‘Hou sport en politiek apart’

ImagePolitieke sake behoort apart gehou te word van sportgeleenthede soos die 2010 Fifa Sokkerwêreldbeker, het minister van buitelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma Woensdag gesê.

“Indien daar ‘n sportgeleentheid is, behoort dit ‘n sportgebeurtenis te bly.”

Sy het gesê dit kan morsig raak wanneer ander sake by sportgeleenthede betrek word.

“Dus wil ons die 2010-sake skoon hou van ander sake…as bloot net sport.”

Verlede week het Suid-Afrika geweier dat die Dalai Lama Suid-Afrika besoek.

Die Tibettaanse geestelike leier sou 'n konferensie toespreek, wat gemik was op maniere om rassisme en xenofobie te bestry voor die 2010 Fifa Sokker.

Dinsdag het minister Barbara Hogan haar by 'n koor van protes aangesluit wat beswaarmaak teen die besluit om die Dalai Lama uit Suid-Afrika te hou tydens die konferensie.

Sy het gesê die regering behoort vir sy burgers verskoning te vra vir die besluit.

Woensdag het regeringswoordvoerder Themba Maseko gesê dat Hogan se kommentaar ''betreurenswaardig'' is.

“Die kommentaar van die minister van gesondheid is jammer, omdat die standpunt aangaande die Dalai Lama die regering se amptelike standpunt is.”комбинезон рейма для девочкиДанильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae