Iran het nie nodige bommateriaal nie

ImageIran moet nog besluit of hulle ‘n kernbom wil bou en tans het hulle nie die wapensgraaduraan wat nodig is om dit te doen nie, het top Amerikaanse intelligensie-amptenare Dinsdag aan politici gesê.

Maar Tehran is besig om uraan te verryk, ten spyte van globale sanksies en bemeester die die kennis om langafstand missiele te bou wat kernbomme na hulle teikens, oseane ver kan dra, het die direkteur van intelligensie Dennis Blair gesê.

Die meeste spioenasie agentskappe glo dat Tehran waarskynlik hoogsverrykte uraan sal kan produseer êrens in die 2010 – 2015 tydraamwerk, met die Amerikaners wat die vroeë datum in 2013 plaas, het hy gesê.

“Alhoewel ons nie tans weet of Iran beplan om kernwapens te ontwikkel nie, stel ons dit dat Tehran op ‘n minimum die opsie oophou om dit te ontwikkel,” het Blair aan die senaat se Wapensdienste komitee gesê.

En hy het erken dat die siening teenstrydig is met die van hulle langtydse vennoot Israel: “Die Israeli’s is baie meer bekommerd oor dit en hulle neem die standpunt van ‘n ergste scenario in ten opsigte van die dinge.”

Om ‘n kernarsenaal te bou moet Iran ‘n voorraad hoogsverrykte uraan bymekaarmaak, sal hulle in staat moet wees om ‘n plofkop te bou – ‘n proses wat dit in die middel van 2003 gestop het en waarskynlik nie weer aan die gang gesit het nie – en hulle sal langafstandmissiele nodig hê.

Amerikaanse intelligensieagentskappe het tot die gevolgtrekking gekom dat “Iran besluit het om nie voort te gaan op al drie die rigtings nie,” het Blair gesê.

“Ons stem almal saam hieroor,” het luitenant Michael Maples, die direkteur van die Pentagon se Verdedigings Intelligensieagentskap (DIA) aan dieselfde komitee gesê.

En “Iran se regeringsinkomstes sal afneem in 2009 terwyl oliepryse op lae vlakke verkeer. Verdedigingsuitgawes sal gebalanseer moet word met sosiale programme,” het Maples gesê.

Amerikaanse intelligensieagentskappe reken dat Iran sy kernwapensontwerp en bewapening in die middel van 2003 gestaak het en dat Tehran dit nie weer begin het in die middel van 2007 nie, het hy aan die politici gesê.

игри для дивчаток онлайнтопкарго

Maak 'n opvolg-bydrae