Nie plek vir witte in Zambië se nuwe regering

Die nuutverkose pres. Edgar Lungu van Zambië, het Maandag aangekondig dat visepresident­ Guy Scott, Afrika se enigste onlangse wit staatshoof­, nie deel sal wees van sy regering nie. Lungu het verlede week die verkiesing naelskraap gewen. Scott was waarnemende president­ sedert Sata se dood. Hy was die eerste wit leier sedert die einde van apartheid.

Lees verder: Nie plek vir witte in Zambië se nuwe regering

Beurtkrag wag vir Namibië na SA se kragkrisis

’n Verslag wat deur internasionale­ kenners saamgestel is, waarsku dat Namibië ’n ernstige kragkrisis­ in die gesig staar vanweë die plaaslike­ afgeleefde­ hidroëlektriese kragaanleg­, asook die land se steun op Suid-Afrika, het die Republikein berig. NamPower se beplande Kudu- en Arandis-kragsentrale, asook kleiner beleggings in hidroëlektriese- en sonkragontwikkeling sal eers in die lang termyn vrugte

Lees verder: Beurtkrag wag vir Namibië na SA se kragkrisis

KKNK se sensuur teen Steve Hofmeyr

Dit is jammer dat die organiseerders van die KKNK so graag politiek korrek wil wees. Hulle het een laaste sin te veel oor hul standpunt t o v Steve Hofmeyer kwytgeraak en daardeur hulle eie sensuur op een van Suid-Afrika se beroemdste Afrikaanse sangers en kunstenaars geplaas. Die KKNK beweer hulle is trots Afrikaans en

Lees verder: KKNK se sensuur teen Steve Hofmeyr

Ka-ka-ka, sensuur is terug! (En wat u kan doen om te help)

Geagte leser, Die nuus dat Steve Hofmeyr nie meer toegelaat gaan word om by die Klein-Karookunstefees op Oudtshoorn op te tree nie, verteenwoordig ‘n nuwe vorm van sensuur wat ingestel word. Steve is ook skrywer, daarom mag hy ook nie meer daar oor sy boeke praat nie. Die bietjie spraakvryheid waaroor ons nog in die

Lees verder: Ka-ka-ka, sensuur is terug! (En wat u kan doen om te help)

Lasbrief dalk vir Zuma se seun uitgereik

Die Sunday Independent het berig dat ʼn lasbrief vir Edward Zuma (39) uitgereik is nadat hy glo versuim het om onderhoud te betaal en in die hof te verskyn ten spyte van dagvaardings wat hy ontvang het. Die polisie in KwaZulu-Natal kon Sondag nie bevestig die lasbrief vir die inhegtenisneming van pres. Jacob Zuma se

Lees verder: Lasbrief dalk vir Zuma se seun uitgereik

Swart ma wat plunder val op baba

Die swart ma van die baba wat in ‘n stormloop tydens ‘n plundery in Kagiso, wes van Johannesburg, dood is, sê sy word daarvan beskuldig dat sy vir haar kind se dood verantwoordelik was. Skares swartes het buitelandse winkels gestroop in die jongste vlaag xenofobiese geweld. Zanele Majozi sê haar een maand-oue baba was aan

Lees verder: Swart ma wat plunder val op baba

Etniese konflik teister Limpopo opnuut

Malamulele is nou reeds twee weke lank die brandpunt van etniese konflik in Limpopo tussen Vendas en Tsongas. Laasgenoemde groep eis ‘n afsonderlike munisipaliteit. Inwoners van Malamulele in Limpopo het intussen paaie wat na die stat lei met brandende bande en klippe versper. Die Malamulele-taakspan sê dit is duidelik dat die afbakeningsraad, wat Vrydag sy

Lees verder: Etniese konflik teister Limpopo opnuut

Nóg mense in hegtenis weens plundery in Soweto

Die aantal mense wat tot dusver weens plundery van winkels in Soweto aangekeer is, het tot 178 gestyg, luidens ‘n verklaring van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat gister uitgereik is. Tot dusver is 178 verdagtes in hegtenis geneem… Ses van hulle is minderjariges wat onder die toesig van hul ouers vrygelaat is, op voorwaarde dat hulle

Lees verder: Nóg mense in hegtenis weens plundery in Soweto

‘Grysgebiede’

Van ‘n geëerde hoogleraar aan die Universiteit Stellenbosch verneem ons onlangs dat bepaalde feite soos rassediskriminasie teen blankes in Suid-Afrika teen die agtergrond van die geskiedenis “herinterpreteer” of gerelativiseer moet word. Waarom lê hy nie die moed aan die dag om te sê rassediskriminasie is verkeerd ongeag van wie dit toepas nie? Die verkeerdheid daarvan

Lees verder: ‘Grysgebiede’

saturnusfees

saturnusfees kom skink nou nog ‘n dop in ons dopperland waar elkeen met ‘n teleskoop toegerus die sterre en planete beskou in die wete gesus: lê die hemelse orde nie voor die hand? dog op aarde op die romeinse vakansiedag as elke jan rap die winkels bestorm en fuif en politici en sakemanne na geld

Lees verder: saturnusfees