Ma glo kind is byna ontvoer

‘n Ma van Kemptonpark glo haar dogter kon dalk voor ‘n laerskool ontvoer gewees het, het sy ‘n minuut later opgedaag. Natanya Gerber het laas Donderdag gesien hoe ‘n wit Nissan-bakkie verdag langs haar dogter buite Laerskool Birchleigh gestop het. Sy was op pad om haar kinders by die skool op te tel toe sy

Lees verder: Ma glo kind is byna ontvoer

Ondersoek na EFF-wangedrag gaan voort

Die Parlement se Komitee oor Bevoegdhede en Voorregte sal vandag voortgaan met sy ondersoek na die wangedrag van 20 Parlementslede van die Ekonomiese Vryheidsvegters. Die LP’s sal nie teenwoordig wees nie, nadat hulle Dinsdag uitgestap het, het RSG berig. Die EFF-leier, Julius Malema, het die geloofwaardigheid van die komitee bevraagteken en gevra het dat alle

Lees verder: Ondersoek na EFF-wangedrag gaan voort

Renjaer se herstelkans skraal na botsing

Die Franse Formule Een renjaer, Jules Bianchi se kanse om te herstel is skraal. Hy is reeds vir ‘n derde dag in ‘n hoë sorg-eenheid. Spesialiste en Bianchi se familie het vroeër bekendgemaak dat hy ‘n ernstige kopbesering opgedoen het tydens ‘n botsing by die Japannese Grand Prix. Spesialiste sê die trauma is regoor sy

Lees verder: Renjaer se herstelkans skraal na botsing

Oproer nadat kragdiewe doodskok

Sowat 500 oproeriges versper tans die R102 by Tongaat, noord van Durban met brandende bande en klippe. ‘n Polisiewoordvoerder, Thulani Zwane sê die gemeenskap eis wateraansluitings en elektrisiteit. Die oproer het begin toe drie mense Dinsdag doodgeskok het terwyl hulle elektrisiteit gesteel het. Die drie het na bewering gepoog om onwettige kragverbindings aan te lê.

Lees verder: Oproer nadat kragdiewe doodskok

Nobelprys vir fisika aan LED-uitvinders

Twee Japannese en ‘n Japannese Amerikaner het die Nobelprys vir fisika vir 2014 losgeslaan met hul uitvinding van ’n blou liggewende diode (LED) – die deurbraak wat nodig was om wit LED-lampe te kan maak. Isamu Akasaki en Hiroshi Amano van Japan en Shuji Nakamura van Amerika se deurbraak “sal waarskynlik daartoe lei dat die

Lees verder: Nobelprys vir fisika aan LED-uitvinders

Europa kan nog ebola-gevalle kry

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het gister gewaarsku Europa kan ongetwyfeld nog gevalle van ebola kan verwag nadat ’n Spaanse verpleegster die eerste persoon geword het wat Ebola buite Afrika opgedoen het. Daar is wêreldwyd groot kommer dat Ebola kan versprei buite die grense van Wes-Afrika, waar meer as 3 400 reeds vanjaar dood is, het Reuters berig.

Lees verder: Europa kan nog ebola-gevalle kry

Marrokkaanse diplomaat vermoor

Die onnatuurlike dood van ‘n diplomaat van die Marokkaanse konsulaat in Pretoria word ondersoek. Sy kollegas het hom dood aangetref in ‘n plas bloed. Hy het nie vir werk opgedaag nie en onraad is vermoed. Die polisie sê Fatmi Noureddine se kollegas het na hom gaan soek in die gastehuis waar hy tuisgegaan het in

Lees verder: Marrokkaanse diplomaat vermoor

Boere vind polisiekommissaris se benadering tot plaasmoorde ligsinnig

“Iemand moet die Nasionale Kommissaris van Polisie, Riah Phiyega, asseblief help met die vertolking van plaasmoord statistieke.”  So sê TLU SA se Adjunk-President en Voorsitter van die Veiligheidskomitee, mnr. Henry Geldenhuys, na aanleiding van die kommissaris se voorlegging aan die Menseregte Kommissie (MRK) waarin sy meld dat plaasmoorde afneem, en dat daar geen verskil is

Lees verder: Boere vind polisiekommissaris se benadering tot plaasmoorde ligsinnig

OFM en Jacaranda plaas verbod op Steve Hofmeyr

Die bestuur van die radiostasie OFM het ‘n verbod op Steve Hofmeyr se musiek geplaas omdat hulle van sy politieke oortuigings verskil. Volgens die radiostasie is Hofmeyr nie meer ‘n “hoofstroom”-kunstenaar nie. Gary Stroebel, uitvoerende hoof van Central Media Group, wat OFM besit, het die verbod bevestig nadat Hofmeyr op sy Facebook-blad gesê het OFM

Lees verder: OFM en Jacaranda plaas verbod op Steve Hofmeyr

MRK kla oor aangehoudenes in Limpopo

Die Menseregtekommissie, MRK, sê verdagtes wat by die Maake-polisiestasie buite Tzaneen in Limpopo aangehou word, se reg tot ‘n gesonde omgewing word geskend, het RSG berig. Een-en-vyftig verhoorafwagtende gevangenes word volgens berigte aangehou sonder enige toegang tot water en sanitasie. ‘n Bron by die polisiestasie sê daar is nou al vir meer as ‘n week

Lees verder: MRK kla oor aangehoudenes in Limpopo