Nog stormweer vir Kaap voorspel

storm2Die Wes-Kaapse rampbestuur is op hoë bystand nadat nog reën wat vir Sondag voorspel word in gebiede soos George en Hermanus.

Een persoon het verdrink en ‘n tweede word vermis nadat hulle motor deur stygende vloedwater op Stellenbosch meegesleur is.

Die reën het ook daartoe gelei dat verskeie hoofroetes in die Kaapse Skiereiland gesluit is.

Gebiede wat die meeste beïnvloed sal word, is die Suidelike kusgebiede, George, Riversdal, Hermanus en Oudtshoorn, het ‘n weervoorspeller gesê.

‘n Rampreaksiespan doen ‘n deurlopende assessering en neem ekstra maatreëls om elektrisiteit te herstel en te verseker dat die dreinering van waterstelsels was funksioneer.

Aanhoudende reën het veroorsaak dat die Lourensford-rivier sy walle oorstroom het.

Sewentig inwoners van Kays Caravan Park is by die Garden Village Hall gehuisves en 129 pasiënte is ontruim by die Vergelegen Medi-Clinic in Somerset-Wes Vrydagnag en na omliggende hospitale geneem.

8 thoughts on “Nog stormweer vir Kaap voorspel”

    1. Die laagliggende dele was waar die bekommernis oor gegaan het want 3uur laasnag was dit hoogwater en mense in die dorp was op bystand as die hoogwater saam met die rivier se vloed die huise begin oorstroom – maar gelukkig was daar net een huis in die moeilikheid, die ander het net bietjie ongerief verduur.

Maak 'n opvolg-bydrae