praag.co.za

Staatsamptenare kry verhoging

Written by

in

,

‘n Verhoging vir staatsamptenare is goedgekeur en sal beteken dat President Jacob Zuma se salaris nou meer as R2.7 miljoen jaarliks sal wees.

Die Onafhanklike Kommissie vir die Vergoeding van Staatsmptenare het gister sy aanbeveling rakende salarisse in die openbare sektor gemaak.

Staatsamptenare wat meer as R1 miljoen verdien, sal ‘n vyf persent verhoging ontvang en amptenare wat minder as R1 miljoen ontvang sal ‘n ses persent verhoging kry.

Die verhoging sal terugwerkend vanaf 1 April 2014 geld.

Adjunk-president Cyril Ramaphosa se salaris sal verhoog vanaf R2.47 miljoen na R2.6 miljoen rand. Regters in die Grondwethof en Appèlhofregters se salarisse sal vanaf net minder as R2 miljoen na R2.08 miljoen verhoog, terwyl ‘n regter in die Hooggeregshof nou R1.69 miljoen sal verdien.

Comments

6 responses to “Staatsamptenare kry verhoging”

  1. Kaylee van Yken Avatar
    Kaylee van Yken

    Dis om van naar te word, nie een van hulle verdien daardie astronomiese salarisse nie, wat nog die verhogings. Intussen krepeer die gepeupel.

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Dis mos maar hoe koningkryke werk. Die koning vat en die mense tjop af. (As iemand dink ons leef in ‘n demokrasie dink weer)

  2. Geldbeer Avatar
    Geldbeer

    Waar sluit ek aan? Die luiste mense in die wereld word die meeste betaal.

    1. Kaylee van Yken Avatar
      Kaylee van Yken

      Luiste en mees onbekwame.

  3. Andrea Avatar
    Andrea

    En hoeveel mag hy nou meer steel?

  4. Dolk Avatar
    Dolk

    Ek het iewers gelees dat hy belasting betaal vir lelik lyk… Haai – is ek nou lelik om dit oor te vertel? Volgens die foto se beduie – net so klein bietjie lelik…

Leave a Reply