Die Nigeriese Kommunikasie-kommissie het ingestem om MTN se boete van R72 miljard rand na sowat R14 miljard rand te verminder. Die boete is opgelê omdat MTN Nigerië ongeregistreerde intekenare nie dadelik afgesny het in Augustus en September nie. Twee Nigeriese amptenare van MTN, waaronder die hoof, is intussen afgedank en vervang. Wetgewing oor die registrasie
VSA draai Europese sokkerkraan stywer toe
Die sokkergeldkraan in Europa is nog ‘n knou toegedien nadat ‘n aantal voormalige en huidige FIFA-amptenare in hegtenis geneem is. Die inhegtenisnemings hou glo verband met ‘n ondersoek wat deur die Amerikaanse departement van Justisie gelei word. Hooggeplaaste FIFA-amptenare is in Switserland byeen vir ‘n vergadering. Hulle is volgens berigte vanoggend in Zurich in hegtenis
FBI sê jongste massaslagting in Kalifornië dalk terreur
Wetstoepassingsamptenare in die VSA, waaronder die FBI, het gesê hulle kan nie terrorisme as ‘n moontlike motief vir die jongste massaslagting in Kalifornië uitsluit nie. ‘n Moslemwerknemer en sy vrou het 14 mense doodgeskiet en 17 ander gewond by ‘n San Bernardino-kantoorgebou Woensdagoggend voordat hulle deur die polisie dieselfde middag doodgeskiet is. San Bernardino se
Lees verder: FBI sê jongste massaslagting in Kalifornië dalk terreur
Tulbach geskud
‘n Aardbewing het Tulbagh en Saron Woensdag weer eens geskud. Tulbach is in 1969 deur ‘n verwoestende skudding in puin gelê, ‘n ramp wat bejaarde inwoners nog onthou. Die aardbewing het 3,7 op die Richterskaal gemeet en sowat 10 sekondes lank geduur. Dorpe so ver as Paarl en Melkbosstrand het ook die trillings waargeneem. Klaarblyklik
Britte besluit om ISIS te bom
Tornado-vegbomwerpers het Brittanje se eerste lugaanvalle in Sirië geloods, enkele ure nadat die parlement die premier, David Cameron, se plan om die Islamitiese staat (ISIS) daar aan te val, goedgekeur het. ‘n Regeringsbron het Donderdagoggend gesê die eerste aanval is geloods. Die bomwerpers het glo reeds na hul basis teruggekeer. Die Ministerie van Verdediging in
Troebel waters waar kernmoondhede mekaar die stryd aansê
Die verwikkelings rondom Sirië is besig om wêreldnuus te monopoliseer. Dit is tans ‘n warboel van gebeure, waar partye met uiteenlopende, en teenstrydige agendas, oogmerke, motiewe en strategieë mekaar die stryd aangesê het. Lees ook gerus Franse leier na Moskou en Spanning tussen Rusland en Turkye. Sedert die terroriste-aanval in Parys op 13 November, smous
Lees verder: Troebel waters waar kernmoondhede mekaar die stryd aansê
Aandag Afrikaners! Pieter du Toit se werk is in die gedrang!
Pieter du Toit van Beeld waarsku Afrikaners dat hulle deel moet word van die swart debat in ‘n meningstuk op Netwerk24: “Dis nou tyd vir Afrikaners en wittes om te luister”. Die rede wat hy aanvoer is dat City Press se redaktrise, Ferial Haffajee met swartes se naakte haat teen wittes gekonfronteer word, soos in
Lees verder: Aandag Afrikaners! Pieter du Toit se werk is in die gedrang!
BRICSbank bedel by lidlande
Die president van die Brics Ontwikkelingsbank, Kundapur Kamath sê hulle verkies dat die nodige hulpbronne vir die bank van die lidlande afkomstig sal wees, het RSG berig. Kamath het in Pretoria ‘n openbare lesing aangebied en sê die ekonomieë van sommige van die lidlande, Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika, is sterker as ander en
Terreur-oefening lei tot dood van student
Mediese beamptes moes bystand verleen aan beseerde studente by die Nairobi-wes hospitaal in Kenia. ‘n Veiligheidsoefening om die Strathmore Universiteit se gereedheid in geval van ‘n terroriste aanval te toets, het skeefgeloop en ‘n stormloop het gevolg nadat geweerskote gehoor is. Een persoon is dood en 20 is in die voorval beseer. Vreesbevange studente het
Elektriese fout lei glo tot AirAsia-vliegramp
‘n Elektriese fout en die bemanning se onvermoë om die vliegtuig te beheer, het tot die val van die AirAsia A320 verlede jaar in die See van Java gelei waarin 162 mense dood is. Die ongelukverslag is Dinsdag bekend gemaak. Vlug QZ8501 het op 28 Desember in stormagtige weer neergestort toe dit op ’n kort
