Die Wes-Kaapse rampbestuur is op hoë bystand nadat nog reën wat vir Sondag voorspel word in gebiede soos George en Hermanus. Een persoon het verdrink en ‘n tweede word vermis nadat hulle motor deur stygende vloedwater op Stellenbosch meegesleur is. Die reën het ook daartoe gelei dat verskeie hoofroetes in die Kaapse Skiereiland gesluit is.
Veiligheidsraad verwerp Strafhofuitstel vir Uhuru, Ruto
‘n Voorstel deur Afrikalande om die verhoor teen die Keniaanse president op te skort is byna aanvaar by die VN se Veiligheidsraad. Die Raad het net-net die voorstel van Afrikalande verwerp om die verhoor van die Internasionale Strafhof teen president Uhuru Kenyatta vir eers te laat vaar. Afrikalande is ongelukkig dat net swart leiers van
Lees verder: Veiligheidsraad verwerp Strafhofuitstel vir Uhuru, Ruto
Kaapstad maak reg vir stormweer
Die stad Kaapstad se rampbestuursentrum staal hom vir moontlike fratsvloede oor die volgende paar dae. Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder, het gesê die sentrum is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas. Hy het gesê die weerdiens het gewaarsku van reënval van tot 50mm en ‘n kouefront wat verskeie dele van die Wes-Kaap, vanaf Vrydagmiddag tot Saterdag sal tref.
‘Ramaphosa is ‘n Boer’
Cyril Ramaphosa, adjunk-president van die ANC, is ‘n “Boer” en die “werklike vyand”, sê Julius Malema, EFF-leier. Ramaphosa het in Seshego in Limpopo gesê inwoners moet stem, anders gaan “die Boere” terugkom om “ons te beheer”. Ramaphosa en die ANC het intussen gesê dit was ‘n misverstand en hy nie na Afrikaners of wit mense verwys
Krejcir sê sy lewe is in gevaar
Die voortvlugtige sakeman Radovan Krejcir het gesê dit is walglik dat hy as ‘n mafiabaas, bose bendelid of ‘n onderwêreldfiguur uitgebeeld word. Krejcir het Donderdagaand by sy prokureur se kantoor aan Eyewitness News ontken dat hy betrokke is by enige van die “onderwêreld”-moorde waarmee die media hom verbind. Die Tsjeg, wat uitlewering aan sy tuisland
Renosterstroper se meesterbrein sit vir Kersfees
Die verhoor van ‘n vermeende meesterbrein agter renosterstropery, en twee medebeskuldigdes sal in Maart aanstaande jaar in die landdroshof op Middelburg in Mpumalanga voortgesit word. Joseph Nyalunga is in Maart vanjaar in hegtenis geneem. Die polisie het in opvolgondersoeke afgekom op meer as R5 miljoen kontant wat in twee trommels in een van sy huise
Lees verder: Renosterstroper se meesterbrein sit vir Kersfees
Zille veroordeel vir minagting van parlement
Opposisiepartye in die Wes-Kaapse parlement het die premier, Helen Zille se besluit om nie Donderdag ‘n vraagsessie by te woon nie, veroordeel. Die ANC sê Zille toon minagting vir die parlement. Die ANC se hoofsweep, Pierre Uys sê hulle is geen rede gegee vir Zille se afwesigheid nie. Uys sê Zille kan nie rigting of
Oproeriges brand DA-kantoor af
Oproeriges het Donderdagmiddag ‘n gemeenskapsaal, gesondheidskliniek en nuutgeboude kantore van die DA aan die brand gesteek in die Oos-Kaap. Die situasie op Uitenhage bly gespanne na die geweld op die dorp uitgebreek het. Die polisie het gesê buitebande is deur die nag aan die brand gesteek in Langa, Kamesh, Rosedale en Blikkiesdorp. Geweld het uitgebreek
Massiewe kuberaanval op PRAAG-webblaaie
Oor die afgelope paar dae vanaf Dinsdagoggend is ‘n massiewe kuberaanval teen die webwerwe en bedieners van PRAAG geloods. Die sogenaamde verspreide-diensweerhoudingsaanval (Engels DDOS) waarby potensieel tienduisende rekenaars betrokke was, het as oogmerk gehad om PRAAG en sy diensverskaffer bankrot te maak deur die verbruik van bandwydte en skade aan netwerkinfrastruktuur. By tye het die
Ma van rotgevrete babalyk vas
Die ma van die sewe maande oue baba, wat dood gevind is in ‘n plakkershut in Diepsloot, en haar kêrel is in hegtenis geneem, het die Gautengse polisie Donderdag gesê. “Die ma is Dinsdagaand in ‘n kroeg in Randburg vasgetrek en haar kêrel is gister [Woensdag] in Diepsloot gearresteer,” het kapt. Tsekiso Mofokeng gesê. Mofokeng
