‘n Donker rookwolk het Woensdag oor die Manyatseng-lokasie by Ladybrand gehang. Volgens Biki Mohono, ‘n plaaslike inwoner wat nou in die lokasie is, is die situasie is buite beheer en inwoners is woedend. Hy het aan OFM gesê is daar verskillende oproeriges wat geboue brand en buitelanders se winkels plunder. Onder die plunderaars is skoolkinders
Aankondigings oor repokoers, PPI en brandstofprys verwag
Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee sal vanmiddag sy besluit oor die repokoers bekend maak. Dit is die koers waarteen die Reserwebank geld aan handelsbanke uitleen. Die koers is tans op 5,75 persent. Die meerderheid ekonome verwag dat die repokoers onveranderd gelaat sal word. Nog ‘n hoofaanduider sal wees wanneer Statistiek Suid-Afrika die Produksieprysindeks vir Februarie
Lees verder: Aankondigings oor repokoers, PPI en brandstofprys verwag
Twintigduisend, ook laerskoolkinders swanger in 2014
Die ANC se kindertoelaes vernietig onderwys, sê kenners, omdat skoolkinders deur die maandelikse uitkerings gelok word om kinders te baar. Meer as 20 000 leerlinge het verlede jaar swanger geraak. Dit is nie bekend hoeveel wit kinders swanger geraak het nie. Volgens die departement van basiese onderwys was 223 van dié leerlinge nog in laerskole.
Lees verder: Twintigduisend, ook laerskoolkinders swanger in 2014
Solidariteit, ANC stem dat ‘apartheidname’ moet verander
Dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, sê Solidariteit stem saam met die ANC dat “apartheidsname” moet weg. Hy word soos volg aangehaal op Netwerk24: Dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, het gesê hulle stem in beginsel saam dat die name met ’n apartheidsverbintenis moet waai. Die ANC wil Afrikanername
Lees verder: Solidariteit, ANC stem dat ‘apartheidname’ moet verander
Vlieënier van Alpe-rampvlug ‘uitgesluit’
Een van die twee vlieëniers op die gedoemde vlug wat in die Alpe verongeluk het, was uitgesluit uit die kajuit voor die vliegtuig met 150 mense neergestort het, het ‘n bron na aan die ondersoek Donderdag aan AFP gesê. Kajuitopnames wat van die toneel verhaal is, het aangedui dat een van die sitplekke teruggestoot word
Vredefortkoepel nie meer die grootste nie
Die Vredefortkoepel is nie meer die grootste bevestigde impakkrater ter wêreld nie. Dit volg na ’n groter krater pas in Australië ontdek is. Die Australiese krater, bekend as die Cooper Basin, is sowat 416 kilometer in deursnee. Die Vredefortkoepel is sowat 100 kilometer kleiner. Cooper Basin, noord van Adelaide, is reeds verlede jaar ontdek, maar
Brittanje wil militêr uitbrei op Falkland-eilande
Brittanje het aangekondig dat hulle hul omstrede militêre teenwoordigheid op die Falkland-eilande sal uitbrei. Rusland is na bewering ook besig met ‘n transaksie om langafstand bomwerpers aan Argentinië te verhuur. Argentinië hou vol dat Las Malvinas, soos hulle die eilande noem, aan hulle behoort. Brittanje is al vir byna twee eeue heerser oor die sowat
Lees verder: Brittanje wil militêr uitbrei op Falkland-eilande
Chabane-ongeluk was beplan sê FB-gebruiker
Die familie van die ontslape minister van die Staatsdiens, Collins Chabane, het ‘n klagte teen ‘n Facebookgebruiker, Thembani Chabane, ingedien, het RSG berig. Chabane beweer dat die ongeluk waarin die minister en sy twee lyfwagte dood is, beplan was. Chabane en sy twee wagte is dood toe hulle voertuig in die vroeë oggendure naby Polokwane
Geen oorlewendes in Alpe-vliegramp
Die Franse eerste minister, mnr. Manuel Valls, het gister gesê hy vrees al 148 passasiers en bemanningslede is dood nadat die Airbus van die Germanwings-redery op vlug GWI18G in die suide van Frankryk neergestort het. “Ons weet nog nie wat die oorsaak van die ongeluk was nie,” het Valls aan die media gesê. Valls sê
Merkel ontmoet Griekse premier
Die Duitse kanselier, Angela Merkel en die Griekse eerste minister, Alexis Tsipras het met hul ontmoeting in Berlyn glo gesels oor Griekeland se eis dat Duitsland die Grieke vergoeding skuld vir die Tweede Wêreldoorlog. Albei was vaag oor hoe om te verhoed dat Athene se geld opraak. Merkel het gesê sy wil sien dat die
