MRK kla oor aangehoudenes in Limpopo

Die Menseregtekommissie, MRK, sê verdagtes wat by die Maake-polisiestasie buite Tzaneen in Limpopo aangehou word, se reg tot ‘n gesonde omgewing word geskend, het RSG berig.

Een-en-vyftig verhoorafwagtende gevangenes word volgens berigte aangehou sonder enige toegang tot water en sanitasie.

‘n Bron by die polisiestasie sê daar is nou al vir meer as ‘n week watertekorte. ‘n Woordvoerder van die kommissie, Victor Mavhidula sê hulle sal die polisiestasie besoek om te kyk watter gebeurlikheidsplanne die bestuur in werking gestel het, en hoe die gevangenes gehelp kan word.

Hy sê so ‘n situasie kan baie siektes tot gevolg hê.

2 thoughts on “MRK kla oor aangehoudenes in Limpopo”

  1. Weet die Weasel van MRK dat daar nog steeds AWB lede in aanhouding na meer as 25 jaar? gee hulle om?
    Weet Weasel dat daar n Boeremag gestig is deur NIA om hulself te laat goed lyk en onskuldiges in n nie -so-gesonde-omgewing te plass vir 20 jaar?
    Ek het vir 7 dae nie water gehad nie waar was Weasel?

Maak 'n opvolg-bydrae