DA, COPE in, met slegs een uitsondering naamlik die 150 000 VF+ kiesers. Mulder het bewys dat hy nie bang is nie – die hart van ‘n leeu van Wes Transvaal.

Hy het die VF minus verander in ‘n plus. Hy skrik vir niks. Die groot gesanik oor verbeeldingsvlugte van die sogenaamde tawwes kan veeleerder as verraad beskou word waaroor die geskiedenis sal oordeel. ‘n Soort Boerehippiekultuur van selkastyding en selfbejammering en rigor mortis. Dis die ‘ek-het-jou-mos-gesê’ hoogheiliges onder die katelkruipers wat kla.

Verraad sou wees om nie alles vir ons vryheid te probeer nie – dit is wanneer die manne van die muise onderskei word. In die werksplek werk die meeste mense daagliks intiem saam met die ANC-mense vir hulle eie ekonomiese vryheid. Hoekom word Mulder anders beoordeel?

Toegegee dat Mulder se voorganger Balldrik du Toit so ‘n verraaier was – ja. Maar mens kan mos ons man se arms versterk en nie weghol nog voor die oorlog begin het nie. Dan praat mense so maklik van oorlog en stryd en die wonderlike ‘Volk’ wat soos spoke verdwyn as daar iets gebeur waarmee ons klaers nie saamstem nie.

Maar ek weet van ander volksgenote, volkshelde wat vir geen duiwel stuit nie – maar nou in die tronke sit omdat hulle mense skandalig van hulle vergeet het waar hulle onder die katels lê en raas.

Diegene wat altyd wes kyk sal nooooit die son sien opkom nie!

earrings forФильчаков прокурор харькова