Windbestuiwing by die Curroskool

In Sub A het ons lessenaars gehad waarop ons so twee-twee gesit het. Dit was sulke houtlessenaars, suur van die sweet van talle vorige geslagte skoolkinders. My lessenaarmaatjie was die slimste kind in die klas, Suzette. Ek was doodbang vir haar, selfs banger as vir die juffrou. Suzette het rooi hare en sproete gehad, en

Lees verder: Windbestuiwing by die Curroskool

Eugene de Kock kry parool, CDL sit

Voormalige Vlakplaas bevelvoerder Eugene de Kock sal op parool vrygelaat word, het die minister van justisie, Michael Masutha Vrydag gesê. Die voormalige polisiekolonel, ook bekend as “Prime Evil” is deur die ANC geloof toe hy ander oud-lede daarvan beskuldig het dat hulle nie verantwoordelikheid vir apartheidsveiligheid wil neem nie. Hy het gesê oudlede het “nie

Lees verder: Eugene de Kock kry parool, CDL sit

News24 verhef Max tot stryder vir nuwe ANC-faksie

Andrew Trench, hoofredakteur van News24, het die afgeleefde Boerehater Max du Preez Donderdag in verklaring geloof. “Sy reputasie vir die waarheid, sy passie vir persvryheid en sy kaliber joernalistiek maak hom een van die bestes, en presies die soort mening wat ons by News24 wil hê.” Du Preez beskik juis nie oor enige van die

Lees verder: News24 verhef Max tot stryder vir nuwe ANC-faksie

Plaaswag-eienaar kry swaarste vonnis

Rudolf Struwig (51), eienaar van ʼn plaaswagonderneming, is Donderdag in die Pietermaritzburg hooggeregshof twee keer lewenslank gevonnis vir die moorde op twee swart plaaswerkers. Die swart werkers was glo “moeilikheidmakers”. Regter Igna Stretch het die swaarste vonnis oor Struwig uitgespreek. Trevor Ndlovu is in Junie 2004 in Howick geskiet en is weke later in ‘n

Lees verder: Plaaswag-eienaar kry swaarste vonnis

ANC ignoreer AgriSA oor grondplafon

Agri SA sê hulle is “teleurgesteld” met die ANC se aankondiging dat ‘n grondplafon-plan ingestel gaan word om grondbesit tot een of twee plase van altesaam 12 000 hektaar te beperk. Agri SA se adjunkpresident, Dan Kriek, sê dit is onverstaanbaar waarom hierdie aankondiging gedoen is, terwyl landbourolspelers vroeër tot Maart tyd gegee is om

Lees verder: ANC ignoreer AgriSA oor grondplafon

CDL en twee ander hoor vandag oor parool

Die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder Eugene de Kock en ‘n voormalige BSB-agent Ferdi Barnard, sowel as Clive Derby Lewis sal vandag weet of hulle op parool vrygelaat gaan word, het RSG berig. Die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Micheal Masutha sal vanoggend aankondig of die 79-jarige Derby-Lewis se aansoek om mediese parool toegestaan word. Hy sal

Lees verder: CDL en twee ander hoor vandag oor parool

Biltong is ‘n ekonomiese bielie

Biltong beteken vir die Suid-Afrikaanse ekonomie jaarliks meer as R2,5 miljard. Dit blyk uit navorsing deur die Noordwes-Universiteit. Melville Saayman sê die studie het die gewildheid en waarde van biltong en wildsvleis probeer bepaal. Vyf-en-dertig persent van die respondente het aangedui dat kudu die gewildste wildsvleis is, gevolg deur springbok, impala, eland, wildebees, blesbok en

Lees verder: Biltong is ‘n ekonomiese bielie

Lae oliepryse knou Sasol se Amerikaanse projek

Sasol het besluit om ‘n beplande gas-tot-brandstofaanleg in Louisiana, Amerika, uit te stel genoop deur lae oliepryse. Sasol het ‘n omvattende plan aangekondig om kapitaalbesteding in te kort in reaksie op dalende internasionale oliepryse. Sy aandeelprys het intussen skerp geval. Alhoewel die maatskappy brandstof uit goedkoop plaaslike steenkool vervaardig, word die brandstof verkoop teen staatsgereguleerde

Lees verder: Lae oliepryse knou Sasol se Amerikaanse projek

Plaasaanvallers gefnuik

Vyf verdagtes van Potchefstroom in Noordwes sal vandag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hulle ‘n plaashuis by Viljoenskroon in die Vrystaat wou aanval. Die boosdoeners is egter in hul spore gestuit. Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Thabo Litabe, sê die polisie het inligting ontvang dat die vermeende plaasaanvallers, tussen die ouderdomme van 21 en 39,

Lees verder: Plaasaanvallers gefnuik

Staatsamptenare kry verhoging

‘n Verhoging vir staatsamptenare is goedgekeur en sal beteken dat President Jacob Zuma se salaris nou meer as R2.7 miljoen jaarliks sal wees. Die Onafhanklike Kommissie vir die Vergoeding van Staatsmptenare het gister sy aanbeveling rakende salarisse in die openbare sektor gemaak. Staatsamptenare wat meer as R1 miljoen verdien, sal ‘n vyf persent verhoging ontvang

Lees verder: Staatsamptenare kry verhoging