Sy amptelike webwerf het gesê hy sal weer diens hervat op 1 April, alhoewel hy die week gaan vergader met regeringskollegas en die implimentering van regeringsprogramme.
Die 57-jarige voormalige opposisieleier het Dinsdag van uit Suid-Afrika teruggekeer na ‘n 10-dae wegbreek kans met sy 6 kinders terwyl hulle treu roor sy vrou Susan, wat dood is toe die voertuig waarin sy en die eerste minister gereis het deur ‘n verbygaande trok getref is.
“Hy lyk goed en sterk”, het ‘n amptenaar gesê wat anoniem wil bly.
Daar word verwag dat Tsvangirai binnekort president Robert Mugabe, sy vennoot in die 39-dae oue koalisie voor stok gaan kry oor die wetteloosheid en geweld teen die land se krimpende gemeenskap blanke boere, wat onder aanval is van Mugabe se Zanu-PF-vertrouelinge wat die blankes se plase van hulle wil afneem.
Waarnemers het gesê die mislukking van owerhede om die chaos te beheer is een van die grootste struikelblokke in die nuwe regering se pad om Westerse hulp te kan bekom, om die gebroke land weer op te bou.
Westerse skenkers het sover geweier om geld in die regering in te pomp tensy hulle tekens sien van groot verandering in menseregte.
Die besetting van wit plase deur Mugabe in 2000 het 90% van die boere van hulle grond af verdryf, en net 400 gelaat in die stryd om voedsel te voorsien te midde van konstante teistering. Die VN reken dat sowat 7 miljoen Zimbabwiërs voedselhulp nodig het.
Die nuus dat Tsvangirai terugkom, kom nadat syfers begin toon het dat sukkelende Zimbabwiërs begin om verligting te kry van duiselingwekkende prysverhogings, met pryse wat werklik begin om effens af te neem.
Die maand tot maand inflasiekoers, van Januarie tot Februarie kom in op minus 3,1%, het die sentrale statistiekkantoor gesê. Die laaste amptelike inflasiesyfers wat in Julie 2008 uitgereik is was 231 miljoen persent.

Terwyl globale aandeelpryse gedaal het en verskeie van Sjina se Afrika-vennote diep in chaos verval het, is Sjina besig om terug te tree van sy meer aggressiewe planne.
Politieke sake behoort apart gehou te word van sportgeleenthede soos die 2010 Fifa Sokkerwêreldbeker, het minister van buitelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma Woensdag gesê.
Slegte padonderhoud en die gebrek aan wetstoepassing is die hoofoorsake van die hoër hoeveelheid ongelukke op Suid-Afrikaanse paaie, het die AA Woensdag gesê. AA-woordvoerder Gary Ronald het gesê omtrent 5% van die ongelukke op Suid-Afrika se paaie word veroorsaak deur slegte padtekens en swak toestande van padoppervlakte.
Die toestand van taalgebruik en die swak stand van sake ten opsigte van lees in ons skole is vir my baie kommerwekkend. Hoekom dit so is, kan ek nie verstaan nie. Taal vorm immers die basis van alle leer.