Twee gewapende mans het Dinsdagaand ‘n motoris genader by ‘n BP-vulstasie in Konstantiakloof en sy motor gekaap, het die polisie gesê.
“Die man het ingegaan by die winkel om iets te koop om te drink, en toe hy uitgekom het, het ‘n Honda Ballade langs hom gestop. Twee gewapende verdagtes het uitgeklim en hom beveel om uit te klim en plat te lê,” het kaptein Douglas Trollip Woensdag gesê.
Een va die gewapende mans het in sy bakkie geklim en weggery.
Geen skote is op die toneel gevuur nie en geen arrestasies is gemaak nie, het Trollip gesê.
