Gemeenskapsleiers speel rol in vreemdelinghaat

Gemeenskapsleiers het ‘n rol gespeel in die xenofobiese geweld in Mei 2008, het ‘n studie van die Internasionale Organisasie vir Migrasie wat Woensdag vrygestel is getoon.

“Die idee dat dit deur ‘n gesiglose skare veroorsaak is hou nie water nie,” het Jeanne Pierre Misago, ‘n navorser by die Geforseerde Migrasie Studies Program by Wits universiteit gesê.

“Gemeenskapsleiers was betrokke gewees.”

Hy het gesê plaaslike leiers het die xenofobiese aanvalle georganiseer om hulle geloofwaardigheid te verhoog in hulle gemeenskap.

“Hulle kan dan sê dat hulle die een ware leier van die gemeenskap is.”

Misago het gepraat omtrent die bevindings by ‘n konferensie by die Apartheidsmuseum in Johannesburg.

Misago het gesê die plaaslike leiers het ‘n koördinasie gehad in die organisering van die xenofobiese geweld in die naburige woongebiede.

Media het ook ‘n rol gespeel deur te wys hoe die skares suksesvol was in die stropery en ook die polisie se onvermoë om die situasie te kon hanteer.

clue board game onlineАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae