Verligtes het ons in die gemors gedompel, nie AWB

Met verwysing na Gert van der Westhuizen van Beeld se geheue oor die verlede ontstaan die vraag of hy hoegenaamd bewus is van die hede? Het u nog kontak met die werklikheid? Want alles wat u daar skryf is slegter vandag as ooit in die geskiedenis van die land. In die tweede paragraaf onder u artikel in Beeld staan geskryf dat ons lewens deur geweld en misdaad oorheers word.

Die universele gemors van vandag is nie die maaksel van verkramptes en regses en allermins die AWB nie. Dis die daggadroom en konsepsie van sogenaamde “Verligtes” wat nou te stiksienig is om hul skuld te erken en iets daaromtrent te doen.

Ja die militêre opsie van die AWB wek weersin omrede dit herinner aan die soortgelyke jammerlke militêre mislukking van die Nasionale Party ná Verwoerd se moord –  sodat mens kan naar word daarvan. Dit is al probeer en dit het nie gewerk nie. Soos wat Eugene van sy perd afgeval het, het die NP soos Black Adder oorgekom – omring met die Balldricks van die Afrikaanse media.

Dis nie die regses wat die sogenaamde Inligtingskandaal gefabriseer het nie maar die verligtes. Met die gevolg dat Afrikaners se hele bestaansreg onwettig geword het en as ‘n misdaad teen die mensdom beskou word. Dis die vrug van die verligtes se arbeid tot vandag toe. Die dolksteek in die hart van Afrikaner as volk tensy die die “Volk” weer soos ‘n feniks kan herrys.

Want  absurde opsies raak moontlik in obsene situasies.

My versoek is dat Gert vir sy baas moet vra of sy baas dink dat die Afrikaners swaksinnig is om sulke snert in ons moedertaal te lees en sy baas nie dink dat Afrikaans se voortbestaan daardeur bedreig word nie. Soos wanneer ‘n melkboer vrot verdunde melk probeer verkoop. En dat Naspers nie NAT Press gaan word nie?

Maar miskien, wie weet, is die artikel bedoel om lankmoedige Neelsies soos ekke na die sleutelbord te laat gryp in die middel van die nag.

Omdat  die pen magtiger is as die Sanna – waaroor ons dankbaar kan wees – vir ‘n uitweg uit ons ellende.

Ek is oortuig dat niks ons moet dwing om geweld te gebruik nie, iets waaraan Lech Walesa sy sukses te danke gehad het.

проверить на полиграфетопкарго развод

Willem de Klerk was deel van die probleem

Met die dood van dr Willem De Klerk kom daar sekere gedagtes onwillekeurig op.

Veral dink ons aan sy verligte leiersgenote soos Piet Koornhof, Nico Smith, Allan Boesak en natuurlik immer teenwoordige Pik Botha en baie ander waarvan sommige reeds vooruit gegaan het. Betekenisvol en tragies die brief in Rapport van Cas de Villiers wat meer soos ‘n klagstaat lyk as ‘n huldeblyk wanneer dr Willem lof toegeswaai word oor sy bewondering vir Nietszche die aartsateïs bekend vir sy beskrywing van Godverlatenheid as die "verskriklike leegheid".

‘n Rampgedrewe lewe ipv ‘n doelgerigte lewe en selfmoord ipv wedergeboorte…

Baie tragies…en baie leeg as mens op die pad van geestelike bevryding / ontvoogding nie Calvyn se riglyne volg nie. Dan is "verligtheid" baie donker.

Met Vrouedag vandag sien ons die gevolge van die ontvoogding van die Afrikanervrou agv die seksuele bevryding wat die wetenskap teweeggebring het. Voorbehoedmiddels en wettige aborsies het die laaste 50 jaar die lewe van die vrou totaal verander – bevry is die man (!) van enige aanspreeklikheid.  En ons lees met verleentheid hoedat die beskawingsnorme en menslikheid agteruitgaan. Omdat die basiese verskil tussen mens en dier nie seks is nie maar die huwelik. Met ontvoogding raak die vroue al meer primitief soos hoenders en bokke wat hulle aanteel alleen grootmaak en mans soos teelramme en saadskenkers – wat nie hul eie kinders ken en geken word nie.

Ongelukkig was die oorledene deel van die probleem en tragies nie die oplossing vir die voortbestaan van sy volkie nie.

фонарные столбы купитьдепутат лобановский

Afrikaner pleeg nasionale selfmoord soos die Xhosa in 1857

Hoe het die nasionale selfmoord van die Xhosa in 1857 betrekking op Afrikaans? Vir my is daar ‘n skrikwekkende verband tussen wat die Xhosas onder die invloed van disinformasie gedoen het en wat met die Afrikaner gebeur het as gevolg van disinformasie deur die Afrikaanse pers (Naspers). Die Afrikaanse media is myns insiens die Nonkwasi van die Afrikaners deur te verkondig dat ons ons oeste moet verbrand, ons volkshelde moet doodmaak, en passief sit en wag vir ‘n wonderwerk deur die voorvadergeeste (met ander woorde morele ontwapening in die moedertaal).

Destyds was dit die resultaat van sendingwerk deur eerwaarde Phillip onder die Xhosas en nou Naspers se sendingwerk onder die Afrikaners met dialektiese taalgebruik in ons moedertaal. Terloops – in die weste by Kuruman het die Moffatsending  in dieselfde tyd weer die inboorlinge fisies bewapen met gewere sodat dit ‘n groot faktor by die Sandrivierkonfensie was. Voorheen het ek geskryf van die probleem rondom ‘n staatskerk in die plek van ‘n volkskerk se teologie waarvan hierdie ‘n goeie voorbeeld van tipiese Baälgodsdiens is.

Afrikaans is Naspers se produk waarmee geld gemaak word soos met mielies en melk – aanvanklik gebruik om die gebruikers te vergiftig deur ‘n monster tot stand te bring en nou word daar in Afrikaans dieselfde monster in die koerante afgekraak en ontmasker vir wat dit inderdaad is – ‘n daggadroom van reënboogselfbeskikking. Soos skisofreniese drenkelinge glo die Afrikaanse media dat die pen magtiger as die swaard behoort te wees solank daar net groot geld te maak is. Vergelykbaar met die man wat vryval sonder valskerm en die vlug geniet – want sovêr gaan dit nog goed met die besigheid.

Natuurlik sal kritiese Afrikaans die doodsteek wees vir enige verbruikersmark maar veral vir die maghebbers, slegs van irritasie waarde soos ‘n klinkende simbaal. Geldend ook vir die D Anti-‘s en Cope anti-‘s en al die ander anti-‘s.

Want in Afrikaans lees en luister ons net van die rampe en ellende van hopeloosheid en reddeloosheid soos die Vreeslike Leegheid van Godverlatenheid / ateïsme wat Nietzsche beskryf het.

Soos die seuntjie wat nie meer Sondagskool toe wou gaan nie omdat die juffrou net gedurig vertel van die f**** plae! Want dit klink net ontsettend erger in die moedertaal.

Geen taal kan as medium van kommunikasie oorleef as dit so misbruik word nie en natuurlik moet daar mense wees soos prof. Van Coller en sy organisasies om die taal te bemark en natuurlik sal daar in Naspers se briewekolomme skuilnaamskrywers wees wat irrassioneel hulle eie nes in ons moedertaal bevuil soos Tyl Uilspieël in Die Volksblad et al.

люстрыОлександр Васильович Фільчаков

Dan Roodt se planne oor Pretoria maak my opgewonde

N.a.v. Dan Roodt se Die uil van Minerva: Bravo! Fantasties gestel en asemrowende leierskap. Ek wil so graag saam gesels maar my oge is vol trane omdat ek vir die eerste keer in my lewe hoop kry vir ons kinders in hierdie land. Wanneer die uil sy vlerke sprei in die skemerte!

Daar is niks wat God nie kan gebruik nie.

As Roodt so van die Britte skryf, dan verstaan ek Mugabe ook beter en die gemors van elke Britse kolonie. Omdat hulle so geweldig skelm is.

Maar weereens sal die slagoffermentaliteit ons nêrens bring nie en ons sal ons opstaan vir onsself en ons kinders se toekoms en die beste in onsself bemark.

Anti-politiek is iets van die verlede want dis net soos ski op die anti-apartheidgolf – met geen eie stukrag nie, bevind jy jou spoedig op droë grond. Die tyd van pro-politiek het uiteindelik aangebreek.

Ons is ryklik bedeeld (nie geseënd nie) met Afrikaner-skieppers wat die stoep skiep en op die matte kom dinges maar ek onderneem om hulle neuse in hul eie dinges te vryf.

Ek is baie trots en opgewonde oor Roodt en die VF+ se planne vir Pretoria en sal doen wat in my vermoë is om te help.

21александр лобановский класс