Veiligheidsraad verwerp Strafhofuitstel vir Uhuru, Ruto

rutokenyatta‘n Voorstel deur Afrikalande om die verhoor teen die Keniaanse president op te skort is byna aanvaar by die VN se Veiligheidsraad.

Die Raad het net-net die voorstel van Afrikalande verwerp om die verhoor van die Internasionale Strafhof teen president Uhuru Kenyatta vir eers te laat vaar.

Afrikalande is ongelukkig dat net swart leiers van die kontinent voor die Hof gedaag word.

Die doel van die voorstel is om die aanklagte van misdade teen die mensdom teen Kenyatta en sy adjunk, William Ruto, ‘n jaar lank uit te stel.

Agt lede van die Veiligheidsraad se 15 lede het buite stemming gebly en sewe het dit gesteun. ‘n Minimum van nege stemme sou nodig gewees het om dit goed te keur.

Die VSA, en sewe lede van die Internasionale Strafhof, Frankryk, Brittanje, Guatemala, Argentinië, Suid-Korea, Australië en Luxemburg het nie gestem nie.

Sjina, Rusland, Togo, Azenbaijan, Rwanda, Morokko en Pakistan was ten gunste van die uitstel.