praag.co.za

Die Scheisstika, simbool van universiteitsoproer?

Written by

in

,

Iets stink by die Universiteit van Missouri.

Na wat berig word het ‘n voorval van vandalisme by Mizzou, soos die Amerikaanse universiteit bekendstaan, gelei tot universiteitswye protes, ‘n boikot deur die instelling se swart voetbalspan, en uiteindelik die summiere bedanking van die president en kanselier van die universiteit.

Die rassespanning het intussen selfs na ander kampusse in die VSA uitgekring.

Daar is net een probleem: Geen bewyse van die beweerde voorval, waarin ‘n agterstewe-swastika op die muur van ‘n koshuistoilet aangebring is, is ooit geopenbaar nie.

Was dit ‘n onberispelike ontlastingsteken wat weereens die grondslag vir misleiding gebied het?

Volgens Billy Donley, die president van Mizzou se Residence Halls Association (RHA), was die agterstewe-swastika op 24 Oktober 2015 aangebring.

“Op Saterdag, 24 Oktober omstreeks 02:00 het ‘n individu in een van die toilette in Gateway Hall ‘n swastika op die muur met hul eie ontlasting aangebring,” het Donley geskryf in ‘n brief ‘n paar dae ná die beweerde voorval.

“Hierdie gebeurtenis het plaasgevind terwyl baie studente, insluitend myself, reeds aan die slaap was.”

Dit is inderdaad ‘n welkome verandering in die voortslepende toiletverhaal wat Suid-Afrikaners moet verduur met ontlasting wat helder oordag by die lughawe se ingang, munisipale kantore of oor standbeelde gegiet word.

Later in sy brief, het Donley erken dat hy oor die beweerde voorval van vandalisme ingelig is deur ‘n pamflet wat versprei is.

Die voorval is glo onmiddellik aangemeld by die polisie, maar die Missouri Police Department, wat die beweerde agterstewe-swastika-voorval ondersoek, kon ook geen bewys lewer van die poepstika nie.

Verskeie aktiviste op Twitter het ‘n foto as bewys rondgestuur dat die voorval plaasgevind het soos gerapporteer, maar ‘n Google-soektog vir dieselfde beeld toon dat dit reeds op die Internet rondswerf vir byna ‘n jaar.

A reddit-draad van November 2014 is die vroegste bewys van publikasie van die foto, wat beteken dat dit beslis nie die bewys is dat dit plaasgevind het by Mizzou op 24 Oktober 2015 nie.

Die polisie het intussen die vandalisme-klag verander omdat daar na bewering geen eiendom beskadig is nie.

Gateway Hall se koördineerder, Susan Cohn, het dadelik glo aan verskeie persone geskryf oor die “rassistiese” aangeleentheid.

In Suid-Afrika is die strooi van ontlasting egter nie “rassisties” nie, maar klaarblyklik bevrydend.

Comments

15 responses to “Die Scheisstika, simbool van universiteitsoproer?”

  1. Mike Haywood-Woodhouse Avatar
    Mike Haywood-Woodhouse

    Next should be the star of david in poop by the black basketball team.

  2. G Avatar
    G

    “Hierdie gebeurtenis het plaasgevind terwyl baie studente, insluitend myself, reeds aan die slaap was.” Regtig? Julle slaap nog steeds.

  3. Betzie van Rensburg Avatar
    Betzie van Rensburg

    Blikskottel . Lekker lag ek nou .

  4. Riempies Avatar
    Riempies

    Genetika bly maar n blixem.

  5. Krokodil. Avatar

    Cotton pickers have overstayed their welcome but I suppose this is the same way the red Indians view the white English in America & Canada.

  6. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Die gebruik van Google was seker eers in hierdie jaar se studiemateriaal.Hulle is suksesvol gedumm down.

  7. ThysH Avatar
    ThysH

    Talle van die klein en groot aapsoorte gebruik hulle eie ontlasting om op mense of diere waarvan hulle nie hou nue, te gooi. Soos Riempies tereg se^: die genetika bly maar ‘n bliksem! Sien jy nou hoe reg is evolusie. Riempies?

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Ai tog Thys nou lok jy my weer slim uit!

      Evolusie is n wetenskaplik bewese feit – maar sou mens die
      Skepping ingedagte hou is die volledige Skepping op die 5de dag voltooi en die mens op die 6de dag geskape – Dit maak baie meer sin as evolusie soos julle dit wil begryp. Evolusie gebeur nog daagliks maar eiesoorte evolusie. Kieme virusse baterie en basille muteer – die diereryk muteer – die natuur muteer, elkeen op sy eie manier. Mense muteer bv. met verdikte slymvliese asgevolg van ons bevuiling van die lug wat ons inasem en die genetiesgemanipuleerde kos wat ons nou moet eet. Nou sê ek nie n woord verder nie.

      1. ThysH Avatar
        ThysH

        O nee, jy gaan nie so maklik wegkom nie! Gaan kyk asb. mooi na die skeppingsverhaal in Gen 1. Plante wat son nodig het om te leef, word op die derde geskep, maar die son eers op die vierde! Hoe nou?

        En in Gen 1 word die mens op die 6e dag (soos jy tereg se^) geskep. Vers 27: “God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep”.

        Maar Gen 2″7 lui:” Die Here het toe die mens gevorm uit stof van die aarde…” Maar dit blyk toe dat die “mens” is net ‘n man en die vrou word toe eers later – na die diere – geskep.

        Hoe nou? Watter een is reg? En is God ook grond en stof – soos die mens?

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Thys sommer so uit die vuis.

          “Dit het aand geword en dit het more geword” – dit dui tog
          reeds op lig en donker en die teenwoordigheid van die lewegewende son. En daarby was die waters alreeds geskei. Thys ons is materie van die aarde wanneer ons
          doodgaan word ons weer stof wat terug gaan na die aarde nie waar nie? Die mens is laaste geskape om te regeer oor Skepping. Die aarde is so oud dat navorsing maar net relatiewe maatstawwe het om die ouderdom te bepaal dus hoe weet ons hoe lank die Skepping geduur het? Wat van die ander dimensies wat wiskundig bepaal kan word maar nie geskep kan word of deur ons betree kan word nie? Hoe verklaar jy emosies waarmee die mens bedeel is maar nie die dier nie? Hoe verklaar jy lewe? Wat ons hoogstens instaat is om soort van te verleng binne beperkte vermoë – maar nie kan herstel as die dood ingetree het nie. Suiwer beperking tot die driedimensionele en tyd raaisel in n spieel wat niemand nog kon verby steek nie.

          Nou moet ek klaarmaak vir afspraak sal weer anderdag verder hieroor gesels.
          NS: Gen. 1 en 2 weerspreek nie mekaar nie dit ondervang
          mekaar.

          1. ThysH Avatar
            ThysH

            As jy nie nou kan nie, moet jy maar later lees, maar jy maak wilde stellings. Het ky ‘n hond of ‘n kat – of al ooit een gehad? As jy het, kon jy die emosies by hulle sien as hulle afgeskeep voel – of lekker aandag kry? Het jy al perd gery? Het jy al gesien hoe geniet ‘n perd dit as jy hom prys en danksie se^ vir ‘n lekker rit?

            En probeer jy nou jou eie Bybel herskryf! Die lig aan die begin van Gen 1 was nie die son nie. Nugter alleen weet wat dit kon gewees het (behalwe dat ek as verwerper van die hele skeppingskonsep weet dat daar nie so iets was nie). Die son is eers op die vierde dag geskep – dit staan dan duidelik daar!

            En lewe? Wetenskaplikes het dan al die basiese boustowwe van lewe (lewende selle) in die laboratorium geskep. Hoe nou?

            En nee, Gen 1 en 2 verskil radikaal in baie opsigte. Gaan lees weer – en maak notas soos Gen 1: diere geskep VOOR die mens. Gen 2 diere geskep NA Adam (maar voor Eva!). En jy dink dit ondervang mekaar!!!!

          2. Max Avatar
            Max

            Gaan kyk net vir NO. 1 in die parlement !

          3. ThysH Avatar
            ThysH

            Wat het dit met die prys van eiers – of ontlastingkuns – te doen?

  8. Bokkeman Avatar
    Bokkeman

    OK, sal ek dan maar die een wees om dit te herdoop na ‘n swastikak?
    Miskien moet Georgie Sorrows se Open Society in Afrikaans voortaan bekendstaan as “Opelyf Samelewing”?

    1. Max Avatar
      Max

      Afrika – samelewing !

Leave a Reply