Zille veroordeel vir minagting van parlement

Pierre Uys
Pierre Uys

Opposisiepartye in die Wes-Kaapse parlement het die premier, Helen Zille se besluit om nie Donderdag ‘n vraagsessie by te woon nie, veroordeel.

Die ANC sê Zille toon minagting vir die parlement.

Die ANC se hoofsweep, Pierre Uys sê hulle is geen rede gegee vir Zille se afwesigheid nie.

Uys sê Zille kan nie rigting of leierskap verskaf indien sy nie daar is om haar party se beleid bekend te maak of vrae van die opposisiepartye te beantwoord nie.

Zille se woordvoerder, Zak Mbhele sê egter sy moes ‘n belangrike geleentheid in Gauteng bywoon, en sal vrae beantwoord by die volgende sessie. – RSG

14 thoughts on “Zille veroordeel vir minagting van parlement”

  1. Tog interesant hoe partye gebind kan word indien hul deelneem aan die verkiesing. Al wen baie nie, het hul by wyse van hul deelname hulle by die uitslag gebind.

    Net partye buite die sisteem mag die parlement wettiglik minag. Dat al wat ‘n blanke is nie van so ‘n geleentheid gebruik maak nie, kan ek nie verstaan nie. Veral blankes wat hulself as “konserwatief” of “regs” beskryf. Daar hoort tog nie so iets in die parlement nie.

Maak 'n opvolg-bydrae