Mboweni waarsku teen aansienlike afplatting

ImageDaar is 'n merkbare afplatting in die Suid-Afrikaanse ekonomie, het reserwebank goewerneur Tito Mboweni Woensdag gesê.

Hy het gepraat by ‘n dinee van die Kaapstadse Rotariërs en gesê dit beteken nie dat die plaaslike ekonomie in ‘n resessie ingaan nie.

“Daar is ‘n moontlikheid dat ons twee opeenvolgende kwartale mag hê wat negatief kan groei,” het hy gesê.

Mboweni het gesê die Suid-Afrikaanse banksektor het nog goed gelyk, terwyl sy Europese eweknieë nie so vertoon nie.

“Geen banke het nog na die sentrale bank gekom en gevra vir spesiale likiditeitvoorsiening nie.”

Hy het gesê die sentrale bank bly gefokus op die drie tot ses persent inflasieteikens. Hy het wel opgemerk dat daar ‘n ligte verswakking kan wees voordat dit terugkeer na die teikensyfers.”

Mboweni het opgemerk dat daar in die toekoms verbeter moet word op die toesighouding en regulering van die wêreld se finansiële sisteme.

Dit sal verder nodig wees om seker te maak dat globale organisasies soos die IMF en die Wêreldbank nie vergeet van ontwikkelende lande nie.

Met verwysing na die plaaslike ekonomie, het hy gesê dit is belangrik dat mense “nie van depressief raak nie”.

купить пиджак сильвер спун для мальчикаФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae