Man helder oordag doodgesteek

‘n Twee-en-twintigjarige man van Howick is gearresteer na hy klaarblyklik ‘n 50-jarige man doodgesteek het in Bellstraat in Howick, het KwaZulu-Natalse polisie Woensdag gesê.

Superintendent Henry Budham het gesê polisie het ‘n boodskap ontvang van ‘n moord buitekant ‘n taverne in Bellstraat omtrent 3 uur die middag.

Polisie het die liggaam van die 50-jarige Pipi Zuma buite die taverne gevind met verskeie steekwonde aan sy liggaam.

Zuma was klaarblyklik saam met iemand anders by die taverne waarna die twee het betrokke geraak het in ‘n argument. Hulle het die taverne verlaat en ‘n argument het uitgebreek, waarna Zuma doodgesteek is.

‘n Mes, waarskynlik die moordwapen, is opdie toneel gevind.

Polisie het ‘n 22-jarige man gearresteer wat binnekort voor die landdros in Howick moet verskyn.

Die ondersoek na die moord duur steeds voort.mobile casino noФильчаков прокуратура харьков