Troebel waters waar kernmoondhede mekaar die stryd aansê

Die verwikkelings rondom Sirië is besig om wêreldnuus te monopoliseer. Dit is tans ‘n warboel van gebeure, waar partye met uiteenlopende, en teenstrydige agendas, oogmerke, motiewe en strategieë mekaar die stryd aangesê het.

Lees ook gerus Franse leier na Moskou en Spanning tussen Rusland en Turkye.

Sedert die terroriste-aanval in Parys op 13 November, smous die Franse president van hoofstad na hoofstad om ‘n koalisie te probeer saamflans vir ‘n gesamentlike poging teen die Islamitiese Staat, ISIS of DAESCH in Sirië. Die afgelope week het hy besoeke afgelê by David Cameron, Matteo Renzi, Angela Merkel, Barack Obama, en ook by Pres Vladimir Poetin.

Tot pas voor die 13de November se aanvalle was pres. Hollande se grootse besorgdheid nog die beste manier om duisende immigrante uit die Midde-Ooste en elders oor die Franse platteland te versprei en gevestig te kry sodat hulle nie die situasie in die Franse stede nog verder verpes nie.

Of die vennote in die koalisie wat hy probeer vorm, die wil en begeerte het om die Islamitiese Staat aan te vat, is te betwyfel. Feit is dat Amerika, Brittanje en Frankryk grootliks verantwoordelik is vir die vestiging en groei van die Islamitiese Staat in Irak in Libië en in Sirië.

Voorts is dit ook duidelik dat Frankryk nie naastenby oor die militêre vermoë beskik om werklik ‘n betekenisvolle verskil in Sirië te maak nie. Die Franse weermag is oor die afgelope dekades deur ‘n reeks presidente stelselmatig afgetakel sodat Frankryk vandag net nie meer ‘n militêre moondheid is om van te praat nie.

Een vliegdekskip (die enigse wat Frankryk het) in die Oostelike Middellandse See is nie ‘n swaeltjie wat ‘n somer kan maak nie. Vandaar dan ook die angsvallige pogings om ‘n koalisie op die been te bring wat die werk kan doen. Want sedert 13 November voel pres. Hollande dat iets aan die terroriste probleem gedoen moet word. Lê daar dan nie belangrike verkiesings in Frankryk voor nie?

Die laaste been van pres. Hollande se werwingskampanje was ‘n ontmoeting met pres. Vladimir Poetin in Moskou. Die hoofdoel van sy besoek was om Barack Obama se wense aan pres. Poetin oor te dra dat Rusland hom daarvan moet weerhou van aanvalle teen “gemagtigde” Moslems in Sirië.

“Gematigde” Moslems is skynbaar dié wat hulle beywer om Basjar al-Assad se bewind omver te gooi, iets waarvoor Amerika en Frankryk hul beywer. Maar die Islamitiese staat veg natuurlik ook teen Assad. Daar moet dus teen Islamitiese terroriste opgetree word, maar nie teen die “gematigdes” nie.

Hoe onderskei moet word , in ‘n situasie soos die in Sirië tussen terroriste en “gematigdes” bly ‘n raaisel.

Hoe moet die Russiese lugmag byvoorbeeld te werk gaan om sy bomaanvalle te beperk tot terroriste en ekstremiste, in ‘n land waar ekstremiste en sogenaamde “gematigdes” presies dieselfde doel nastreef, naamlik die omverwerping van ‘n demokraties-verkose sekulêre president, grondgebied deel, dieselfde lyk, dieselfde taal praat en aan dieselfde geloof behoort?

Niemand kon tot dusver eintlik verduidelik wat presies ‘n “gematigde” rebel in Sirië is nie en hoe hy verskil van ‘n ekstremis bly ‘n raaisel. Die Moslems wat ingevoer word om die insurgensie te lei om Assad se bewind omver te werp, is juis gekant teen Assad se verdraagsaamheid teenoor ander godsdiensgroepe.

Terwyl die Franse President by Rusland witvoetjie gaan soek, neem die Franse regering steeds deel aan ‘n aktiewe sanksieprogram teen Rusland en net enkele weke gelede nog is die kontrakte vir die lewering van twee helikopterdraers aan Rusland verbreek.

Maar kom ons probeer weer logies en rasioneel kyk na die situasie in Sirië. Die storie wat die Amerikaners ons wil wysmaak, is dat Assad, soos Sadam Hoessein en Moeammar Ghaddafi voor hom, ‘n diktator is wat die demokrasieë nie kan gedoog nie.

Frankryk, Amerika en Engeland verkeer dus nou in die situasie dat hulle wil veg teen die Islamitiese staat sonder om Assad te bevoordeel en vir Assad wil verwyder sonder dat dit die Islamitiese staat versterk. Duidelik is dit logies onhaalbaar. Daarbenewens is Assad die sleutelfiguur in die stryd teen die Islamitiese staat.

Die gevegte vind ten slotte op sy grondgebied plaas. Die gevolg van hierdie absurde situasie is dat Amerika en sy bondgenote so ‘n soort halfhartige stryd teen die Islamiste voer en die enigste moondheid wat eintlik iets doelgerig teen die Islamitiese staat uitrig, is Rusland,

Watter belang kan die Amerikaners daarby hê of Sirië ‘n demokratiese regering het of nie? In Irak en Libië het hulle ook ingetree om diktatorskappe te verwyder en “gematigdes” aan die mag te bring, maar al wat hulle bereik het, was om die Islamitiese staat se posisie daar eindeloos te versterk. Die veldtog teen Assad is deel van dieselfde patroon: Amerikaners wat hulle eie belange dien op voorwendsel van die beskerming van die demokratiese regte van Siriërs, baie soos in Suid-Afrika ook die geval was.

Die Amerikaners en hulle Wes-Europese bondgenote handhaaf uitstekende betrekkinge met die weersinswekkende regimes in Saudi Arabië en Katar, aan wie hulle wapens teen miljarde dollars verkoop en wat dit op hulle beurt weer oorvloediglik verkwansel aan die Islamitiese staat in Sirië en elders. Ook die geld waarmee die Islamitiese Staat die wapentuig koop, verdien hulle deur die lewering van olie, katoen en wat nog meer aan die weste se gewaardeerde NAVO bondgenoot, Turkye.

Nou wat is dan die verskil tussen Irak, Libië en Sirië, aan die een kant en Saudi Arabië en Katar aan die ander? In werklikheid is hulle is almal voëls van eenderse vere maar mistens is dit ‘n feit dat Saddam, Ghaddafi en Assad die Islamitese fanatisme in toom gehou het en dit is tog wat werklik saakmaak.

Maar daar is wel ‘n verskil vir sover dit Amerika aanbetref: Die regimes in Sirië, soos Irak en Libië tevore, is nasionalisties ingestel en wil ‘n soewereine onafhanklike pad volg, terwyl Saudi Arabië en Katar kefferbrakke van Amerika is wat maar te graag na die Amerikaners se pype dans.

Een van die belangriksgte redes vir Amerikaanse vyandigheid jeëns Sirië is juis dat Assad in 2009 geweier het om ‘n gaspypleiding van Amerika se skoothond Katar oor sy grondgebied na Europa toe te laat. ‘n Mens veronagsaam net eenvoudig nie die begeertes van Amerika nie. Vra maar vir FW de Klerk.

Wat ook interessant is, is dat die Wes-Europeërs en Amerika ten spyte van hulle obsessionele beheptheid met menseregte geen probleme het om goeie betrekkinge te handhaaf en sake te doen met die rampokkerregimes in Saudi Arabië en Katar nie wat van die ergste verkragters van menseregte ter wêreld is.

Maar teen Rusland handhaaf hulle sanksies en kanselleer hulle wapenkontrakte omdat Rusland sy onmiskenbare regte in die Krim en in die Oekraïene opeis, waar geen belange van Europeërs geraak word nie. Waaroor dit alles vir Amerika gaan, is wêreldoorheersing en Rusland staan in die pad daarvan. Die uitbreiding van Islamitiese radikalisme wat hulle self help bewerkstellig het, staan natuurlik ook in hulle pad, maar dis onseker of die Amerikaners dit verstaan.

Die troebel politiek van Turkye in die gebied verdien miskien ‘n bietjie spesiale aandag. Turkye is sedert die Tweede Wêreldoorlog deel van die Noord-Atlaniese Verdragsorganisasie NAVO. NAVO is bloot ‘n ander naam vir ‘n Amerikaansgedomineerde militêre bolwerk wat na die oorlog gebore is uit die behoefte om ‘n teenvoeter te skep teen die Sowjetgeleide Warskou Pakt.

Na die ineenstorting van die Sowjetstelsel en die beëindiging van die Koue Oorlog het die NAVO in groot mate sy bestaansreg verloor behalwe om as instrument te dien vir Amerika se nuwe Koue Oorlog teen die Russe. Die posisie van Turkye as voorpos van Amerikaanse magsuitbreiding in Oos-Europa is dus die enigste regverdiging vir die teenwoordigheid van Turkye in NAVO.

In die Siriese krisis het Turkye duidelik sy eie agenda. Ten spyte van sy NAVO-lidmaatskap handhaaf Turkye ‘n hoogs dubbelsinnige beleid ten opsigte van die Islamitiese staat in Sirië. Turkye is ten slotte self ‘n Islamitiese staat!

Turkye se prioriteit is die vernietiging van die Koerdiese volk waarvan ‘n groot deel in Turkye woon. In hierdie onderdrukkingsprogram teen die Koerde geniet Turkye die bondgenootskap van die Turkmenis in Sirië waar daar ook ‘n Koerdiese gemeenskap is. Die Turkmenis is gewoon die naam vir Turke wat in Sirië woon. Hulle, saam met die Islamitiese staat voer die stryd teen Assad. Die Russiese lugmag doen ondermeer aanvalle op die Turkmenis ook wat die rede is vir die neerskiet van die Russiese vliegtuig deur Turkye verlede week.

Turkye ondersteun indirek die Islamitiese staat deur ondermeer olie ten bedrae van miljoene Euros per jaar van hulle te koop. Die westerse bondgenote het hulle tot dusver daarvan weerhou om die oliekonvooie onderweg uit Sirië na Turkye aan te val en lewer op hulle beurt dus ook indirekte steun aan die Islamitiese staat.

Turkye is trouens self nie baie ver verwyder van diktatortskap nie, soos blyk uit die aanhouding en tronkstraf van joernaliste wat die regering kritiseer. Tog staan die Amerikaners en hulle Wes-Europese bondgenote simpatiek teenoor Turkye se begeerte om toe te tree tot die Europese Unie.

Enkele jare gelede, het Erdogan (toe nog premier van Turkye) in ‘n toespraak aan die Turkse gemeenskap in Berlyn gesê: “Ons hoef nie tot die Europese Unie toegelaat te word nie, ons is reeds daar, honderdduisende Turke in Duitsland, Nederland, Frankryk en Oostenryk, trouens dwarsoor Europa.”

Turkye verteenwoordig altesaam 78 miljoen Moslems, wat ‘n felle slag sal beteken as hulle eensklaps in Europa toegelaat word.

Die EU staan eenvoudig hulpeloos en magteloos teenoor die toestroming uit Moslemlande en die Derde Wêreld wat hulle, weens linksliberale ideologiese indoktrinasie oor baie jare, nie eers meer as ‘n bedreiging sien nie en ook nie meer kan beheer nie al sou hulle wou. Wat betref Turkye subsideer die Europese Unie die Turkse ekonomie met ‘n miljard Euro per jaar ten einde Turkye in staat te stel om aan die vereistes vir Europese lidmaatskakap te voldoen.

Dis ook redelik duidelik dat die Weste besig is om die stryd teen die Islamitiese staat te verloor. In Afghanistan het hulle teen die Taliban verloor, terwyl die Islamitiese staat nou stewig gevestig is in Sirië, Irak en Libië. In so te sê elke geval was Amerika en Engeland direk vir die uitbreiding van die Islamitiese staat verantwoordelik en in die geval van Libië, Frankryk self ook.

Om dus op te som : Amerika, Engeland, Frankryk staan vyandig teenoor Assad. Soos met die meeste ander dinge het Duitsland eintlik geen standpunt nie en maak maar net soos die Amerikaners sê. Die Westerse bondgenote voer tot dusver halfhartige lugaanvalle uit op die Islamitiese staat wat ook teen Assad gekant is.

Amerika en sy bondgenote maak ‘n onderskeid tussen die Islamitiese ekstremiste en sogenaamde “gematigdes”, terwyl Rusland geen onderskeid tussen ekstremiste en “gematigdes” sien om hul lugaanvalle te loods nie.

Turkye is gekant teen Assad, steun die Turkmenis en gee voor om die Islamitiese staat te beveg, maar doen in die praktyk eerder die teendeel. Vyandigheid tussen Assad se Sirië, as voorpos van Russiese invloed in die Midde-Ooste is ‘n doring in die vlees van Amerika en sy Europese bondgenote. Amerika se vingers jeuk om Assad uit die kussings te lig, maar vir die oomblik steek Rusland ‘n stokkie daarvoor. Vyandigheid tussen Rusland en Turkye neem ook by die dag toe, veral na die afskiet van die Russiese vliegtuig.

Kortom ‘n kruitvat van ongekende omvang is in hierdie wêrelddeel aan die ontwikkel.

57 thoughts on “Troebel waters waar kernmoondhede mekaar die stryd aansê”

  1. The young men entering Germany by the thousands every day are uneducated and harbor a hardcore adherence Muslim fundamentalism. They want handouts. So what does the left want? They want to import incompatible groups of people under the pretext of humanitarianism, introduce a strategy of tension and next implement draconian laws in order to keep the “peace” until a leftist dictatorship is in place to finish off the protesting white ‘racists’. The real organizers of this drama are people like the pig-bugger Cameron, all from the Anglosphere that is even further down the Muslim drain than Europe, by the way. The sudden unexpected implosion of Germany this summer under the disastrous ‘leadership’ of Merkel could ensure that Europe catches up fast with the imploding UK. Glimmers of hope: Right-wing parties in western Europe, Russia and eastern Europe. As Iraq is now an Iranian client state and no longer is interested in US troops on it soil, because the far more effective (because more motivated) Russian air force do the heavy lifting and push back ISIS. It is likely that Baghdad secretly accepts that the old borders of Iraq have disappeared, never to return again. It is in the interest of Russia and Greater Iran to leave a path for Turkish expansion towards Saudi-Arabia, so ISIS can take over the last US colony as well. When that happens, the pig-buggers will have lost too much not to confront China.

          1. As expected and similar to Turkey, no flight plans or other information on Germany’s Air Force operating in Syria, German Defense Minister Ursula von der Leyen said Tuesday.

            “I would like to specify once again, images and information on where we’re flying is maintained exclusively by the participants of the [US-led] coalition that I was talking about.”

            “These will not be presented to Russia,” von der Leyen said on Germany’s N24 television station.”

            The German defense minister added that Berlin would only share information on “who’s flying where” with Moscow to avoid collisions in the Syrian airspace.

            http://sputniknews.com/middleeast/20151201/1031046342/russia-syria-germany-plans.html

            The German government turned on a dime from “no military intervention in Syria ever” to “lets wage a war of terror on Syria” without any backing from the UN or international law. The German government’s legal argument for war is so flimsy that the constitutional court could probably stop it in a jiffy.

          2. overigens zijn niet meer dan 25 Tornado’s vliegklaar……..en zal waarschijnlijk Duitsland later alle schade wegens ‘foutieve bombardementen’ moeten gaan betalen…..

          1. maar, Riempies, zij lijkt eerder door de (voormalige) bezettingsmachten aangesteld dan democratisch gekozen door de christelijke Duitsers die allang geen vertrouwen meer kunnen hebben in de politiek. Hopen met de moed der wanhoop is wat anders.

            Welk volk kiest er nou überhaupt in vrijheid voor de eigen ondergang ? Dat is zelfs of ook juist niet de Boere Afrikaner in SA toe te vertrouwen geweest.
            Dat lijkt zelfs bij de ‘vrije zelfmoord’ van walvissen die de stranden op zwemmen niet aan de orde.

            b.v. Felix Dzerzhinsky was nou ook niet echt gekozen door ‘het volk’ in de voormalige SU.

          2. en bovendien een zeker vergelijkend realisme aangaande de destijdse situatie aan de dag legt……
            Dat het bovenstaande vraaggesprek destijds op de publieke zender ARD werd uitgezonden, was ter vergroting van het effect van te volgen bestraffing……..
            ‘massive Einschuchterung’…….

          1. Ruikt hier in Nederland niet echt lekker, naar geopolitieke gasvorming. Waarom we niet gewoon een gezellig front vormen met Rusland om Turkije aan te pakken is mij een groot raadsel. Met zo’n coalitie krijg je tenminste dingen gedaan, vraag maar aan de Duitsers. Mijn stem gaat naar de Hongaarse premier. En de Slowaakse regeringsleider mag zijn secondant zijn. Als we dan toch aan het herverdelen zijn. Maar de onderhandelingen om dat krankzinnigengesticht dat Turkije heet bij de EU te krijgen, gaan door. Ik kan er met mijn verstand niet bij.

      1. I suppose the answer to your child-like dilemma is to ignore it so it hopefully goes away? Donald Tusk, the president of the European Council has called for “Dublin-rules” to be enforced, while Merkel in flagrante delicto called these “obselete”. How long do you imagine Merkel could defend such a position?

          1. Offering asylum to third worlders is madness and treason to the future of the children of Europe and only serves the interests of the megalomaniac George Soros his demented dream of total world control through erasure of borders, an Open Society. You are free to live with the Third World in their countries if you so wish. Why force your rotten masochistic ideas on others?

          2. Tikkel tokkel ek voel f*k*l. Socialism is a European invention, which is the immoral idea that you can take the product of a man’s labour and give it to someone else for a common good. All that the Europeans argue about is who gets the loot and no one questions the morality which is the essence of left wing right wing false dichotomy. I lived to see my dad die a broken man because as a working man he bought the bullshit of fat Fascists who stole his dreams. I hate the fact that he never awoke to the truth of who these evil f*k# are.

          3. There are literally hundreds of Third World countries to escape to, where there are no Europeans. Why punish yourself?

          4. Guest dikwels gedink as ek die wereld so in beskouing neem – hierdie superrykes – wat gaan in hulle koppe aan want soms lyk dit vir my of hulle verstand aangetas word deur hulle geld en die onbeperkte mag wat geld vir hulle gee – hulle kontak met hulle menswees en verantwoordelikheidsin, gewete – trouens alle menslike eienskappe verloor. Hulle kan tog net op een bed op n
            slag slaap en op een stoel sit terwyl hulle by net een tafel uit een bord met een mes en vurk en lepel op n slag kan eet, soos ons gewone sterflinge – maar ander as ons – oor geen gewete beskik oor die hongeres of armes of siekes nie – kyk maar net
            na ons regering – hulle voel n veer vir hulle eie mense se ellende – dan praat ek nie eens oor die ellende wat aan ons Afrikaners gedoen word nie.

  2. Goed artikel weer Karel !

    Miljoenen turken zijn West Europa ingeloodst sinds de jaren ’60 en ‘gastarbeid’ dekt die lading bepaald niet.

    Of alle landen die IS zo bestrijden dat wel ‘vol overgave doen’ ?!?!? 😉

    Overigens is atoommacht Israel er uiteraard ook volop in bedrijf en konden zoals bekend Kennedy en later De Gaulle niet voorkomen dat de extremistische racistische Irgun schurken zich met Dassault draagraketten uitrusten.
    Met alle consequenties van dien om waar dan ook onder hoge druk een vuur aan te blazen.

    Frankrijk’s Leclerq rijdt verder binnenkort wel rond met een loop van een Leopard (Frans Duitse fusie op gepantserd rollend materieel)

  3. Pres Poetin het pas in ‘n toespraak in die Russiese parlement gesê: “Dit lyk asof Allah besluit het om die regerende kliek in Turkye te straf deur hulle van alle rasionaliteit en gesonde verstand te ontneem.” Oe die Islamiete in Ankara gaan nie baie daarvan hou nie. En dis natuurlik die bedoeling.

  4. Niemand is bekommerd oor ‘n kernwapen konflik nie. Wat sou dit beteken? Neem bv kennis hoe gemaklik Indië en Pakistan mekaar in 1999 aangevat het ten spyte daarvan dat beide kernwapens gehad het. Werk die twee kampe nie dalk saam tot dieselfde doelwit nie?… of steek daar dalkies so ‘n bietjie waarheid in die “malkoppe” wat die aard van die wapens bevraagteken. Lees HG Wells se “and the world was saved”

          1. Circular reasoning. If I reply stating that you are being non-sensical it means it must be sensical. What the hell are you talking about? You clearly do not understand a word of what I wrote.

          2. Most pundits are very surprised by what is transpiring in Syria. To anyone with even a mild interest that should be obvious beyond “circular reasoning”.

            “Actually I did foresee Russia being drawn into the Syrian conflict.”

            Why is that?

          3. He’s an American strategist. He’s probably watching events unfold with more than apprehension. Beyond popular internet memes you have no idea, do you?

          4. No, I don’t think so. It would be wasted on your high spirits. In parting, if you feel compelled to continue the conversation on your own brilliance, there’s still Wiki on the American strategist.

  5. Ek het ‘n spesmaas dat Putin en Persie ooreengekom het dat Rusland olie en gas aan Europa sal gee in die plek van die vrot swaar olie van die Arabiere. In ruil vir Russiese kernkrag met Duitse Siemens bedryfstelsels [ sagte ware]….
    Die South Stream pyplyne loop dan juis deur Turkye Georgie Oekraiene – of daar naby van Baku af?

    Vir wat wil hulle ISIS olie koop en so die Russe in die gat hap.??

    Geen wonder dat Putin so die muhr in is nie – Die kopdoek kader bedreig nou Putin se hele olie nywerheid / momopolie. nadat hy met die lot kameel kriminele so mooi gehelp het.

    Nou’t arme ou Hollande in desperaatheid gereel dat die Satanistiese konsert geteiken word deur ander aartsetters satanistiese ISIS en die spul rabit honde aan mekaar gesit. Oulik nê?
    Frankryk se olie Total kom ook van Rusland af.

    Geen wonder dat die VSA en Ingeland glad nie so opgewonde is oor die wonnerlike terreur op Parys se ingelse [LW} Satanisme nie. [ die Labour ou in die Ingelse parlement het glo ‘n Ciciro speach afgesteek teen hierdie saak.]

    Want op die ou einde van die nag gaan dit net oor Rissiese olie monopolie aan Europa.

    En skielik het die briljante Christen Rusland die hele wêreld aan die pere beet en belowe dat ons nie mekaar sal seermaak nie. Rusland het stil stil ook al die beheer oor die wêreld se uraan……
    En hulle voel vere vir die Kopdoek bure

    Want besigheid is besigheid ‘ Business is business.’

  6. Putin gave his yearly address to the Russian Federal Assembly. Harsh words for traitors:

    “[T]he Turkish people are kind, hardworking and talented. We have many good and reliable friends in Turkey. Allow me to emphasise that they should know that we do not equate them with the certain part of the current ruling establishment that is directly responsible for the deaths of our servicemen in Syria.

    We will never forget their collusion with terrorists. We have always deemed betrayal the worst and most shameful thing to do, and that will never change. I would like them to remember this – those in Turkey who shot our pilots in the back, those hypocrites who tried to justify their actions and cover up for terrorists.

    I don’t even understand why they did it. Any issues they might have had, any problems, any disagreements we knew nothing about could have been settled in a different way. Plus, we were ready to cooperate with Turkey on all the most sensitive issues it had; we were willing to go further, where its allies refused to go. Allah only knows, I suppose, why they did it. And probably, Allah has decided to punish the ruling clique in Turkey by taking their mind and reason.

    But, if they expected a nervous or hysterical reaction from us, if they wanted to see us become a danger to ourselves as much as to the world, they won’t get it. They won’t get any response meant for show or even for immediate political gain. They won’t get it.

    Our actions will always be guided primarily by responsibility – to ourselves, to our country, to our people. We are not going to rattle the sabre. But, if someone thinks they can commit a heinous war crime, kill our people and get away with it, suffering nothing but a ban on tomato imports, or a few restrictions in construction or other industries, they’re delusional. We’ll remind them of what they did, more than once. They’ll regret it. We know what to do.”

    That is strong stuff.

    1. Technically, the aerial defence of Turkey, like that of all NATO members, is co-ordinated by the CAOC in Torrejón, Spain. The chief of the Turkish air force, General Abidin Ünal, should therefore have given advance warning of his decision to CAOC commander General Rubén García Servert. Turkey could not ignore the fact that the plane was Russian, despite Turkish allegations to the contrary. Besides this, a NATO AWACS had taken off beforehand from the Greek base in Aktion. In order to shoot down the Sukhoï 24, the Turkish fighter had to enter Syrian air-space for 40 seconds

      1. The geopolitical position of Qatar as a coastal country allows it to control almost all of the Persian Gulf. Earlier in October 2015 Qatar, suggested that it could intervene militarily with the cooperation of Turkey and Saudi Arabia in order to protect Syrian civilians from the Assad regime, as the country’s Foreign Minister Khalid Al-Attiyah told CNN in an interview. At that time, Qatar was prepared for a probable military conflict with Russia. Deliberately aggravating relations with Russia, Turkey behaved as if it prepared in advance for this conflict, and enjoys strong support from the outside.

        http://katehon.com/article/coming-war-qatar

  7. And yet you refuse to move to even one of the hundreds of countries that are free from whites — in your case Zimbabwe — away from the “clique”? Why do you flock to white countries? Are you nuts!? Didn’t you get the memo? The slave ships have been abandoned. You don’t have to come any more. Leave, go and stay away!

  8. FR2P maak ‘n interessante punt hier onder. Turkye is ‘n lid van die NAVO. Die Turke het die Russiese vliegtuig neergeskiet sonder oorlegpleging met die NAVO bevelstruktuur. Wat sal nou gebeur indien die Russe bv ‘n teenaanval op ‘n Turkse teiken doen? Sou die NAVO dan verplig wees om die Turke te hulp te kom ooreenkomstig die verdrag?
    Nog ‘n interessantheid is dat die Franse vliegtuie wat bombardemente op die ISIS uitvoer, se ammunisie nou op is. Bid jou aan,, ‘n vliegdekskip en ‘n swerm vegvliegtuie sonder ammunisie! Die Franse is nou verplig om ammunisie by die Amerikaners te gaan vra. Daar is net nie ‘n einde aan die sirkus nie.

  9. Sien ook Paul Craig Roberts se artikel oor Kerry se skynbare inskiklikheid teenoor oor Russe om die volgende in die prentjie te bring: Which brings us back to the downing of the Su-24. Venturing one step further, Russian expert Alexei Leonkov maintains that not only did NATO follow the whole operation with an AWACS, but another AWACS from Saudi Arabia actually guided the Turkish F-16s.

    The F-16s are incapable of launching air-to-air missiles without guidance from AWACS. Both Russian and Syrian data – which can be independently verified – place the American and the Saudi AWACS in the area at the time. And to top it off, the detailed US-Turkey deal on the F-16s stipulates permission is mandatory for deploying the jets against a third country.

    All this suggests an extremely serious possibility; a direct NATO-GCC op against Russia, which may be further clarified by the Su-24’s recovered black box.

    http://russia-insider.com/en/natos-got-brand-new-syrian-bag/ri11846

Maak 'n opvolg-bydrae