Amerika beskuldig Sjinese skepe daarvan dat hulle die Amerikaners omring en lastig val, en binne 8 meter gekom het van die USNS Impeccable in internasionale waters, dood gestop het voor haar en rommel is haar pad gestrooi het. Sommige van die Sjinese bemanning het selfs uitgetrek en in onderklere verskyn na ‘n skoot water van die Amerikaanse brandslange.
Die jongste konfrontasie tussen ‘n Amerikaanse ondersoekvaartuig en Sjinese kusverdedigingsvaartuie het in internasionale waters plaasgevind in die Suid Sjinese See omtrent 120 kilometer suid van Sjina se Hainaneiland, die tuiste van vele Sjinese vlootinstallasies.
Waarnemers het gesê Beijing wil klaarblyklik sy reg uitoefen om buitelandse nasies te verhoed om ondersoek in te stel binne sy 320 kilometer eksklusiewe ekonomiese sone.
Dit bots met een van Amerika se kardinale beginsels van navigasie op die oseaan: die reg tot onbeperkte deurgang in internasionale water so lank as wat vaartuie nie inbreek maak op die ekonomiese belange van die land waar dit verby gaan nie.
Onderwyl Amerika aangebied het om te onderhandel oor die saak, het nie een van die twee kante voorgekom dat hulle gewillig is om ‘n kompromis aan te gaan nie.
Sjina het ten minste 200 gevalle aangeteken waar Amerikaanse vaartuie intelligensiedata versamel in Sjina se eksklusiewe ekonomiese sone, maar oor die algemeen het hulle konfrontasie vermy.
Die jongste insident het die ondertone van ‘n spioenasietuig gehad, maar die Amerikaanse skip is streng gesproke nie ‘n spioenasieskip nie. Dit maak kaarte van die seebodem met sonar, en stel inligting saam wat die vloot kan gebruik om hulle eie duikbote mee te stuur of om die van ander nasies mee te volg.
Hainan het heelparty vloot en lugmaginstallasies en is die tuiste van Beijing se nuutste duikbootbasis. ‘n Totale vlootopgradering voeg gevorderde missielvaartuie en diesel-elektriese duikbote by. In die komende jare is een of meer vliegdekskepe ook moontlik in die pyplyn.
