Beyers Naudé-rylaan in Honeydew is heropen na oproer Woensdagoggend in die Zandspruit-lokasie wes van Johannesburg bedaar het, het die metropolisie gesê.
“Die situasie het tans kalmeer en daar is ‘n swaar polisieteenwoordigheid in die gebied,” het senior superintendent Wayne Minnaar gesê.
Daar is nog steeds smeulende bande en rommel aan die kant van Beyers Naude-rylaan, tussen Johan- en Peterweg, maar die verkeersvloei is herstel.
Protesaksie het dwarsdeur die nag in die gebied gewoed, en paaie is versper, het hy gesê .
Dinsdag het inwoners paaie met brandende bande en klippe versper uit protes oor die verwydering van hul krotte.
Inwoners het onwettige plakkerskrotte neffens Beyers Naude-rylaan opgeslaan, wat dit moeilik vir voertuie maak om deur te beweeg.
Die metropolisie het hulle strukture verwyder nadat inwoners verlede weekoor die saak geken is.
‘n Bakkie en ‘n voertuig is by ‘n vulstasie in die gebied aan die brand gesteek.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie en geen beserings is aangemeld nie.

