Ek het in 2002 gematrikuleer by 'n Afrikaanse skool in die ou Stellalanddistrik, waarna ek vir 3 jaar by my Pa in sy steenfabriek gewerk het. Ek het dit regtig geniet, en gedink dat ek eendag in sy voetspore kan volg. Tot hy eendag teruggekom het van 'n vergadering by die departement van minerale en energie-sake: omdat sy bedryf onder mynwese gekategoriseer word, moes hy aan belaglike SEB vereistes voldoen. Ek het toe besef dat daar vir my geen toekoms is nie, en moes toe die pad vat. Ek het IT gaan swot, vir 2 jaar in Johannesburg gebly, en laasjaar Kaap toe getrek vir 'n "change of scenery".
En nou met al die gepratery rondom 'n Volkstaat is ek opnuut opgewonde, omdat ek dit sien as 'n kans om weer tussen my eie mense te wees. Ek was nie gelukkig in Johannesburg nie en ek is ook nie gelukkig in die Kaap nie: ek ly aan depressie, ek drink te veel, my gesondheid is swak en ek het geen passie vir my werk nie. Die enigste tyd wat ek gelukkig is, is wanneer ek in die Noord-Weste tussen my mense is.
Ek hoop regtig dat daar iets sal kom van die Volkstaatplanne, ek sal regtig nie omgee vir 'n lappie aarde waar ek tuis kan voel nie!
