Slegte paaie, geen wetstoepassing veroorsaak ongelukke

ImageSlegte padonderhoud en die gebrek aan wetstoepassing is die hoofoorsake van die hoër hoeveelheid ongelukke op Suid-Afrikaanse paaie, het die AA Woensdag gesê. AA-woordvoerder Gary Ronald het gesê omtrent 5% van die ongelukke op Suid-Afrika se paaie word veroorsaak deur slegte padtekens en swak toestande van padoppervlakte.

“Die gebrek aan padonderhoud het gelei tot die algehele agteruitgang van die paaie, wat die syfer heelwat opgestoot het,” het hy gesê.

Wetstoepassing was een van die groter probleme, het hy gesê, met taxi’s en motoriste wat almal ‘n flagrante disrespek toon vir eenvoudige verkeersreëls.

“In amper elke geval, word ‘n ongeluk voorafgegaan deur ‘n verkeersoortreding,” het hy gesê.

In 2008 was daar 9.2 miljoen motors op Suid-Afrikaanse paaie en 900 000 ongelukke, het Ronald gesê. “Dit maak vir ‘n verbysterende 10% van alle voertuie op die pad, met ‘n koste aan die ekonomie gelykstaande aan 3% van die nasionale bruto binnelandse produk en meer as 42 sterftes elke dag.

Ronald het gesê padongelukke is net so groot probleem vir die land as sake soos vigs en misdaad.

“Dit word gereken dat  padongelukke ‘n derde van die leidende oorsake gaan wees van onnatuurlike sterftes teen 2020, wat dit hoër as vigs sal plaas,” het hy gesê.

Ronald het padgebruikers aangemoedig om die AA se Paas-ligte-aan-veldtog te ondersteun, waarin motoriste aangemoedig word om ten alle tye met die ligte aan te ry.

Deur met ligte aan te ry help om bewustheid te skep onder kwesbare padgebruikers, omdat motors meer sigbaar is.

“Indien die veldtog ernstig opgeneem word deur genoeg motoriste, kan dit ons ‘n vertrekpunt gee om te kan sien of daar ‘n sigbare vermindering is in padongelukke om die regering te motiveer om die bestuur met ligte aan wetgewing te maak,” het Ronald gesê.

Saam met die toestand van die paaie en die wetstoepassing, het Ronald gesê ander areas van kommer is openbare persepsie en bewustheid, korrupsie, gemeenskapsbetrokkenheid, padgebruikeropvoeding en breë opvoeding en kommunikasie.

турецкая баня в москвеФильчаков прокуратура харьков