Boek bevestig Armeense volksmoord

Image

Armeense volksmoordmuseum

Volgens ‘n dokument wat behoort het aan die ministerie van binnelandse sake van die Ottomaanse ryk, het 972 Ottomaanse Armeniërs verdwyn uit die amptelike bevolkingsregisters van 1915 tot 1916.

“The remaining documents of Talat Pasha,” deur Murat Bardakci is nou beskikbaar in boekvorm en is ‘n versameling dokumente en rekords wat voorheen behoort het aan Mehmed Talap, ook bekend as Talat Pasha, die primêre argitek van die Armeense deportasies.

In Turkye kan enige gesprek oor wat gebeur het met die Ottomaanse Armeniërs ‘n openbare storm van woede tot gevolg hê.

Vir geslagte lank het die meeste Turke niks geweet van die besonderhede van die Armeense volkslagting van 1915 tot 1918 nie, toe meer as ‘n miljoen Armeniërs doodgemaak is tydens die Ottomaans-Turkse regering se reiniging van die bevolking.

Turkye het die lelikste deel van hulle verlede buite sig van mense toegesluit, op die Russiese manier, en enige melding van die gebeure uit skoolboeke en amptelike vertellings uit gehou in ‘n aggressiewe veldtog om te vergeet.

Turkye het nooit ‘n amptelike syfer van deportasies of sterftes erken nie. Sondag het die Turkse minister van buitelandse sake, Ali Babacan, gewaarsku dat president Barack Obama dalk verhoudinge kan terugdraai indien hy die volksmoord op Armeniërs sou erken voor sy besoek aan Turkye volgende maand.

Die verval van die Ottomaanse ryk was bloedig, lui die Turkse argument, en dié wat dood is was slagoffers van die chaos.

Hilmar Kaiser, ‘n historikus en kenner oor die Armeense volksmoord, het gesê die rekords wat in die boek gepubliseer was, is voldoende bewys van die Ottomaanse owerheid self dat dit ‘n beplande beleid gevolg het om die Armeniërs uit te wis. “Mens het skielik op een bladsy die bevestiging van die syfers,” het hy gesê. “Dit is asof iemand jou met ‘n kierie oor die kop slaan.”

“Dit stem ooreen met wat ons reeds weet,” het Donald Bloxham, die skrywer van “The Great Game of Genocide: Imperialism, Nationalism and the Destruction of the Ottoman Armenians”, gesê.

“Ek kon die boek nooit 10 jaar terug uitgee nie,” het Bardakci gesê. “Ek sou ‘n verraaier genoem word.”

Hy het bygevoeg dat die mentaliteit verander het.

компрессор для гаражаДанильченко Юрий отзывы