Die Franse Formule Een renjaer, Jules Bianchi se kanse om te herstel is skraal. Hy is reeds vir ‘n derde dag in ‘n hoë sorg-eenheid.
Spesialiste en Bianchi se familie het vroeër bekendgemaak dat hy ‘n ernstige kopbesering opgedoen het tydens ‘n botsing by die Japannese Grand Prix.
Spesialiste sê die trauma is regoor sy brein versprei, en nie op een plek gekonsentreer nie.
Dit is veroorsaak deur ‘n skokgolf deur die brein weens die skielike impak van die botsing.
Die 25-jarige Bianchi is bewusteloos na die hospitaal gehaas waar hy ‘n noodoperasie ondergaan het nadat hy tydens Sondag se Grand Prix in Suzuka teen ‘n noodvoertuig gebots het.
