Die Franse Formule Een renjaer, Jules Bianchi se kanse om te herstel is skraal. Hy is reeds vir ‘n derde dag in ‘n hoë sorg-eenheid.
Spesialiste en Bianchi se familie het vroeër bekendgemaak dat hy ‘n ernstige kopbesering opgedoen het tydens ‘n botsing by die Japannese Grand Prix.
Spesialiste sê die trauma is regoor sy brein versprei, en nie op een plek gekonsentreer nie.
Dit is veroorsaak deur ‘n skokgolf deur die brein weens die skielike impak van die botsing.
Die 25-jarige Bianchi is bewusteloos na die hospitaal gehaas waar hy ‘n noodoperasie ondergaan het nadat hy tydens Sondag se Grand Prix in Suzuka teen ‘n noodvoertuig gebots het.

“… tydens Sondag se Grand Prix in ‘n Suzuka teen ‘n noodvoertuig gebots het.”
“…in ‘n Suzuka …”?
Dit moet wees ” … in Suzuka …”
Dankie vir jou dankie, mnr. Gas
“Regardless of … experience or expertise, all writers … need editors (Bowles)”
‘Teksversorgers, ook soms genoem proeflesers, taalversorgers, teks-redakteurs of redigeerders, speel ’n belangrike rol in die persklaarmaak van enige dokument. Dit word spesifiek uit die vakliteratuur duidelik dat teksversorgers baie meer doen as om bloot tik- en spelfoute reg te maak…. ‘
Dit is dan ook my doel om die betekenis van die berig duideliker en meer korrek te help maak.
Dankie, ons waardeer dit!
So reageer ‘n volwasse persoon. Respek vlieg uit na u toe.
“jy laat egter heelwat deur jou nette swem” …. so waar!
Ek help waar ek kan
maar ons benodig ‘n span …
Skuus man! 😉 (Jy is verreweg meer taktvol, as wat (hopelik NIE!) die meeste besef….)
Trippie?!!! Nou waar is julle?! Ai! :-(((