Die invloei van buitelandse werkers het daartoe gelei dat duisende Britse programmatuuringenieurs en stelselontleders afbetaal is, volgens die Vereniging van Professionele Personeelagentskappe (VPPA).
Hoof-uitvoerendebeampte Ann Swain het gesê: “Dit kom waansinnig voor dat met die ekonomie wat verswak het en duisende IT-werkers wat reeds hulle werk verloor het, daar steeds drie keer soveel buitelandse IT-werkers na Brittanje gebring word as gedurende die dotcom-bloeitydperk, toe ons ‘n vaardigheidstekort gehad het.”
Sy het gesê 80% van die nie-EU-werkers in die IT-bedryf wat na Brittanje toe kom, is op intramaatskappy-oorplasings en het bygevoeg: “Meeste van die buitelandse IT werkers is programmatuuringenieurs en stelselontleders. Hulle kom nie hierheen om fone te beantwoord op hulptoonbanke nie, maar verkeer in hoogs opgeleide en goed betalende poste.”
Mej. Swain het gesê die geldbesparende praktyk om IT-poste na die buiteland te verplaas, wat ook bekend is as “oorsese kontraktering” sal waarskynlik gedurende die afplatting in die ekonomie toeneem.
Indië is die land van waar die meeste werkspermitte vir mense toegestaan is, met 29 400 wat in 2008 uitgereik is.
