praag.co.za

OFM en Jacaranda plaas verbod op Steve Hofmeyr

Written by

in

,

Die bestuur van die radiostasie OFM het ‘n verbod op Steve Hofmeyr se musiek geplaas omdat hulle van sy politieke oortuigings verskil.

Volgens die radiostasie is Hofmeyr nie meer ‘n “hoofstroom”-kunstenaar nie.

Gary Stroebel, uitvoerende hoof van Central Media Group, wat OFM besit, het die verbod bevestig nadat Hofmeyr op sy Facebook-blad gesê het OFM en Jacaranda FM weier om musiek van sy jongste album, Toeka 3, te speel.

Volgens Stroebel het Hofmeyr aangehou om “Die Stem” te sing nadat hy uitdruklik gevra is om dit nie te doen nie.

“Dis jammer dat hy gekies het om so op te tree teenoor dié stasies wat gehelp het om sy mediaprofiel te bou – en sy fortuin te maak – omdat dit sy persoonlike politieke ambisies pas.”

Stroebel het verder gesê Hofmeyr moet die stasie direk kontak om sy klagtes te bespreek en nie “sy vuil wasgoed in die openbaar uithang nie”.

Kevin Fine, bestuurder van Jacaranda FM, het in reaksie op die die verbod gesê Steve se musiek is nie goed genoeg nie. “As die liedjie nie goed genoeg is nie, sal dit nie die speellys haal nie.”

Comments

35 responses to “OFM en Jacaranda plaas verbod op Steve Hofmeyr”

  1. Rutger Avatar
    Rutger

    Want Gary Stroebel en Kevin Fine bepaal wie’s hoofstroom en wie nie? Klink nie vir my na Afrikaanse name nie

    1. StalinX Avatar
      StalinX

      Hulle dag sal kom, dan gaan hulle gatkruipery hulle net mooi niks help nie. Die volkie raak mal en besef dit nie eers nie!

      1. Witbeer Avatar
        Witbeer

        Hoe gouer hoe beter, weer haas jag hou in die aand. Klink of Fine se pienk onderok uithang

    2. Rentia Diedericks Avatar
      Rentia Diedericks

      Nee, is dit nie te snaaks hoe ‘n ander volk vir ons moet besluit waarvan ons sal hou nie?

    3. Guest Avatar
      Guest

      To uphold the myth that only “elected” government can rule. Years of rule by London, actually. No argument about democracy please, lest we find out that the blacks could not care less about the Koolaid from Oh-FM and Canceranda

      1. FR2P Avatar
        FR2P

        Democracy-for-the-one-percent-worthless-ballots-for-the-rest.

  2. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Wie luister in elk geval nog na rakkerjanda, (ka..erranda as jy my vra)?

    Het hierdie spul libnazis nie al lankal begin met die verguising van die Afrikaner en sy taal nie? Hulle bersig daar een of ander kreools wat platvloers is. Verder het hulle niks beter om oor naweke te doen as om “skandalige” nuus oor een of ander regse groep uit te saai nie (dieselfde met 702 en sy britse base en omroepers). Verder het hulle vir grian (die g weet almal waarvoor dit staan) wat sy snert uitblaker in die oggende. Baie meer vreugde in my lewe vandat ek dit afgeskakel het. Mens luister ook nie meer na radio sonder God nie en radio PTA is ook gerysmier –

    Ek kry liewer my nuus hier en my musiek stroom ek elders van die internet af want selfs Classic FM wat halfordentlike musiek speel se pro britse inslag is om van te kots.

    1. Götterdammerung Avatar
      Götterdammerung

      Ek luister Bosveld Stereo – lekker Afrikaanse musiek, met Afrikaans omroepers wat Afrikaans praat. So nou en dan het hulle ‘n Ingelse nuusberig en dan klink dit kompleet soos Jannie van Brakpan wat die rooitaal probeer praat. 107.5 FM

      1. jan Avatar
        jan

        Radio Rosestad is aanlyn internet. en 100.6 FM

    2. eduard Avatar
      eduard

      Dit is jammerlik dat daar nie ‘n Afrikaanse sender is wat net klassieke musiek uitsaai nie. Dit is per slot van rekening ons erfenis. Die ClassicFM is nou eintlik K4FM en daar word tot vervelens toe gebabbel oor twak wat niemand wil hoor nie. Ons soek klassieke musiek sonder ophou, veral op die pad.

      1. Rooikop Avatar
        Rooikop

        Stem saam – elke keer as hulle die “Soweto string quartet” se goed speel sit ek af. Verder wil ek nog ‘n klag gaan lê vir haatspraak teen hulle – hulle het Saterdag oggend die 29e Oktober so ongeveer 8 uur die oggend ‘n kooruitvoering van dibulu ibhunu gespeel – as juliaaas dit nie mag sing nie mag hulle dit verseker ook nie uitsaai nie.

        1. Betzie van Rensburg Avatar
          Betzie van Rensburg

          Kantlyn opmerking : sou dit haatlike H. wees wat gesê het as sekere leerlinge bv. vioolspel bemeester , moet jy eintlik die leermeester prys ?
          Terloops , as dit nie vir my wiskunde onderwyser was nie , sou ek nie daarin n goeie simbool kon behaal nie . Dit was egter nie my aanleg nie .

          1. Rooikop Avatar
            Rooikop

            Betzie soos jy tereg hier noem is dat met harde werk en ‘n goeie leermeester kan mens dinge baasraak wat nie jou aanleg is nie. (Dit was so vir my met tale – beide Afrikaans en Engels op Skool, wonderlike onderwyseresse met ‘n passie vir dit wat hulle doen)

            As ek sien hoeveel mense deesdae net wiskunde los (en ek praat van ons eie mense) dan is dit skrikwekkend. Jy kies sommer al op 15 dat jy vir die res van jou lewe wil sukkel. Op daardie jong ouderdom kan mens ook maar hard werk,die ure insit om wiskunde baas te raak – almal hoef nie wiskundiges te word nie maar dit is daardie ekstra insit, daardie satisfaksie wat dit ook bring en dan die verbeterde lewensomstandighede wat jy vir jouself so kan bewerk maak alles die moeite werd.

  3. Susan Avatar
    Susan

    Boikot al Jakanranda se adverteerders tot hulle vir Steve terug plaas.

  4. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Die Libnazis is tog sooooo bang dat daar meer as twee Afrikaners saamstaan. Steve mag die twee dalk net bymekaar uitbring en moet dus stilgemaak word. Julle GAAN DIT NIE REGKRY NIE.

  5. Ons vir jou "Ou" Suid Afrika Avatar
    Ons vir jou “Ou” Suid Afrika

    Is hulle dalk bang “Die Stem” bring ons blanke volk weer bymekaar om saam te staan?

    1. Witbeer Avatar
      Witbeer

      Beslis, want dan gaan die poefeters, 46664 afgot aanbidders en liberals van mof Jacaranda weer moet hardloop. Nou rek hulle bek oor al wat euwel is. Pienk poef van die Jacaranda oggend aanbieding wil mos nie he mense moet na hom luister wat die Bybel goedgesind is nie. Fine is so links hy alweer regs.
      Steve was goed genoeg om hulle op die “map” te sit. HGou so aan liberals julle bring die val baie vinniger nader……..cant wait.

    2. RSA PATRIOT Avatar
      RSA PATRIOT

      Ja verseker. Hier in Weskaapland, tuisprovinsie van ‘n breinsiekte genaamd “Radikale Liberalisme” oftewel “DA-isme”, speel die radiostasies ook nie Steve se musiek nie. Hulle bewe seker wanneer hulle verneem dat daar enige sprake van Afrikanereenheid is. Want hulle weet watter onstuitbare krag Afrikanereenheid beteken. Daarom onderdruk hulle dit.

      1. Andy Avatar
        Andy

        Naand RSA PATRIOT,
        ek het net vandag oor Bokradio gehoor hulle het eersdaags n besoek deur Steve, waar hulle dan oor die lug die onderhoud gaan uitsaai.
        Hulle gee ook kaartjies as prys uit in n kompetisie, waar die wenners dan n optrede van Steve kan bywoon.

        1. RSA PATRIOT Avatar
          RSA PATRIOT

          Watter kompetisie sou dit wees?

          1. Andy Avatar
            Andy

            Ek vermoed dit was iets wat net gedurende daardie spesifieke dag was, en dan moes luisteraars inbel met die antwoord.
            Ek was op pad en besig om te bestuur dus nie veel aandag daarop gevestig, net kennis geneem. (:-))

    3. Andrea Avatar
      Andrea

      Nee, hulle is bang hulle gaan verplig word om al die verse saam te sing, ons almal weet dis te veel vir ‘n insittende om te onthou.

    4. Andy Avatar
      Andy

      Dit is Presies Dit.

  6. RSA PATRIOT Avatar
    RSA PATRIOT

    So probeer die media die onstuitbare ideaal van nasionalisme doodslaan. Soos 100 jaar terug is hierdie Afrikanervolk weer in opstand vir homself en sy onselfsugtige ideaal om homself te red. Niks kan dit keer nie. Glo dit of nie – nasionalisme is in die toeneem in die land. Wanneer daar eers liedjies gesing word, flieks gemaak word en boeke gekryf word vir ‘n volk, dan is dit só. Maak julle sitplekgordels vas. Dit gaan ‘n lang en moeilike rit wees met die onnosele liberaliste in ons midde. Soos voorheen gaan dit wees – Nasionaliste 1, “Progressiewes” – 0. Dan kan ons die stryd met die massas aanpak in eenheid.

    1. Andy Avatar
      Andy

      Hier kom n ding, Die Afrikaners wil sing

  7. Andrea Avatar
    Andrea

    Deesdae speel jacaranda ook meer beyonce/rihanna/michael jackson as enigiets Afrikaans! Mensig, as ek nog EEN keer johny clegg se gemors moet hoor gaan ek iets oorkom! En hoekom al hierdie 80’s kunstenaars so in ons kele af dwing? pj powers, jy het beter geklink toe jy dronk was! As hulle REGTIG nostalgies is oor die “ou” kunstenare, speel dan Gé Korsten! En ja, daar is niks so mooi vir pienkie in die oggend soos die klank van sy eie stem nie.

  8. Dolk Avatar
    Dolk

    Goeie punt. Helaas sonder belangstelling sal dit so bly… Wie is hulle? – is proaktief. 😉

    ‘n Lys sal waardeer word – plaas dit op Praag Iemand asb. – dan laat weet ons hulle skakelbeamptes daarvan. Sielkunde werk weerskante toe.

  9. Andy Avatar
    Andy

    Dit Heinrich, is presies wat gaan gebeur. Hulle gaan luistertalle verloor, ek is seker.

  10. Amanda Avatar
    Amanda

    You go Steve! Ons staan 100% agter jou! Steve vir President!

  11. Susan Avatar
    Susan

    “Die Stem uit die volkslied gelaat word”? n “volkslied” wat skande en onbekwaamheid, diskriminasie, wanadministrasie magsmisbruik, diefstal, geweld en wreedaardige moorde teen blankes verteenwoordig? Baiesukkel mag

    jou volkslied wees maar verseker nie die Afrikaners sin nie en nog minder myne.

  12. Betzie van Rensburg Avatar
    Betzie van Rensburg

    Daar is n verskil tussen die prys van vars eiers en vrot eiers , mits jy toets daarvoor .

  13. Betzie van Rensburg Avatar
    Betzie van Rensburg

    As jy Nkosi Whatever as jou volkslied beskou , dink ek jy verstaan dalk nie heeltemal wat die omvang van skade is wat reeds aan die Afrikaner gedoen is
    nie .

  14. Dolk Avatar
    Dolk

    Christien Scheepers said: “English should be the first language of all in the world……..Afrikaans and all the other are useless once you leave the borders of your country. Teach indigenous languages but make it possible for our children to be citizens of the world .

    I attended a merSETA meeting recently and those guys, all black, spoke PERFECT English, Afrikaans and their own black languages. I was sooooo impressed.”

    To you I say: Get behind me Cerastes… Want jy praat met ‘n gevurkte tong Christien…

  15. RSA PATRIOT Avatar
    RSA PATRIOT

    As die goewerment Steve se “Stem” singery as ‘n verskoning wil gebruik om die “Stem” gedeelte uit die volkslied te haal, sal ons die goewerment se swak styl as ‘n verskoning gebruik om die volle “Stem” elke liewe dag te sing en as ons volkslied te aanvaar.

    Volkslied = VOLK + s + lied.
    Van wanneer af is liedjies vir die Afrika-gode deel van ons volk?

  16. Dolk Avatar
    Dolk

    Ek sal liewer stilbly oor jou kommentaar… Want jy praat louter onsin. Sagkens gestel.

Leave a Reply