Brittanje wil militêr uitbrei op Falkland-eilande

Brittanje het aangekondig dat hulle hul omstrede militêre teenwoordigheid op die Falkland-eilande sal uitbrei.

Rusland is na bewering ook besig met ‘n transaksie om langafstand bomwerpers aan Argentinië te verhuur.

Argentinië hou vol dat Las Malvinas, soos hulle die eilande noem, aan hulle behoort. Brittanje is al vir byna twee eeue heerser oor die sowat 3000 inwoners.

Die herlewing van die Falkland-vraagstuk kom net ses weke voor ‘n Britse algemene verkiesing in waarin uitgawes vir wapentuig ‘n verkiesingskwessie is.

Fallon se Konserwatiewe Party is onder druk omdat die verdedigingsbegroting volgens militêre leiers en Brittanje se belangrikste bondgenoot, die Verenigde State van Amerika, krimp.

Die VSA het hierdie maand aangedui dat hy “baie bekommerd” is oor wapenuitgawes te midde van vrese dat dit onder ‘n NAVO-teiken van twee persent van staatsbesteding kan daal.

Meer as 30 jaar het verloop vandat Argentynse magte die eilande in 1982 beset het en Brittanje ‘n militêre mag gestuur het om die eilande terug te neem.

In die blitsoorlog wat gevolg het, is meer as 600 Argentyne en 255 Britse soldate gedood.

Die Britse minister van verdediging, Michael Fallon, sê hulle sal die reg van die eilandbewoners verdedig teen bedreigings om hulle toekoms te bepaal.

5 thoughts on “Brittanje wil militêr uitbrei op Falkland-eilande”

  1. Eintlik is hier ‘n les vir die Afrikanervolk te leer. Margeret Thatcher het destyds vir lord Carrington as Britse minister van buitelandse sake die trekpas gegee omdat hy nie sy plig om heilig oor Britse grondgebied te waak sou nagekom het nie sover dit die Falland-eilande betref. Dit Britte klou ook soos n neet aan Gribraltar, ondanks die Spanjaarde se ontevredenheid daarmee.
    Goed, die Britte het die kluts plaaslik kwyt geraak deur veral van die Tweede Wêreldoorlog af vreemdes vir burgerskap te aanvaar, Indiërs en Wes-Indiërs en meer en sy plaaslike turf vir vervreemding deur Moor en Indiaan oop te stel. ‘n Britse fietsryskrywer het tydens 1981 se Rapporttoer vir my gesê dis deur hulle Swartes in Britse uniform in die Tweede Wêreldoorlog toegelaat het, dat die slap houding plaaslik posgevat het. In daardie gesprek het hy ook vir my in die besonder na die Amerikaners verwys wat dieselfde noodlottige stap in die Tweede Wêreldoorlog te doen. Hy het in die verband na die Amerikaanse bokser Joe Louis verwys wat Amerikaanse soldaat in WO2 was.
    Wat die Falklande betref, dit gaan oor die belangrike beginsel van territoriale integriteit, vra maar vir enige politikus oral in die wêreld hoe belangrik dit is. Dit is net die Afrikanervolk wat toelaat dat sommer landbou-organisasies met ‘n kommunistiese bewind onderhandel oor sy vaderland. Die landbou-organisasies sal vanselfsprekend in so ‘n saak net na landboubelange omsien, die politieke belang van die Afrikanervolk se vaderland, wie wil waag om aan te voer dis op die landbou-organisasies se agenda wanneer daar so flink met die ANC-regime oor grondhervorming onderhandel word.

  2. Hier moet een of ander strategiese doel agter dit wees. Die Falkland eilande moet een of ander strategiese waarde vir die Ingelse he. Iets is aan die broei.
    Dit laat my wonder oor ons land en Mugabe se koninkrykie.Mugabe is en was nog altyd ‘n Ingelse probleem–hoekom het hulle nog niks gedoen om van die vent ontslae te raak nie ?
    Het Zimbabwe dalk nie werklik groot strategiese waarde nie ?
    En Suid Afrika dan? As die Falkland eilande strategiese waarde het, hoeveel te meer die suidpunt van Afrika ? Ten spyte van modern oorlogstegnologie bly die see roete om die Kaap nog steeds van uiterste belang, al is dit net om vrag te vervoer.
    Iewers is iets aan die broei, en ek sal nie verbaas wees as hierdie land in die nie te verre toekoms openlike buitelandse inmenging gaan beleef nie.

Maak 'n opvolg-bydrae