Renosterstroper se meesterbrein sit vir Kersfees

krugerrhinoDie verhoor van ‘n vermeende meesterbrein agter renosterstropery, en twee medebeskuldigdes sal in Maart aanstaande jaar in die landdroshof op Middelburg in Mpumalanga voortgesit word.

Joseph Nyalunga is in Maart vanjaar in hegtenis geneem. Die polisie het in opvolgondersoeke afgekom op meer as R5 miljoen kontant wat in twee trommels in een van sy huise gehou is.

Twee Viëtnamese en ses Mosambiekse burgers het saam met hom verskyn.

Nyalunga en agt van sy mede-beskuldigdes sal ‘n tweede Kersfees in die tronk moet deurbring. – RSG

5 thoughts on “Renosterstroper se meesterbrein sit vir Kersfees”

  1. Ry Praag ook nou die red-die-renoster ding? Ek voel vere. Ja regtig, ek is min gepla deur die die geween en gekners van tande oor horings en so aan.

    Red liewer die wit ou, hy sal mooi na die renosters kyk. In sy dae was dit nie ‘n probleem nie. Die grootste probleem met renosters, olifante en dies meer was eerder dat daar te veel van hulle was vir die beskikbare spasie in reservate.

Maak 'n opvolg-bydrae