Die Vredefortkoepel is nie meer die grootste bevestigde impakkrater ter wêreld nie.
Dit volg na ’n groter krater pas in Australië ontdek is. Die Australiese krater, bekend as die Cooper Basin, is sowat 416 kilometer in deursnee. Die Vredefortkoepel is sowat 100 kilometer kleiner.
Cooper Basin, noord van Adelaide, is reeds verlede jaar ontdek, maar sy grootte is toe op sowat 200 kilometer in deursnee geraam. Verdere ondersoeke het egter aan die lig gebring dat die nuwe krater uit twee dele bestaan, elk met ’n deursnee van sowat 200 kilometer.
Wetenskaplikes vermoed die asteroïed, wat meer as 300 miljoen jaar gelede die aarde getref het, het oomblikke voor impak in twee verdeel.
Die Universiteit van die Vrystaat se Marianne Tredoux sê dit is moeilik om die grootte van sulke kraters te bepaal.

O!! ek dog Jacob is….
🙂
Die Vredefort-impak was God se geskenk aan die Afrikaner. Die impak het gelei tot die uitvloeisel van lawa bekend as die Bosveldkompleks, die rykste bron van platinagroepminerale op aarde, asook waarskynlik die goud van die Witwatersrand. Chroom, vanadium, platina, iridium en ander minerale het uit die aardkors gesyfer nav die impak.
Dit moes ‘n fantastiese ding gewees het om gade te slaan. Het jy in Pretoria gestaan 2 miljard jaar gelede, toe die impak 120km van jou af gebeur het, was jy ongetwyfeld verkool deur die skokgolf van die impak naby Vredefort. Selfs mense so ver soos Lusak sou waarskynlik gesterf het agv die impak se skokgolf. Dit sou Chixculub, die impak wat die dinosourusse laat uitsterf het, na ‘n vulletjie maak lyk het.