Beeld, Burger en Volksblad nie meer op internet

Media24 het besluit om van vandag af nie meer sy drie dagblaaie Beeld, Die Burger en Die Volksblad aanlyn beskikbaar te stel nie. Slegs ‘n gekonsolideerde webwerf, Netwerk24, sal voortaan aanlyn gelees kan word. Ook die Sondagkoerant Rapport word daardeur geraak, want as ‘n leser Rapport se URL intik, word ‘n mens insgelyks na Netwerk24

Lees verder: Beeld, Burger en Volksblad nie meer op internet

Namibië binnekort stembus toe

Namibiërs gaan op 28 November vanjaar stembus toe om vir lede van die Nasionale Vergadering en ’n nuwe president te stem. Anders as in vorige jare, sal die verkiesings vanjaar net op een dag plaasvind en nie soos in die verlede oor twee dae nie. Die kwessie van twee stemdae was in die verlede ’n

Lees verder: Namibië binnekort stembus toe

Eerste geval van ebola in VSA

Die eerste geval van ebola is in Amerika gediagnoseer, het RSG berig. Amerikaanse gesondheidsowerhede sê ‘n man wat in Liberië die siekte opgedoen het, is in ‘n hospitaal in Dallas opgeneem, ses dae nadat hy in die land aangekom het. Die Amerikaanse sentrum vir die beheer en voorkoming van siektes sê familielede van die man

Lees verder: Eerste geval van ebola in VSA

EU bemoedig deur Oekraïne-vredespogings

Die Europese Unie het gesê hulle is bemoedig deur onlangse verwikkelinge in die Oekraïne. EU-ambassadeurs het in Brussel byeengekom om die situasie in die Oekraïne te bespreek. ‘n Woordvoerder sê die EU sal die opheffings van sanksies teen Rusland oorweeg wanneer die situasie in die Oekraïne dit toelaat. Hulle wil toesien dat die Minsk-vredesooreenkoms tussen

Lees verder: EU bemoedig deur Oekraïne-vredespogings

Trevor Manuel sluit van vandag af by Rothschild-groep aan

Trevor Manual, Suid-Afrika se voormalige minister van finansies, het Maandag by die Rothschild-groep aangesluit waar hy as finansiële adviseur sal dien. “Dis met genoeë dat Rothschild aankodig dat Trevor Manuel as ‘n senior adviseur vir die wêreldwye groep aangestel is, asook adjunkvoorsitter van Rotschild Suid-Afrika met ingang vanaf 1 Oktober 2014,” het die voorsitter, David

Lees verder: Trevor Manuel sluit van vandag af by Rothschild-groep aan

Hoëveldse NG Kerk omhels ‘veelkleurige gemeenskappe’ en ‘diversiteit’

Die Hoëveld-sinode van die NG Kerk het vroeër vandeesmaand tydens sy sitting besluit om die Amerikaanse ideaal van “diversiteit” te omhels. Die tema van die sinode was “Veelkleurige gemeentes na ’n veelkleurige gemeenskap”. “Ons het dié tema gekies, want ons erken en omarm diversiteit. Diversiteit is ons sterk punt,” meen dr. Hugo van der Linde

Lees verder: Hoëveldse NG Kerk omhels ‘veelkleurige gemeenskappe’ en ‘diversiteit’

Engelse Maties nie geskors oor rassisme nie

Universiteit Stellenbosch sê kritiese debat is meer waardevol as dissiplinêre optrede teen studente wat hulleself as swartes vermom het vir pret. Die kommunikasie en skakeling departement sê in ‘n verklaring “‘n kritiese debat en versoenende gesprekke is van veel groter waarde vir Universiteit van Stellenbosch se studentegemeenskap as optrede teen die studente.” ‘n Derde persoon

Lees verder: Engelse Maties nie geskors oor rassisme nie

ANC-Jeugliga wil Woolworths sluit

Die ANC-jeugliga wil verseker dat geen groente uit Israel op Suid-Afrikaners se borde beland nie. Jeugliga-ondersteuners, in ANC T-hemde, het buite die Woolworths-hoofkantoor in Kaapstad Maandag betoog en geëis dat die kleinhandelonderneming bande met die Israeliese verskaffers beëindig. Suid-Afrikaners moet Woolworths boikot omdat die winkelketting die “apartheid-staat” ondersteun. Woolworths voer pretzels, matzos, lietsjies, mango’s, kersies

Lees verder: ANC-Jeugliga wil Woolworths sluit

Swart dosent glo soos dier geslag

Die bebloede lyk van ’n swart dosent en nagraadse student aan die Universiteit van die Vrystaat, wat “soos ’n dier geslag” is, is in sy woonstel in Bloemfontein gekry. ’n Klag van moord word ondersoek. Hy is die vierde Kovsie-student wat die laaste twee maande onnatuurlik dood is. Lehlohonolo Mathengtheng (27), was ’n dosent in die

Lees verder: Swart dosent glo soos dier geslag

Westinghouse vat Eskom aan oor ‘politieke inmenging’

Westinghouse, ‘n Amerikaans-Japanse kernkragmaatskappy het Maandag ’n tweede hofgeding teen Eskom aanhangig gemaak. Die toekenning van die Koeberg-vernuwingskontrak aan die Franse maatskappy Areva is in die spervuur. Westinghouse het Maandag hofstukke by die Suid-Gautengse hooggeregshof ingedien waarin hy die hof versoek om die kontrak van R4,2 miljard wat Eskom in Augustus aan Areva toegeken het, nietig

Lees verder: Westinghouse vat Eskom aan oor ‘politieke inmenging’