
Cyril Ramaphosa, adjunk-president van die ANC, is ‘n “Boer” en die “werklike vyand”, sê Julius Malema, EFF-leier.
Ramaphosa het in Seshego in Limpopo gesê inwoners moet stem, anders gaan “die Boere” terugkom om “ons te beheer”.
Ramaphosa en die ANC het intussen gesê dit was ‘n misverstand en hy nie na Afrikaners of wit mense verwys nie.
Malema het in ’n artikel op Politicsweb gesê ANC-beeldpoetsers probeer sy uitlating toesmeer, maar “Suid-Afrikaners is nie idiote wat deur sulke sentimente skrikgemaak kan word nie, want hulle weet vandag is die werklike vyand van ekonomiese vryheid, of enige soort vryheid, mense soos Cyril Ramaphosa.”
“Die karaktereienskappe van die ‘Boere’ van destyds is dié wat Ramaphosa vandag kenmerk; iemand wat nie skroom om R18 miljoen vir ’n dier [’n buffel op ’n veiling] te betaal nie en wat waarskynlik saamgesweer het in die slagting van mynwerkers by Marikana, maar nie skroom om staatsinstellings te gebruik om homself te verontskuldig nie.
“Die mense van Suid-Afrika weet wie die werklike moordenaars is en sal hulle nie laat mislei deur die nuwe ‘Boere’ wat hulle wil wysmaak solank hulle (die ANC) regeer sal die apartheidsboere uit die regering gehou word nie.”
]Ramaphosa buit ook swartes uit soos wat onder apartheid gebeur het.
“Die mense van Suid-Afrika moet Cyril Ramaphosa se geveinsdheid verwerp en vir hom sê hy is vandag die regte ‘Boer’; iemand wat onderdruk, uitbuit en moontlik weerlose werkers doodmaak,” het Malema gesê.

Dit lyk of die mistieke Boer en wat hy is en waarvoor hy staan tot groot woelinge in die gemoedere van die Swarte aanleiding gee. Dis klaarblyklik dat die woord Boer vele beelde, en teenstrydig daarby, nie slegs by die enkele Swartman nie (dink Malema), maar ook van Swarte tot Swarte veroorsaak. (Of daar ook ‘n goeie beeld in hul kollektiewe geheue heers.)
Van die groot redes egter waarom die Afrikanervolk se teenstanders, ook Malema, Zuma en Ramaphosa (en voeg maar die Naspesliegkartel se kliek by), dit so teen die Boer (en ook die woord) het, is die wekroep om stryd, ook gewapende stryd, gerig aan die Boer daarin vervat. Dit was immers as Boer dat die Afrikanervolk die grootste militêre masjien van sy tyd, die Britse weermag, vir ‘n tweede keer, dit was met die Tweede Vryheidsoorlog, op die randjie van ‘n nederlaag gebring het. Daarvan het die Swartman kennelik kennis geneem en dra hy steeds kennis van, ondanks die Huddlestones en diesulkes se breinspoeling.
Die gebruik van die woord Boer deur die Swartes hou ‘n uitdaging tot militêre stryd aan die Afrikanervolk gerig in, is dit waar? Om die vraag so te probeer beantwoord: Kyk na die krygsatmosfeer wat die sangers van Maak dood die Boer telkens skep wanneer hulle hierdie haatgesang aanhef, Zuma ingesluit. Wannneer die stakende COSATU-hordes die haatgesang insit, geskied dit nie ook in krygsatmosfeer nie?
Nou ja, dis nie vir ‘n politieke skrywertjie om te besluit wat om te maak met sulke krygsuittarting nie.
Koos jou opsomming (“uitdaging to militere stryd”) is baie raak.
Dit is nie toevallig nie.
Ja hulle sal graag wil hê dat ons die gewapende stryd teen hulle aan die gang moet sit. Daarvoor is daar baie uitlokking (skiet die boer liedjie, plaasmoorde ens) want dan kan hulle ons legitiem aanvat en uitroei. Ons moet nie in hulle hande speel nie.
Opduim vir jou. Waarom dit nie een stap verder voer nie ? As n de Juur wat gat skuur doer uit Rusland laat loop met ” hautkoppe ” edm, waarom die klasnar belangrik laat voel deur stront-applous? Daai grepe en uittreksels is wat aan GOOGLE voorgehou word.
Slim kan daar nog altyd na n bojaan verwys word sonder dat die bojaan dit eintlik weet / verstaan.
??
Ter wille van die verstaan van ons omstandighede moet die gebruik van die woord Boer deur skynbaar slegs verkiesingsopponente in groter konteks gesien word. Daarom moet die gebruik van die die woord (Boer) nie los gesien word van die haatgesang, Maak dood die Boer, nie. En dit vertel iets van die neteligheid van ons situasie. In ons samelewing “in transformasie” (marxistiese uitgangspunt), het alles wat die Swart “hetnies” doen en sê gangbare aanvaarding ontvang, soveel so dat ‘n ‘n krygslied (Maak dood die Boer), ewe goed as ‘n verkiesingsoproep deurgaan. Daar is eenvoudig geen onderskeid tussen ‘n krygs- en verkiesingsmilieu terwyl die ANC en hul meesters besig is met die deurvoer van die sogenaamde Nasionale Demolkratiese Rewolusie (NDR) nie. En daarmee moet die Afrikaner (of Boer) vir lief neem.
Het al so iets op Praag geskryf oor marxistiese aesopiese (of dubbel) taal.
Hier is so ietsie meer: Kommunistiese
propaganda
Oor
kommunistiese propaganda is reeds verklaar dat die Komintern in 1921
opdrag gegee het dat ‘n Swart republiek in Suid-Afrika tot stand
gebring moet word. Die Kadalie-organisasie, die Industrial
and
Commercial Union
met sy kwartmiljoen lede, is daarna met welslae ondergrawe.. Daarna
het die SA Kommuniste Party die All
African
Convention
in die dertigjare ondergrawe, en ook ‘n greep op die ANC gekry.
Nadat die SA Kommuniste Party in 1950 tot verbode organisasie
verklaar is, is die Freedom
Charter
in die Kaap deur die Stalinistiese groep opgestel. Prof. Murray
verklaar (p. 147): “Die Charter
is eie aan marxistiese propaganda en derglike handveste verskyn in
Thailand, Suidoos-Asië, en Frankryk in 1943 tydens ‘n gepoogde
staatsgreep. Die Charter stel die eis dat almal aan die land se
rykdom deel moet hę; dat banke en groot grond genasionaliseer moet
word…Verder is die propaganda van die vyftigerjare ortodoks: dit
sinspeel op die klassestryd, ekonomiese uitbuiting en gewelddadige
rewolusie. By voorbeeld, toe om vrywillgers gevra is, lui die
versoek: ‘If…you are called to be violent, you must be absolute
violent, you must murder, murder, murder’.
“Verder
bly …indoktrinasie die basis en in Londen word vir die Party ‘n
heel intellektualistiese blad uitgegee, wat eintlik op die hele
Afrika betrekking het: The
South
African Communist…As
voorbeeld van propaganda wat van buite op Suid-Afrika inwerk, kan ons
noem die kommunistiese bevrydingsblad Sechaba, wat in Dar-es-Salaam
verskyn…”
Prof.
Murray sę ten grondslag van marxistiese propaganda lę twee
“skrikwekkende feite”: die ingesteldheid op ‘n węreldwye
geestesoorrompeling, en ‘n dreigende fisieke marxistiese
węreldoorrompeling. Hy maan ook oor “…die noodwendigheid van
gewelddadige rewolusie” as ‘n onlosmaaklke deel van die
kommuniste se propaganda-aanslag. (p. 134).
Hoe
lyk die marxistiese propagandaleer verder? Prof. Murray verklaar:
“Die menslike gees is nou eenmaal so…dat hy nie van kontradiksies
…hou nie; sodra hy in botsing of stremming verkeer, worstel hy om
daaruit te kom. Karl Marx aanvaar dan ook die leer van sy leermeester
Hegel, dat die heelalproses ‘n gedurige oorkoming van kontradiksies
is, en sy propagandaleer vloei direk uit twee van sy gepoogde
oplossings van botsings in ons maatskaplike ervaring”.
Die
marxisme ontken gees en voer aan dat die tyd-ruimtelike werklikheid
die “finale werklikheid van die menslike waarneming is, en dit is
al wat is. Daar is geen bo-natuurlike en geen tydloosheid nie…”
In
sy ondersoek van die beginsels van marxistiese propaganda kom prof.
Murray tot die gevolgtrekking dat die geskiedenis vir die marxis deur
propaganda “geskep” word – “propaganda maak geskiedenis”.
In
die marxistiese propagandaleer is teorie en praktyk “identiek.
Hierop het Marx gehamer,” verklaar prof. Murray, “en hieroor het
hy gedonder; en elke marxistiese agitator word ideologies geskool en
alle kommunistiese optrede vind op ideologiese grondslag plaas”.
Volgens
prof. Murray is nog ‘n verskynsel in dié leer die “relativistiese
etika”. Niks in die gees is vir die marxis vas en self-identies nie
(p. 136). Alle beginsels is relatief, sy dit etiese, estetiese,
religieuse of regsbeginsels; dit is bloot die refleksie van die
heersende peil van stoflike produksietoestande. ‘n Bepaalde
heersende klas se etiese beginsels verdwyn as daardie klas verdwyn;
beginsels van goed en kwaad en reg is maar bloot
“middelklas-verskynsels”.
Met
dié grondslag sou ‘n mens in die Suid-Afrikaanse situasie kon
aflei dat as die Afrikaner as toonaangewende middelklas moes verdwyn,
sy beginsels van goed en kwaad soos gegrond in sy
Protestants-Christelike lewens- en węreldbeskouing, ook moes
verdwyn. Die marxiste se hoogste goed is inderdaad, soos Murray
verduidelik, die beginsel van geen beginsel nie. Hy vestig die aandag
(p. 136) op ‘n
Korter Filosofiese Woordeboek
wat in 1941 in Moskou verskyn het waarin verklaar is: “Ten
grondslag aan die kommunistiese moraal lę die stryd om kommunisme
volmaak en sterk te maak”.
Nog
stellings van prof. Murray is dat:
–
die marxistiese propagandaleer in ‘n dinamiese eenheidsvisie geleë
is waar gees en stof, en ryk en arm, ineen smelt;
–
propaganda is “werklikheid”;
–
propaganda is geskiedenis in wording;
–
propaganda is plig;
–
die “prioriteit van stof” in Marx se leer maak dit vir hom
moontlik om dit ‘n kwasi-wetenskaplike skyn te gee en dit pas by
moderne denkstrominge;
–
dit gee die skynbelofte dat alle teenstellings oorkom sal word
totdat die paradys van ‘n klaslose gemeenskap weldra op die aarde
sal verskyn;
–
marxistiese propaganda is nie gebonde aan standaarde van optrede of
perke nie weens sy relativistiese etika.
Prof.
Murray verklaar, na aanleiding van gevolgtrekkings van Arnold
Toynbee, dat die kerk die eerste sistematiese propaganda ontwikkel
het. Dit is daarna eers deur die handel nageboots, gevolg deur die
politieke staat. “Maar in die Christelike propaganda, hoe
kerksisties dit ookal geword het, het die gees altyd oorheers en is
sy eskatologie vir die hiernamaals, en tot dié mate is sy propaganda
onfunksioneel. In teenstelling met hierdie imperialismes maak die
marxisme bewustelik propaganda vir ‘n doelbewuste en beplande
tyd-ruimtelike universalisme, en vir ‘n tyd-ruimtelike realisme en
sy propaganda is konkreet en funksioneel,” verklaar hy (p. 138).
‘n
Duidelike onderskeid word gemaak tussen propaganda by industriële
werkers en landbou-arbeiders.
“Die
psigologiese aanval gaan nog verder in Marx en Lenin se instruksies.
Die openbare mening moet as geheel omvorm word totdat hy ‘n
‘Einstellung’ kry wat vir die kommunistiese program gunstig is.
Daartoe dien die frontorganisasies. Die instruksie is dat die
kommunis hom by bestaande klubs en sosiale organisasies aansluit om
sodoende die beleid in marxistiese rigting te stuur, sodat die
betrokke liggame altyd besluite neem wat ten gunste van Partybeleid
is. Die Front stel die Party in die geleentheid om doeleindes te
bereik en posisies te verswak wat hy nie openlik by kan kom nie. In
die boek, The Trumpeteers, word…aangedui hoe derglike samewerking
geskied…In die Republiek van Suid-Afrika is die volgende (as
frontorganisasies) genoem: Congress Alliance, Congress of Peoples’
Movement, Federation of SA Women, South African Coloured Peoples’
Congress, SA Congress of Democrats, SA Congress of Trade Unions, SA
Indian Congress en SA
Peace Council.”
Murray
verklaar dat die marxiste planne gereed hou vir elke toestand en
gebeurlikhede. In geval van wanorde is die propagandistiese oproep ‘n
verenigde front waarin hy in koalisie tree met heersende regerings.
In hierdie stadium word grootgrond- en grootgeldmagte gebreek.
Hy
onderbreek sy redevoering deur eers uit te wei oor die
“propagandamiddel van dubbeltaal of aesopisme, wat gebruik word om
die welmenende Westerling te benewel en te verwar”. (P. 140) “In
sy werk oor imperialisme sę Lenin hy skrywe ‘onder ‘n dekmantel
wat vir die sensuur aanneemlik is, in daardie Aesopiese taal –
daardie vevloekte Aesopiese taal – wat deur die tsarisme op
rewolusionęres afgedwng word wanneer hulle legale werke wil skryf’.
Voorbeelde is die volgende: proletariaat beteken Kommunistiese Paty;
‘vanguard of the proletariat’ staan ook vir die Kommunistiese
Paty; ‘ the mass of the people’ beteken aanhangers van die
kommunisme; demokrasie beteken die regering waarin die partylede ‘n
aandeel het en die Party sy lede in sleutelposte druk (vergelyk dit
gerus met die posisie van SAKP-lede in die heersende ANC-regering:
skrywer). Ons gehoor sal begryp dat die gebruik van Aesopisme – wat
‘n groot rol in die kommunistiese propaganda speel – groot
moeilikheid vir die gereg maak met sy (die gereg se) aanbidding van
juistheid en letterlikheid.
“Maar
ons moet veral nader kom aan die kern van huidige marxistiese
propaganda. Vandag gaan dit veral oor die liberasiebewegings van die
koloniale lande van Afrika, die Ooste en Latyns Amerika. Karl Marx
het reeds voor 1860 gesę dat die partye van alle lande moet saamwerk
om sodoende die kapitalisme te verswak. Lenin het sorgvuldig aandag
gegee aan die strategie en taktiek van die liberasiebewegings en sy
stuk, Partisan
War,
asook die handboek, Lenin on propaganda and agitation, word veelal
gebruik; en in 1947 sę Malenkof ‘Rusland en die nuwe demokrasie
steun beslis die koloniale en afhanklike lande wat vir
onafhanklikheid en vir bevryding van imperialistiese onderdrukking
veg’. Hierdie beleid onderlę vandag die hele węreldpolitiek en is
die kragtigste faktor wat inwerk op die verskuiwing van die
magsbalans in die węreld na die Derde Węreld – veel kragtiger (in
daardie stadium) as die goudprobleem en Viëtnam…
“By
wyse van voorbeeld van die propaganda…hier… noem ons u die
bewysstukke wat in een saak gedien het. Daar was ‘n pamflet wat die
marxistiese ekonomie bepleit, asook een wat die marxistiese
węreldinterprestasie aanvaar; ‘n studie oor Troskiďsme; ‘n
eksemplaar van Lenin se Partisan
War;
en van sy Paris
Commune;
‘n stuk oor die guerrillategniek van Mao Tse-Toeng; en oor sy
dogma; sy stuk oor Uitgerekte Oorlog; en sy stuk oor Strategiese
Probleme in die anti-Japanse guerrilla-oorlog; daar is ‘n
bespreking van die Vierde Internasionale; ‘n pamflet oor die
leerstukke van Che Guevara; ‘n stuk oor Revolution
in Latin America,
waarin die omwenteling in Kuba in die lig van die ‘eerste’ of
‘bourgeouis’ rewolusie in Sentraal-Amerika bespeek word; ‘n
pleidooi vir ‘n plaaslike burgeroorlog om die rewolusie hier te
lande te bespoedig; ‘n stuk wat die CPSA kritiseer omdat hy nie
rewolusionęr genoeg is nie; ‘n stuk oor eie organisasie; en ‘n
eksemplaar van die blad Liberation”.
Prof.
Murray sę wat sogenaamde vryheidsbewegings betref het marxistiese
propaganda in hoofsaak die volgende kenmerke: dit berus altyd op die
marxistiese ideologie en soms word dit in die plaaslike tale
oorgesit; agitasie teen grootgrondbesit; agitasie teen die Europeër
en altyd teen die Westerling; dit is ten gunste van “selfbeskikking”
van volke; dit verset hom teen rassediskriminasie; belowe stoflike en
militęre steun deur kommunistiese lande; nuwe regerings moet
sosialisties wees en bekend staan as “National Peoples’
Democracies’; en die daad moet by propagandistiese woord gevoeg
word.
Wat
propaganda in Afrika betref, tref dit volgens hom dat dit verwant is
aan die patroon in Sentraal-Europa; dat dit ‘n “nuwe
imperialisme” voorstaan; en dat dit op geweld moet uitloop. As
praktiese voorbeeld noem hy die Chinese ambassade in Burundi se
optrede destyds in die Kongo, waarin hulle die Kongolese rebelle
gefinansier en opgelei het, dieselfde werkswyse in die naburige
Rwanda gevolg het terwyl hulle terselfdertyd vir Burundi
gedestabiliseer het. Hulle het die geslagte oue vete tussen die
Hoetoes en die Toetsies aangewakker en duisende het, soos nou weer,
daarin omgekom. Nagenoeg 2 000 Swartes is na China self gebring vir
opleiding in guerrilla-oorlogvoering. Nodeloos om te sę, prof.
Murray se gevolgtrekking is dat hierdie optrede oor alles behalwe die
bevryding van volke gaan maar eintlik oor imperialisme.
Hy
gaan voort (p. 142): “In hierdie stadium van ons ontleding bereik
ons die konsekwente hoogste trap in die propaganda-wetenskap van Marx
en Lenin: die guerrillastryd. Die leer van die guerrilla word veral
in die Partisan
War
van Lenin en in die twee meesterstukke oor guerrillametodes van
MaoTse Toeng en Che Guevara vasgelę. Die drie kenmerke is dat die
militęre leër nou nie meer van die politiek en staatsbeleid geskei
is nie – soos in die Weste die geval is – en dat die soldaat
politieke agent en leier word; dat die nasionale staat nie meer die
gevestigde eenheid en grondslag van die bevolking is nie; en dat die
stryd nou uit die bevolking teen homself gaan, met militęre mag as
setel van outoriteit, setel van administrasie en bron van reg”.
Prof.
Murray gee in sy referaat nie aandag aan die rol wat die “wettige”
media binnelands in marxistiese propaganda speel nie. Hy verwys
nietemin na ‘n “totaalsituasie waarin propaganda, diplomasie en
militęre mag aaneensluit” (p. 149).
Mnr Bester, dit is presies wat Yuri Bezmenov, die voormalige KGB offisier geduurende 1983/5 vir die Weste probeer waarsku het
Soos ek kan onthou, het hy verduidelik dat die Sowiet Unie die Westerse Bevolking se waardes so vergiftig dat hulle verstom was oor die geweldige sukses wat hulle bereik het. Die enigste teenstand wat hy kon aanbied was om die hele tendens om te keer deur van vooraf kinders van kleinsaf, intensief te her-programeer. Sy tydsberaming vir so n projek was 10 jaar om pos te vat dan nog tien jaar om die volle effek te behaal. Die grootste struikelblok, soos hy dit genoem het, is dat die Westerse Onderwys strukture meestal volledig gebreinspoel was/is.
Die voormalige Sowjet-Unie is ‘n gogga in die storie. Maar nie die enigste nie. Die Amerikaanse en Britse inligtingsdienste het hul eie weergawes van hierdie ondergrawing. Dan kan u op die SA Rooms-Katolieke Biskoplike Konferensie se webwerf ingaan. Kyk byvoorbeeld onder die hofie Bishops’ talk hoe die RK in ‘n lys wat bladsye beslaan spog met persverklarings waarin die ondergrawing van die Afrikaner-Calvinistiese regering belig word, slegs die opskrifte van hierdie persverklarings sedert 1950 is ‘n openbaring van berekende ondergrawing. En hoe anders as met inligting (propaganda) is hierdie ondergrawing gedoen.
Dat die woord boer so gelaai kan wees met spanning en ook haat jeens die Afrikaner wit boer is nog altyd ‘n gegewe in hierdie land van ons. Dat die boere van ouds onder die vaandel van hul boerskap respek en selfs vrees afgedwing het is ook waar. Ons het ook van die vroegste tye af verraaiers onder dieselfde boere gehad wat steeds vadag so is. Die veggees sal ook seker altyd daar wees weens ons DNA.
Maar dat ons sommer weer die hele suid afrika sal regeer soos Boerie dit hier bo stel is onwaarskynlik. Swart nasionalisme/kommunisme is hier om te bly en sal nie gestuit word deur die normale gang van sake nie. Daar sal egter hoop vir ons wees om na ons self om te sien indien federalisme of selfs ‘n konfederale stelsel ingestel kan word.
Dit wil vir my lyk of dit is waaraan ons skadu leiers tans agter die skerms werk.
In die Westerse politiek tot so ‘n dekade gelede het sulke militêr-uitlokkende gedrag bekend gestaan as ‘n sabel-gekletter, die (moontlik holle) vertoon van strydlus, met die uitdaging aan die teenstander om ook sy strydlus (of gebrek daaraan dan nie), te toon. Wat die Afrikaner-politiek en die Afrikaner se volkstrewe betref (en die aggressiewe vertoon daarvan), word ons klaarblyklik en eensydig daartoe verbied deur FW de Klerk se berugte vredesakkoord met die kommunistiese ANC.
Oor twee sake moet ek skerp met jou verskil: 1. Jy verwys na “skadu-leiers” wat aan sekere sake sou werk. Pas op dat jy nie op prinse vertrou nie. Dat daar geïdentifiseerde leiers is, Calvyn se “mindere magistrate” (en bog met leiers van sogenaamde burgerlike organisasies, die Black Sash van Helen Zille ook so ‘n leier – sy en die Black Sash pas goed in by die omskrywing); dit maak vir my saak. Daar is ‘n magdom mindere magistrate wat nou arbei in die volksakker, dit is organisasies en mense (leiers) wat hulle vereenselwig met ‘n Christelike (Calvinistiese) uitgangspunt in die politiek. Werk en organiseer hierdie mense en instellings saam, sal daar weldra na vore tree iets dieselfde as ‘n prinsipaal (Oom Daan Nolte van Afrikanervolkseiesport se woordkeuse). Daardie prinsipaal sal deur sy wettige maar buite die land-se-grondwet-optrede ‘n deur-die-volk-volgbare-statuur ontwikkel.
2. Federalisme en konfederalisme het géén, maar géén plek in enige volk, veral die Afrikanervolk, se vryheidstrewe nie. Geen nasionalistiese Afrikanerleier tot en met (ja, selfs!) John Vorster, het kans gesien vir ‘n politieke skikking met federalisme of konferederalisme as deel van ‘n politieke oplosssing nie. Dis maar Miekie Muis-goed wat Amerikaners soos Samuel Huntington vir die KP en sy opvolgers (die Mulders, Solidariteit en AEB), gevoer het.
Koos ek hoor jou met die “moet nie op prinse vertrou nie”. Dit wil ek beslis nie doen nie. Ek reageer op die realiteit dat daar soveel van ons mense is wat glo dat daar weer ‘n vorm van self regering moet wees ,maar ek sien dit nie asof ons werklik die land weer sal regeer as Afrikaners nie, soos baie se droom blyk te wees in hierdie kommentare.
Ek verwys na Dr Landman se skrywe in Oktober wat jy te sien sal kry onder die rubrieke afdeling waarin hy verwys na die grondwet en die liberaal demokratiese asook die sosiaal demokratiese politiek waarin ons suid afrikaanse politiek vasgevang is. Dit blyk uit sy skrywe dat die beste oplossing ‘n (kon)federale bestel vir die suider afrikaanse state aan ons grense asook vir ons die moontlike oplossing kan wees. Wie dit egter sal kan maak werk is onseker. Jammer ek reageer so laat op jou antwoord/kommentaar, ek was uithuisig.
Koos, daai mond van jou moet konfyt kry. Ek verkies ook om as ‘n Boer bekend te staan en jou woorde is water op my meule.
Die term Afrikaner het net nie die selfde inherente wekroep om stryd waarna jy verwys nie. En die Boere-Afrikaner ding is so landradig dat niemand dit koop nie. Radio Pretoria het vir jare probeer en myns insiens het dit net tot hul ondergang bygedra.
Die Boere-Afrikaner Volksraad het ook amper niks uitgerig nie. Die Zuma regime het nie eers ontvangs van hul skrywes erken nie. Een van die lede het reeds bedank, skynbaar omdat hulle nie aan sy grootse planne uitvoer wou gee nie. Die enigste protesaksie wat hulle gereël het, om oor volksmoord by die Europese stamlande se ambassades te gaan betoog, het net ‘n handjievol mense getrek. Die Duitse ambassade wou nie eers hul memorandum in ontvangs neem nie.
Ek is heeltemal teen die verkettering van enige van die twee woorde of begrippe. Ek self, as iermand wat baie tyd vir mnr. Jaap Marais en sy standpunte het, verkies Afrikaner. Maar wie wat in sy hart Afrikaner voel, sal nie tot stryd gewek word deur die woord Boer op die slagveld nie.
My pa het van die Swartland (Hopefield) gekom: geen Boerevernintenis nie. Ek was bevoorreg om wel paaie te kruis met ‘n mens uit die nageslag van Bittereinders, sy oupa een van daai mense wat nie die Vrede van Vereeniging wou aanvaar het en sy geweer vir moontlike aksie vorentoe begrawe het. Daai ou het nog op die plaas grootgeword onder sy oupa se wakende oog. Hy sê sy oupa kon dit selfs nie eens verdra dat jy klere aan het waarin rooi in ‘n verdagte patroon of kombinasie met ‘n ander kleur voorkom nie. Daai ou se oupa het aan sy kleinseun een mooi sinnetjie geleer, ‘n sinnetjie wat jou hare laat regop staan: Kom, Boere!
Ek is baie seker daarvan dat as die Engelse in die Tweede Vryheidsoorlog daardie sinnetjie op die slagveld gehoor het, het hul klein rooinekkies net daar in die veld gekry.
Josef konfyt is heelstukke vrugte en jam is fyngekookte vrugte.
Genade die arme bank en met die kussing is dit heeltemal verby.
Inderdaad het hy na die Wit mense verwys. Dit is mos die Wit mense wat die land regeer het voor 1994, of wie anders?
Hoe meer onenigheid onder die verskilense swartes hoe beter. Hoop hulle roei mekaar letterlik en figuurlik uit.
Ek is n boer en n Afrikaner en ek is trots daarop. Ek gee nie om wat Malema se nie en ja soos dit nou aangaan praat ons almal een van die dae Hollands Malema en KeZuma ook. Of miskien sal hy gaan wegkruip in een van sy bankers Nkantla
Nee G-graad. Ramaphosa is ‘n Afrika rampokker – nes jou groot broer Mugabe en ‘n hele rits Afrika “leiers” voor hom
O! amper hou ek van JuliAss.
Ha, ha, hie, hie-die een wys vinger na die ander, maar vier wys terug. Wie het lekker met ‘n Rolex rondgeloop met hoeveel miljoene rande se erwe en staatskontrakte tenders wat hy kry toe hy nog ‘n lid was van African National criminals? Einste hy, Mal ema. Hy is maar netso vrot en korrup as Cyril. Dis eintlik goedkoop verkiesings praatjies, soos van ouds. Kyk net wie smeer vir wie vuil voor 2014 verkiesing, ou storie oor en oor. Dis nou wel meerderheid swart partye maar taktiek het nie verander. Die ou NP het HNP, KP lekker vuil gesmeer deur SAUK en gekoopte media te gebruik.
Sy soustrein se wiele is pap en dit is waaroor hy suur is. Hy wil ook graag ‘n hoofman wees en vat net wat hy wil.
Uhm, is/was dit nie ‘n Breitling nie?
telefoontjie speel met die media werk maar so..
Confuse die issue nie nog verder nie. Aan die man se skrywe sal jy let dit kom net so ver as eerste rat. Laat dit maar gaan. Netnou brand die clutch-plate boonop.
Waar het jy Afrikaans geleer, Google Translate? O_o
“Verwar die saak nie nog verder nie”.
“”Boere” het nie naastenby so baie geld vermors soos die ANC nie”
Nie waar nie. Die NP het Miljaarde Dollar in die buiteland weggesteek. Teen die agtergrond van die geveg teen sanksies, die veiligheids wette, die aankope/verkoope van verskeie wapentuig en van goud uitvoere wat net verdwyn het. Die myne was ook hierby betrokke. Die ANC gebruik dieselfde meganismes om die laaste 20 jaar se buit in die buiteland te versteek.
Ek bid, ek bid dat die Boere Afrikaner weer oorneem-daardie dag sal seker kom.
Bo0erie, kry die wors en steak, ons gaan kyk hoe hulle mekaar vreet. vergeet die gewere, hulle eet mekaar al klaar.
Ja nee, daar’s water
Ja,Malema is right for a change.
Boerseun, look at the effie brigade’s, commander of thieves’ real response here.. “en die “werklike vyand”, sê Julius Malema, EFF-leier.” is he attacking just whites or “all the haves”? hy baklei met almal wat hom teen staan, think we are in for an exciting election time.
cant wait.I hope this monkey steals the ancs vote.
As mens darrem die sirkus bekyk wat hier aangaan in
ons land dan kry ek werklik skaam vir hulle part. Kan jy dink waar kon die land
gestaan het as hierdie mense eerbaar – meer belanggestel het om hulle mense se
lewens te verbeter en werk te skep – as om hulle eie persoonlike skat-koffers op
enige manier moontlik vol te stop – en dan nog so skandalig is om die massas dom
en verarmd en ongeletterd te hou sodat hulle kan glo as hulle “leiers” sing kill
die farmer kill the boer – dat dit die witman se skuld is. So hier en daar van
die belese en ouer mense in die parlement gee nog op n manier om maar hopeloos
te veel in die minderheid om hierdie skandalige geldwolwe teen te staan.
Eintlik wil ek nie meer oor die skandelike ANC
regering praat nie en nog minder oor die blanke ANC wat nog slegter is nie. Ek
wil net weg van die ellende, skande, gewetenloosheid en vernielsugtigheid af kom
so verweg as moontlik.
Miskien moet ‘n mens self ‘n soort Afrikaan wees om te verstaan waarvan hulle praat.