praag.co.za

Marrokkaanse diplomaat vermoor

Written by

in

,

Die onnatuurlike dood van ‘n diplomaat van die Marokkaanse konsulaat in Pretoria word ondersoek.

Sy kollegas het hom dood aangetref in ‘n plas bloed. Hy het nie vir werk opgedaag nie en onraad is vermoed.

Die polisie sê Fatmi Noureddine se kollegas het na hom gaan soek in die gastehuis waar hy tuisgegaan het in Monumentpark.

Die diplomaat het nie sy gesin saamgebring na Suid-Afrika nie.

‘n Nuusbron uit Noord-Afrika het berig dat Nourreddine in ‘n sluipmoord vermoor is.

Sy foon was ook afgeskakel. ‘n Selfoon word vermis, maar dit is nie bekend of enige geld geroof is nie.

Comments

2 responses to “Marrokkaanse diplomaat vermoor”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Dit is mos nou net diefstal as ons die ZA polisie kan glo.

  2. Witbeer Avatar
    Witbeer

    wat was die prozzie se naam?

Leave a Reply