Ooste van DRK raak onrustig

Vyf mense is dood in ’n aanval wat vermoedelik deur Ugandese rebelle­ naby Beni in die ooste van die Demokratiese­ Republiek van Kongo (DRK) uitgevoer is, het amptenar­e gister bekend gemaak, het AFP berig. Meer as 300 mense het in sewe maande van menseslagtings in die onluste geteisterde Noord-Kivu-provinsie­­ deur rebelle van die Allied Democratic

Lees verder: Ooste van DRK raak onrustig

Rusland, China sê VN moet uit Burundi bly

Betogers in die hoofstad, Bujumbura,­ betoog steeds teen pres. Pierre Nkurunziza­ van Burundi se aankondiging om homself vir ’n derde termyn as staatshoof verkiesbaa­r te stel. Die betogings duur voort ondanks die feit dat veiligheidsmagte­ versperrings afgebree­k het wat die afgelope dae deur betogers opgerig is. Diplomate van Rusland en China het vroeër ‘n Franse

Lees verder: Rusland, China sê VN moet uit Burundi bly

Verslag beveel aan dat McBride geskors word

Die minister van polisie, Nathi Nhleko sê ‘n verslag het aanbeveel dat Robert McBride geskors word uit sy amp omdat hy meegewerk het om sewe Zimbabwiërs in 2010 uit die land te sit. Nhleko het die Parlement se portefeuljekomitee oor polisie toegespreek. Hy het gesê ‘n onafhanklike verslag het bevind dat die omstrede McBride, wat

Lees verder: Verslag beveel aan dat McBride geskors word

Steve Hofmeyr wil referendum oor Afrikanerverraaiers sien

Die sanger Steve Hofmeyr het gister getwiet dat hy graag ‘n referendum oor Afrikanerverraaiers sou wou sien. Afrikaner referendum om verraaiers te bepaal sal my ook goed pas RT @danroodt: @Etiennefdt Afrikanerverraaiers … — Steve Hofmeyr (@steve_hofmeyr) May 12, 2015 ‘n Twieter met die naam @Bruinkameelperd het kort daarna vir Adriaan Basson as verraaier “genomineer”:

Lees verder: Steve Hofmeyr wil referendum oor Afrikanerverraaiers sien

Luukse viertrekwaens: Brits of Duits?

Party mense glo aan groter is beter. Wanneer dit by motors kom, is dit nie altyd die geval nie, veral nie met vandag se neiging na kleiner enjins en meer kompakte motors nie. Daar bestaan egter lande waar die groter-is-beter-reël nog geld en plaaslik in Suid Afrika is dit steeds die geval wanneer dit by

Lees verder: Luukse viertrekwaens: Brits of Duits?

Seuntjie se lyk in dam opgespoor

Die lyk van ’n kleuter wat Sondag in Hartebeespoortdam geslingers is toe ’n rubber-boot omgeslaan het, is deur polisie duikers gevind. Noordwes-polisiewoordvoerder Sabata Mokgwabone, sê Zandré Vosloo se liggaam is Maandag met behulp van ‘n snuffelhond opgespoor. Hy het gesê die kind se liggaam is deur ‘n polisiesnuffelhond, wat deur ‘n beampte van die duikeenheid

Lees verder: Seuntjie se lyk in dam opgespoor

SA staar voedseltekorte in die gesig

Die Wêreld-voedselprogram sê Suidelike Afrika kan in die volgende maande voedseltekorte ondervind nadat die droogte in Suid-Afrika se mieliegordel, die oeste tot minder as 50 persent beperk het. Die WVP sê Suid-Afrika se mielieoes is minstens `n derde minder as verlede jaar. Die geskatte 9,6 miljoen ton is die swakste in agt jaar, het RSG

Lees verder: SA staar voedseltekorte in die gesig

Anti-Rhodes-aktivis kla UK oor rassisme aan

Chumani Maxwele, die student wat die Cecil John Rhodes-standbeeld met menslike ontlasting gegooi het, sê sy skorsing van die Universiteit van Kaapstad is polities gemotiveer. Hy het aan News24 gesê dit handel oor ‘n politieke probleem by die UK: “Ons is besig met transformasie … [en] hulle wil ons intimideer.”   Maxwele is deel van

Lees verder: Anti-Rhodes-aktivis kla UK oor rassisme aan

Dorpe waar Boko Haram uitgedryf is bly leeg

Patroondoppies lê die wêreld vol, geplunderde handelsbanke lê in puin en uitgebrande motorwrakke staan in die strate van Michika, in die verre noorde van Nigerië se Adamawa-staat. Michika mag onder die juk van Boko Haram uit wees, maar die dorp is spookagtig stil met tekens van die militante se teenwoordigheid wat oral te siene is.

Lees verder: Dorpe waar Boko Haram uitgedryf is bly leeg

Burundi se president ignoreer VSA, Brittanje se waarskuwings

Nagenoeg 2 000 mense het gister in ’n woonbuurt van Burundi se hoofstad, Bujumbura, betoog. Dit was ’n dag nadat die regering ’n verbod geplaas het op alle straatprotes teen pres. Pierre Nkurunziza se poging om vir ’n derde termyn verkies te word. Die president sê “buitelandse magte” hits die betogers aan en probeer van

Lees verder: Burundi se president ignoreer VSA, Brittanje se waarskuwings