Julius Malema het uit sy parlementêre sluimer ontwaak om die Duitse Sakekamer in Suid-Afrika te gaan waarsku oor die komende rewolusie en Zuma se opvolgingstrategie. “Ek gewaarsku oor ‘n ongeleide rewolusie in Suid-Afrika. Dit kom,” het hy Vrydag gesê. Malema se “waarskuwings” kom te midde van ‘n verlamming wat by die land se grootste vakbondfederasie
Verlamming tref Cosatu met drastiese daling in lede
Strydende partye in die vakbondfederasie Cosatu sal ‘n geleentheid kry om vandag met mekaar in gesprek te tree wanneer die nasionale kongres in Midrand begin. Die konferensie is die eerste sonder Cosatu se grootste vakbond, Numsa en die voormalige hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi. Bykans 2 500 afgevaardigdes van Cosatu se 18 geaffilieerde vakbonde sal die nuwe
Lees verder: Verlamming tref Cosatu met drastiese daling in lede
John White: James de Villiers het ‘n wanbegrip oor Afrikaans en ‘inklusiwiteit’
Die artikel op Netwerk24 “Maak Afrikaans vry” waarin James de Villiers, ondervoorsitter van die Stellenbosse studenteraad Engels as akademiese taal bepleit, verwys. Ek is as medestudent werklik teleurgesteld in jou poging om die aanslag op Afrikaans, onder die dekmantel van “inklusiwiteit”, te reduseer tot “paranoia” en dit nog boonop te regverdig in die lig van “transformasie”.
Lees verder: John White: James de Villiers het ‘n wanbegrip oor Afrikaans en ‘inklusiwiteit’
Leon Lemmer oor George Reisman: Tot lof van Westerse beskawing
George Reisman (gebore in 1937) is ‘n afgetrede Amerikaanse ekonomiedosent en ‘n aanhanger van Ayn Rand (1905-1982) se objektivisme en individualisme (bv anti-kommunisme en individuele ondernemingsgees)*. Reisman is ‘n sterk voorstander van kapitalisme en het bv Thomas Piketty se boek, Capital in the twenty-first century (2013), gekritiseer. Piketty begin by boek met verwysing na die
Lees verder: Leon Lemmer oor George Reisman: Tot lof van Westerse beskawing
Eddie Jones verlaat die Kaap
Die Austalies gebore Eddie Jones wat die Stormers in 2016 sou afrig, is vrygestel van die pos om vir Stuart Lancaster as die Engelse nasionale rugby afrigter ta vervang. Die Engelse rugbyunie het die Stormers sowat R2,1 miljoen betaal vir Jones se dienste. Jones wat wêreldwyd beskou word as een van die mees ontortodokse afrigters,
Soros se bloedspoor
Byna onmiddellik na Vrydag die 13de se terroriste-aanvalle in Parys waarin 129 mense die lewe gelaat het en 352 beseer is, het die argitekte van die massiewe immigrante-invloei vanuit die Midde-Ooste en Noord-Afrika, verklaar dat blaam vir die aanvalle verregaaande is omdat mense nodig het om te rou. Die sosiale media en propaganda-agente wat deur
Verhoging in repokoers ondeurdag sê ekonoom
Die Monetêre Beleidskomitee se besluit om die repokoers met ’n verdere 25 basispunte te verhoog was ondeurdag. Dit is volgens ekonomiese ontleder en akademikus, André Mellet. Mellet meen die aanpassing is vreemd in die lig daarvan dat die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, vroeër vanjaar aangedui het dat groei vooruitskattings afwaarts aangepas sal word.
Afrika maak reg vir Pous
Afrondingswerk is aan die gang vir die Pous se besoek aan Afrika. Honderde geraamde portrette van pous Franciskus is in Nairobi gereed vir wanneer die geestelike sy verskyning daar maak. Die pous besoek Kenia, Uganda en die Sentraal Afrikaanse Republiek vanaf 25 tot 30 November. Kenia gaan tot 10 000 polisiebeamptes ontplooi. Die land verwag
Knewel van ‘n diamant gevind
’n Klein Kanadese mynmaatskappy sê dit het die Cullinan-diamant se boetie in sy Botswana-myn gevind. Volgens Lucara Diamond Corp is die steen van 1 111 karaat in sy Karowe-myn gevind en is dit die wêreld se naasgrootste edelgehalte-diamant. Die diamant is 65 mm x 56 mm x 40 mm in omtrek, berig Nampa/Reuters. Die grootste
Die Scheisstika, simbool van universiteitsoproer?
Iets stink by die Universiteit van Missouri. Na wat berig word het ‘n voorval van vandalisme by Mizzou, soos die Amerikaanse universiteit bekendstaan, gelei tot universiteitswye protes, ‘n boikot deur die instelling se swart voetbalspan, en uiteindelik die summiere bedanking van die president en kanselier van die universiteit. Die rassespanning het intussen selfs na ander
Lees verder: Die Scheisstika, simbool van universiteitsoproer?
